Woensdag 13 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 13 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die regsverteenwoordiger van die Zimbabwiese pastoor, Evan Mawarire, sê sy kliënt sal na verwagting môre in die hof verskyn op ‘n aanklag van aanhitsing tot geweld. Mawarire het verlede week ‘n wegbly-aksie gereël. Duisende mense het oor die ekonomiese lyding in Zimbabwe betoog, wat vererger is deur ‘n verbod op die meeste invoere uit Suid-Afrika, en politieke kwessies. Nog ‘n betoging teen president Robert Mugabe word vir môre en Donderdag beplan. Die regsverteenwoordiger, Harrison Nkomo, sê sy kliënt word by die Harare polisiestasie aangehou.

2)Duisende kunsliefhebbers het op Bloemfontein toegesak vir die jaarlikse Vrystaatse Kunstefees. Dit is een van die grootste kunstefeeste in die land. Die feesdirekteur, Ricardo Peach, sê daar is ‘n groot verskeidenheid om te geniet. Peach sê die sesdaagse fees loop Saterdag ten einde…..

3)President Jacob Zuma sê die opgeknapte Delvillebos gedenkteken in Frankryk verteenwoordig versoening en die herstel van die waardigheid van swartmense. Hy het by die geleentheid gepraat waar duisende Suid-Afrikaanse soldate vereer is wat in die slag van die Eerste Wêreldoorlog in 1916 gesneuwel het. Tweehonderd-en-60 van die soldate wat omgekom het was swart. Zuma het sy tweedaagse staatsbesoek aan Frankryk afgesluit.

4)Die registrateur van die Appêlhof sê dit is onwaarskynlik dat die ministerie van Justisie se appèl teen die toestaan van parool aan Janusz Walus, voor aanstaande jaar aangehoor sal kan word. Paul Myburgh sê die hofproses sal nou die uitruil van dokumente behels en dit kan maande neem om af te handel. Walus het die afgelope 23 jaar in die tronk deurgebring nadat hy skuldig bevind is aan die sluipmoord op die SAKP-leier, Chris Hani, in 1993. Die Hooggeregshof in Pretoria het in Marat vanjaar opdrag gegee dat die Poolsgebore Walus uit die tronk vrygelaat word en het die Minister van Justisie verlof geweier om teen die uitspraak te appelleer. Die minister het daarna die Appèlhof regstreeks genader wat Masutha verlof gegee het om die uitspraak te betwis.

5)Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ‘n 20-jarige man in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is nie. Gister is ‘n treindrywer by die Netregstasie doodgeskiet. Twee mans is in verband met die skietery in hegtenis geneem. Die polisie sê die presiese besonderhede in verband met die jongste voorval is in die stadium nie duidelik nie.

6)‘n Voorlopige ondersoek van die lugredery, SA Airlink, het die redery van alle aanspreeklikheid onthef na ‘n vals kapingswaarskuwing op ‘n vlug van Kaapstad na die Wonderboom lughawe in Pretoria. Die uitvoerende hoof van Airlink, Rodger Foster, sê geen foute kon in die vliegtuig opgespoor word nie en die vliegtuig en sy antwoordsender werk normaal. Foster sê die vlieëniers het nie die sender se identifikasiekode verander om ‘n kaping aan te dui nie. Hy sê die Lugverkeers-navigasiedienste is gevra om hulle stelsels na te gaan. Die vals kapingswaarskuwing het tot paniek gelei terwyl polisie-eenhede op die vliegtuig toegesak het nadat die kapingswaarskuwing uitgestuur is.

7)Die korrupsiewaghond, Corruption Watch, sê hy het so bietjie siftingwerk gedoen op kandidate wat benoem is vir die amp van Openbare Beskermer en van hulle sal heelwat dinge moet verduidelik. Die adhockomitee wat die proses hanteer, sal vandag’n kortlys van die kandidate bekendstel.

8)Die DA het ‘n klagte by die Menseregtekommissie teen die burgemeester van Beaufort-Wes ingedien. Die party se kiesafdelingshoof op die dorp en speaker van die provinsiale wetgewer, Sharna Fernandez, sê dit hou verband met rassistiese en beledigende opmerkings wat Truman Prince na bewering by ‘n vergadering oor gestremdes gemaak het.

9)Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet sê die SAUK het ‘n openbare uitsaaimandaat ingevolge die grondwet. Hy het gereageer op ‘n opdrag van die openbare uitsaaier om ‘n beslissing van die uitsaai-owerheid OKOSA in die hof te betwis dat hy gewelddadige betogings moet beeldsend. Die raadsvoorsitter, Lawson Naidoo, sê die openbare uitsaaier word deur ‘n duidelike stel wetgewing en beleidsstandpunte beheer.

10)Die Zimbabwiese departement van Binnelandse Sake waarsku dat groot getalle polisiebeamptes by beplande protesoptrede môre en oormôre onplooi sal word om enige geweld te hanteer. Die departement waarsku ook dat groepe wat die protesoptrede organiseer, vervolg kan word. Die prediker wat die betogings teen die regering lei, Evan Mawarire is vroeër vandag aangekla van aanhitsing tot openbare geweld, nadat hy aangesê is om by die polisie aan te meld vir ondervraging. Die situasie in die land is gespanne te midde van betogings oor die toestand van die ekonomie. Mawarire het in ‘n video-opname ‘n beroep op sy ondersteuners gedoen om met die protesoptrede voort te gaan. Hy het verlede week ‘n eendaglange staking gelei, wat die grootste staking in die land sedert 2005 was.

11)Die burgemeester van Johannesburg, Parks Tau het vroeër gesê die gebruik van bus-inspekteurs sal verhoed dat mense die betaal van tariewe ontduik. Hy sê Metrobus verloor baie geld weens pendelaars wat nie vir hul kaartjies betaal nie.

12)Die bestuur van Metrobus in Johannesburg en die vakbond wat busbestuurders verteenwoordig het ‘n ooreenkoms bereik om ‘n onbeskermde staking te beëindig. Die busbestuurders het Vrydag begin staak oor die aanstelling van ‘n diensverskaffer wat inspekteurs sal verskaf om na te gaan of passasiers geldige buskaartjies het. Die staking het alle roetes in Johannesburg geraak. ‘n Woordvoerder van Metrobus, Ester Dreyer sê die vakbond het die bestuur se voorstelle aanvaar..

13)Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet sê die SAUK het ‘n openbare uitsaaimandaat ingevolge die grondwet. Hy het gereageer op ‘n opdrag van die openbare uitsaaier om ‘n beslissing van die uitsaai-owerheid OKOSA in die hof te betwis dat hy gewelddadige betogings moet beeldsend. Die raadsvoorsitter, Lawson Naidoo, sê die openbare uitsaaier word deur ‘n duidelike stel wetgewing en beleidsstandpunte beheer.

14)Die SAKP het die Appèlhof se beslissing in die Janusz Walus-paroolsaak verwelkom. Die ministerie van Justisie het vandag bevestig dat die Appèlhof die minister, Michael Masutha se aansoek om verlof tot appèl toegestaan het. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria in Maart beveel dat Walus op parool vrygelaat moet word, en Masutha se aansoek om te appelleer van die hand gewys het. Die SAKP sê die Appèlhof se beslissing beteken dat Walus in die tronk moet bly tot die appèlproses afgehandel is. Die SAKP het Walus as ‘n ongerehabiliteerde moordenaar bestempel, wat nooit berou getoon het nie.

 15)Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, sê hy sal binnekort ‘n program bekendstel om te verseker dat kiesers, wat nie hulle ID-dokumente gaan haal het nie, wel in die munisipale verkiesing in Augustus sal kan stem. Gigaba sê meer as 208-duisend ID-dokumente lê in kantore van Binnelandse Sake. Hy sê die plan sluit in die verlenging van Binnelandse Sake se werkure op stemdag. Die kantore sal onder meer op stemdag oopbly totdat die stembusse gesluit het die aand.

16)Drie vermeende renosterstropers het in die Grahamstad Landdroshof in die Oos-Kaap verskyn. Hulle is nie gevra om te pleit nie, en die saak is tot 25 Julie uitgestel. Volgens die polisie is hulle betrap met ‘n renosterhoring ter waarde van sowat een-komma-twee miljoen rand, sowel as ‘n pylgeweer, saag en messe. Die verdagtes word verbind met nog tien voorvalle van renosterstropery in die Oos-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.

17)Die jaarlikse Bergrivier-kano-marathon begin vanoggend in die Paarl. Vanjaar se wedren beloof weens die topklas deelnemers om een van die taaiste nog te wees. In die mansafdeling is die tienmalige wenner Hank McGregor die gunsteling. Hy sal meeding met van die beste internasionale roeiers van Hongarye en Australië. Verlede jaar se vrouewenner, Bianca Beavitt, kom te staan teen die wenner van 2013, Jenna Ward, en die Suid-Afrikaanse kampioen, Nicky Russell. Die eerste skof is 62 kilometer en eindig op Zonquasdrif.

 Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Mooiweer  en  warm –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooiweer  met ‘n  min van 3 en ‘n max van 22

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 6 en max van 22

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 3 en max van 18

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 5 en max van 22

Bloemfontein – Mooi weer – met min 5 ‘n max van 19

Durban – Mooi weer met ‘n min van 13 en max van 25

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 3 en max van 20

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk met ‘n min 17 en max van 26

Kaapstad –Mooiweer met n min van 11 en max van 25

Upington – Mooi weer met ‘n min van 10 en max van 23

Sutherland –Gedeeltelik met Min 4 en max 14

PE- mooi weer met ‘n min 16 en max van 25

 Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                                                        KRAG VIR DIE DIE DAG

Mattheüs 21:21 – “Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.:

      Jan De Wet se “By my spirit”

 Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment