Woensdag 17 Augustus

Noodberigte

Steelpoort/Burgersfort/Lydenburg Onluste en Misdaad:                                                                                                         Die gemeenskap gaan vanoggend  voor Tubatse Smelter betoog insake ñ tender vir busdiens wat hul nou weer omkrap.

Emalahleni Main Roads Blocked. Right at the Newly Kwa-quka Mall  main road, Ackerville Entrances and Exits  towards N12 Free way Bridge roads are blocked meaning people cant go out and the busses don’t have any access to pick up workers.

Bronkhorstspruit weer in die rooi vanoggend na nog 100 mense gister kennis gekry het dat hul kontrakte beëindig is. Bande word gebrand by sommige ingange. Op en afritte na N4 geaffekteer.  Daar is ook klippe gepak oor die pad tussen Phola en Balmoral.  Hulle laat niemand daardeur tans. POPS teenwoordig in Bronkhorstspruit. Beweeg rond tussen brandpunte.

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 17 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Nadat die Universiteit van Johannesburg (UJ) enkele lede van die studenteraad geskors het hangende die ondersoek na klagtes van brandstigting teen hulle, dreig hernude onrus op dié kampus.

Die radikale SA Student’s Congress (SASCO), eis dat die universiteit gesluit moet word na die skorsing van die SR-lede. Hulle beweer dat die klagtes teen die studente ongegrond is. Hulle het ‘n beroep op alle Johannesburgse takke van SASCO gedoen om te help om die universiteit toe te maak. In die verlede het sodanige optrede in geweld ontaard waartydens miljoene rande se skade aangerig is. Daar word gevrees dat dit nou weer kan gebeur.

Intussen is daar nog geen aankondiging gemaak oor moontlike gratis tersiêre onderwys nie. Die verhoging van klasgelde het verlede jaar juis studentegeweld aangeblaas, en die moontlikheid bestaan dat dit weer kan gebeur, veral net voor die jaareindeksamens.                                         

2) Afwagting loop hoog in politieke kringe vir die verwagte aankondigings van politieke koalisies more. Beide die DA en EFF het aangekondig dat hulle more hulle politieke vennootskappe sal aankondig, terwyl die ANC skynbaar daarmee gaan wag tot na ‘n belangrike interne vergadering eerskomende naweek.

Verwarrende boodskappe word egter uitgestuur. Aan die een kant hou die EFF voet by stuk dat hy “nie sy identiteit aan enigiemand gaan verkoop nie”, maar aan die ander kant het ‘n woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, gesê dat daar baie moontlikhede is en dat hulle met alle partye praat, insluitend die ANC. In ‘n tipiese Animal Farm-ommeswaai het Ndlozi ontken dat hulle beweer het dat hulle nooit met die ANC ‘n koalisie sal aangaan nie. Hy stel dit egter dat dit ononderhandelbaar is dat Jacob Zuma as president vervang moet word aangesien hy die land se grondwet oortree het. In politieke kringe word bespiegel hoe die ANC die situasie gaan hanteer, aangesien daar geen wesenlike verskille tussen die EFF en die ANC is nie, en Malema al aangedui het dat hy weer by die ANC sou wou aansluit. Zuma is egter die probleem.  Beide die ANC en die EFF klou aan die gewraakte Freedom Charteren beide is bedmaats met die SA Kommuniste Party.

Daar is al in die politieke wandelgange bespiegel dat Zuma teen Oktober vanjaar op ‘n soort permanente verlof sal gaan weens “gesondheidsredes”. Die naam van die omstrede parlementêre speaker, Baleka Mbete, se naam word genoem as die sy tussentydse opvolger tot die volgende algemene verkiesing in 2019.  Dit sou die weg baan om wel met die EFF in koalisie te gaan. Sou die EFF wel met byvoorbeeld die DA in koalisie gaan, word dit as kortstondig gesien totdat die ANC op ‘n elegante manier van Zuma kan ontslae raak, waarna ‘n hereniging van ANC en EFF beslis op die tafel sal wees.                                                                                            

3) Daar is feitlik nog slegs dae oor voordat ‘n nuwe Openbare Beskermer gekies moet word in die plek van adv. Thuli Madonsela. Die openbare onderhoude is afgehandel en aanbevelings moet nou aan die parlement gemaak word.

Die organisasie Corruption Watch het ‘n meningsopname onder die publiek gedoen oor wie as die gunsteling beskou word om Madonsela op te volg.  Dit blyk dat adv. Kaajal Ramjathan-Keogh ‘n kortkop voor is op regter Sharise Weiner.

Tydens haar onderhoud het die EFF vir Ramjathan-Keogh gevra of sy ten gunste daarvan sou wees dat die land se grondwet verander moet word om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding. Sy het geantwoord dat sy nie ten gunste daarvan is nie, maar gesê grond is ‘n sensitiewe saak, en nie verder daarop uitgewei nie.

Op ‘n vraag of sy van mening is dat Suid-Afrika uit die Internasionale Strafhof moet onttrek omdat soveel Afrika-leiers daar vervolg word, het sy gesê sy glo Suid-Afrika moet daar bly. Sy het tereg daarop gewys dat die vervolging van Afrika-leiers juis plaasvind om dat hulle deur ander Afrika-leiers aangekla word. Sy is tans verbonde aan die Suid-Afrikaanse Litigasie Sentrum, en het sterk aanstoot geneem teen ‘n bewering dat dié instelling buitelands gefinansier word.                                                                       

4) Net toe dit wil voorkom of daar vir die eerste keer in twee dekades ‘n polisiehoof is wat van grondvlak af boontoe geklim het en die polisiekultuur verstaan, en daar toenemend blyke van waardering is vir sy sterker optrede, het sy minister besluit om die polisie in hernude onsekerheid te dompel met ‘n ondersoek.

Nathi Nhleko, Minister van Polisie, het ‘n ministeriële polisie transformasie taakspan aangewys om die polisie en sy beleid te ondersoek. Die voorsitter van die span is ene eerwaarde Vukile Mehana, wat skynbaar magte kry om alle voorskrifte rakende openbare orde polisiëring, summier en eensydig te verander.

Senior polisielede het aan Die Vryburger gesê dat hulle dit verregaande vind dat ‘n geestelike die mandaat kan kry om jarelange beproefde polisiepraktyke te verander.  Daar word gewaarsku dat openbare polisiëring verder onder druk sal kom. Veral in ‘n samelewing wat geteister word deur openbare geweld onder die vaandel van sogenaamde protesoptrede, sal die polisie se vermoë om doeltreffend op te tree, verder aan bande gelê word tot voordeel van die geweldenaars.                                                

5) Die voorsitter van die parlement se kommunikasiekomitee, Humphrey Maxegwana sê dit sal vroegtydig wees om ‘n ondersoek oor die SABC te doen. Maxegwana sê daar was voorstelle dat die komitee ‘n amptelike ondersoek oor die SABC doen wat wyer strek as die jongste verwikkelinge by die nasionale uitsaaier. Hy sê egter hulle kan slegs besluit om ‘n ondersoek te doen as die departement van kommunikasie en die SABC-raad hulle op hoogte gebring het van die verwikkelinge. Volgens hom moet baie faktore in aanmerking geneem word en heelwat samesprekings plaasvind voordat daar op ‘n ondersoek besluit kan word.

6) Die staking van drie weke in die petroleumbedryf kan teen vandag verby wees. Werkgewers in die petroleumbedryf het bevestig dat hulle ‘n uitnodiging van die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie aanvaar het om ‘n ooreenkoms met die vakbond, CEPPWAWU te onderteken. Die staking deur vyftienduisend vakbondlede by petrolraffinaderye en depots het die lewering van brandstof na sekere gebiede beïnvloed. ‘n Woordvoerder van die werkgewersliggaam, Zimisele Majamane sê die partye kon tot ‘n vergelyk kom met behulp van die KVBA. Die ondertekening van die ooreenkoms is geskeduleer vir tweeuur vanmiddag. Majamane sê sy kan nie enige besonderhede oor die ooreenkoms bekend maak nie.

7) Die departement van samewerkende regering wil die verwarring opklaar rondom die spertyd vir partye om koalisiegesprekke af te handel en munisipale rade te vorm. ‘n Woordvoerder van die departement, Legadima Leso sê partye het kans tot 24 Augustus. Vroeër is geglo dat gesprekke reeds teen die naweek afgehandel moet wees. Leso sê die verkiesingsuitslae is op 10 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer en daarna word partye veertien dae gegun. Die Metro’s van Johannesburg, Tshwane en Nelson Mandelabaai is onder die 27 munisipaliteite in die land waar geen party ‘n volstrekte meerderheid kon behaal nie.

8) Die polisie in die Oos-Kaap het die voertuig gevind van twee studente wat Saterdag in Port Elizabeth ontvoer is. Die manlike student is doodgeskiet en die vrou is verkrag. Die polisie sê ses mans het die twee studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit voor ‘n koshuis in die stad gekaap terwyl hulle in ‘n motor vir vriende gewag het. Die vrou se vermeende verkragters het haar ná die aanval in die stad afgelaai en die man se liggaam is later by die Brighton-strand in die see gevind. Volgens die polisie is die motor gisteraand in KwaZakhele gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

9) Die sakereddingspraktisyn van die Lily-goudmyn in Mpumalanga, Rob Devereux sê die soektog na die drie vermiste werkers sal voortgaan sodra die nodige fondse bekom word. Die myn benodig sowat tweehonderd miljoen rand om werksaamhede te hervat. Intussen duur die sakereddingsplan voort en die situasie lyk positief. ‘n Onderneming twee maande gelede deur ‘n Kanadese mynmaatskappy om geld beskikbaar te stel, was onsuksesvol. Devereux sê hulle onderhandel plaaslik sowel as internasionaal.

10) Die polisie in Mpumalanga het meer as 35 verdagtes in hegtenis geneem en honderd en twee verkeersboetes uitgeskryf as deel van Operasie Basadi waar padblokkades deur vroulike beamptes beman is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Gerald Sedibe, is een persoon in hegtenis geneem vir poging tot moord en twaalf mense vir die besit van dwelms. Daar is ook op meer as drieduisend smokkelsigarette beslag gelê. Operasie Basadi sal tot die einde van die maand voortduur.

11) Meer as sewentig amptenare is tans in die agt Metro’s geskors. Dit is deur die Minister van Samewerkende Regering, Des van Rooyen bekend gemaak in `n geskrewe antwoord op `n parlementêre vraag. Dit kom te midde van vier Metro’s wat waarskynlik deur koalisies beheer sal word. Die amptenare wat geskors is, sluit in stadsklerke, `n munisipale bestuurder, brandweerpersoneel, bou-inspekteurs, metropolisiebeamptes en `n opsigter by `n swembad. Van die klagtes teen hulle is seksuele teistering, bedrog, ‘n onregmagtige mediakonferensie en die gebruik van munisipale eiendom om perlemoen te smokkel. Die skorsings is in Buffalo City, Ethekwini, Mangaung, Nelson Mandelabaai, Ekhuruleni, Johannesburg, Tshwane en Kaapstad

12) Parlementslede wat nie komiteevergaderings bywoon nie, sal voortaan `n duisend rand per dag beboet word. Dit is tydens `n vergadering van die Nasionale Vergadering se reëlskomitee bekend gemaak. Die vergadering is gehou om sekere riglyne van die sub-komitee vir die aangepaste reëls te bespreek. Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Masibulele Xaso sê die boete sal geld waar `n parlementslid meer as drie agtereenvolgende dae nie teenwoordig is nie. Verskeie ander riglyne is ook aanvaar.

13) Die Johannesburgse Hooggeregshof het beslis dat die Nasionale Energiereguleerder sy besluit moet hersien om Eskom toe te laat om elektrisiteitspryse vanaf 1 April te verhoog. Nersa het Eskom toestemming gegee om van sy uitgawes waarvoor hy nie in 2014 begroot het nie, terug te kry deur kragpryse met nege-komma-vier persent te verhoog. Dit is meer as die agt persent wat Nersa aanvanklik goedgekeur het. Die hooggeregshof het ten gunste van `n groep sakemanne beslis dat Eskom meer gereeld inligting oor sy finansiële toestand bekend moes gemaak het. Eskom sê hy bestudeer nou die uitspraak.

14) Die Kaapstad Metro het in die Appélhof in Bloemfontein aangevoer dat die padagentskap, SANRAL met kapitaalprojekte volgens die wet moet optree. Die twee partye is in uitgerekte regstryd oor die Wynland-tolprojek betrokke. SANRAL appelleer teen die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat die minister van vervoer se besluit van 2008 om dele van die N1- en N2-snelweë as tolpaaie te verklaar, ter syde gestel het. Die Metro se regsverteenwoordiger, Geoff Budlender het aangevoer dat die staat wel kan besluit hoe `n padprojek finansier word, maar dat SANRAL steeds verplig is om die regte prosesse te volg.

15) Die Wes-Kaapse polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem na winkels van buitelandse burgers die afgelope naweek in Lwandle by die Strand geplunder is. Een van die winkels en `n voertuig is ook aan die brand gesteek. Onstoke inwoners het die winkels van Somaliese burgers aangeval nadat `n 22-jarige man doodgeskiet is. `n Woordvoerder van die polisie, FC van Wyk sê niemand is nog in verband met die dood van die jong man in hegtenis geneem nie. Die ses gemeenskapslede word aangekla van openbare geweld.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 27 max van 37

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 24

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 23

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 22

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 10 en max van 24

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk met Donderweer plek/ plek – met min 10 ‘n max van 21

Durban – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min van 16 en max van 24

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 24

Oos London – Mooi Weer – met ‘n min 20 en max van 27

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 13 en max van 22

Upington – Gedeeltelik Bewolk met Matige tot Swaar Reen Neerslae – met ‘n min van 17 en max van 27

Sutherland –Gedeeltelik Bewolk Met Reen met Min 7 en max 18

PE- Mooi Weer – met ‘n min 15 en max van 25

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Habakuk 3:18 – “nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.”

Psalms13:6 – “Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.”

Ronéll Erasmus se “Jubel in die Here”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment