Woensdag 20 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 20 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die oorspronklike klag teen die joernaliste was dat hulle hulself gedistansieer het van ’n opdrag om inhoud te sensor. Die uiteindelike rede vir ontslag was dat die joernaliste nie die bestuur van die SABC respekteer nie en voortgaan om hul gesag te ondermyn. Volgens die SABC is die joernaliste se “wangedrag onhoudbaar”.

2)Vir Hlaudi Motsoeneng is die SABC-bestuur duidelik die hoogste gesag. Jy durf dit nie ondermyn nie. Selfs wanneer ’n opdrag grondwetlike beginsels ondermyn, mag jy nie die opdrag weier of die bestuur uitdaag nie. In ’n gesprek met van die joernaliste het Motsoeneng gesê:“If people do not adhere, get rid of them. We cannot have people who question management.” Jimmy Matthews, voormalige waarnemende groephoof, het bygevoeg: “It is cold outside. If you do not like it, you can go. You’ve got two choices: the door or the window.”

3) Solidariteit gaan eerskomende Donderdag arbeidshof toe. In die arbeidshof gaan Solidariteit vra dat die afdankings herroep word en dat die hele dissiplinêre proses opgeskort word hangende die verskillende hofprosesse.

Daar is tans ’n stryd tussen die grondwetlike demokrasie en die uitvoerende mag se smagting na ’n outokrasie/kleptokrasie. Dié stryd gaan nou in die howe besleg word.

4)Die feit dat die verskillende demokratiese instellings aktief begin deelneem het om die grondwet te beskerm, is bemoedigend. Die doodse stilte van die uitvoerende gesag is egter baie kommerwekkend.

5) Mnr  Dirk Hermann, die vakbond Solidariteit se bestuurshoof, se hy salueer die afgedankte joernaliste. Hulle het simbole geword van die grondwetlike demokrasie. Hulle verdien ’n klop op die skouer, nie ’n afdankingsbrief tydens aandete nie.

6)Met minder as twee weke voor die munisipale verkiesing, het die Departement van Binnelandse Sake burgers gevra om hulle ID-dokumente te gaan haal. Die minister, Malusi Gigaba, sê sowat ‘n kwartmiljoen groen ID-boekies en slim ID-kaarte is nog steeds nie landwyd afgehaal nie. Gigaba het politieke partye en plaaslike regerings gevra om burgers met geen vervoer by te staan om hulle in staat te stel om hulle dokumente te kry voor die onderskeie stemdae.

7)Korrupsie kniehalter hervormings wat nodig is om Suid-Afrika se ekonomiese groei te stimuleer, en groter deursigtigheid is nodig by staatsinstellings. ‘n Adjunkbestuurshoof van die Internasionale Monetêre Fonds, David Lipton het in Johannesburg gesê laer belasting en hoër regeringsbesteding sal nie die probleem van gebrekkige ekonomiese groei oplos nie. Lipton sê president Jacob Zuma se besluit in Desember om ministers van finansies te verander en die politieke onbestendigheid wat gevolg het, het die land se ekonomie groot skade berokken. Lipton sê die oplossing is die sentralisering van die formulering van fiskale beleid, die verslapping van arbeidswetgewing en die uitroei van korrupsie in die openbare sektor.

8)Die prys van witmielies in Suid-Afrika kan in die huidige geldjaar tot vierduisend-300 rand per ton terugsak. Volgens ‘n Reuters-peiling kan die prys van geelmielies tot sowat drieduisend-600 rand daal. Die woordvoerder van die landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo sê die verwagting is dat pryse sal begin daal namate die La Nina- weerstoestande sterker word. Die huidige rekordhoë prys van mielies volg om die versengende droogte oor groot dele van Suidelike Afrika.

9)Die Vryheidsfront Plus sê hy het meer kandidate in die komende plaaslike verkiesing gestel as ooit tevore. Die party sê hy betwis meer as drieduisend wyke. Die party sê hy is bekommerd oor wat hy noem die propagandataktiek wat deur ander politieke partye gebruik word om mense te ontmoedig om vir die Vryheidsfront Plus te stem. Die party sê boodskappe wat aan kiesers gestuur word dat ‘n stem vir ‘n kleiner party ‘n mors van stemme is, is niks anders as propaganda nie., Die leier van die VFPlus, Pieter Mulder, sê dit kan nie toegelaat word nie omdat dit mense verwar oor hoe die kiesstelsel werk. Hy sê hy het ook ‘n klagte by die Verkiesingskommissie ingedien oor die kwessie…..

10)Die Wêreldhof in Den Haag in Nederland het 50 jaar gelede sy beslissing ten gunste van Suid-Afrika oor die destydse Suidwes-Afrika gelewer. Een van die lede van die afvaardiging in Nederland, Riaan Eksteen, was later Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië na onafhanklikheid.

11)Die Turkse ambassadeur in Griekeland sê die Turkse soldate wat na die naweek se mislukte staatsgreep oor die grens na Griekeland gevlug het, sal ‘n regverdige verhoor kry wanneer hulle na die land terugkeer. Die agt wat om politieke asiel in Griekeland aansoek gedoen het, het Saterdag met ‘n weermaghelikopter in Alexandoupolis geland. Hulle is in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hulle Griekeland onwettig binnegegaan het. Turkye het gevra dat Griekeland die soldate uitlewer. Die ambassadeur het gemaan dat betrekkinge tussen die twee lande kan skade ly indien Griekeland nie die soldate uitlewer nie

12)Die tweelingbroers, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, (23 jaar) het te midde van buitengewoon streng veiligheidsmaatreëls verskyn in die Johannesburgse landdroshof, waar hul saak tot volgende Maandag uitgestel is. Die broers, wat tereg staan op drie terrorisme verwante aanklagte, sal intussen in aanhouding bly. ‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Phindi Louw, het aan die media gesê hulle gaan borgtog teenstaan omdat die broers tereg staan op ernstige aanklagte.Volgens Louw kan nog aanklagte bygevoeg word, of arrestasies gedoen word terwyl die polisie-ondersoek oor die saak aan die gang is. Die broers word na bewering verbind met die terreurgroep, Islamitiese Staat (IS), en was van plan om ontploffings by ‘n Amerikaanse missie en Joodse instellings in Suid-Afrika te veroorsaak. Hulle is enkele ure voor die broer en suster, Ebrahim en Fatima Patel, in hegtenis geneem. Die Patels het gister in die Kagiso-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van onwettige ammunisie en ‘n skokgranaat. Volgens ‘n woordvoerder van die Valke, brig.Hangwani Mulaudzi is die vier stuks geïdentifiseer nadat hulle verlede jaar probeer het om na Sirië te reis om by IS aan te sluit.

13)Die vierde verdagte wat die naweek in verband met die moord op Jayde Panayiotou in hegtenis geneem is, sal vandag in die Port Elizabethse landdroshof verskyn. Die verdagte is in sy dertigs en is by sy huis in Greenbushed vasgetrek. Die polisie sê selfoonrekords plaas hom by die slagoffer se woning in 2015, saam met die ander verdagtes Sizwezakhe Vumazonke en Sinethemba Nenembe. Die slagoffer se man, Christopher Panayiotou is die beweerde meesterbrein. Panayiotou, Vumazonke en Nenembe se moordverhoor begin in Oktober.

14)Die aanvaller wat 49 mense doodgeskiet en 53 gewond het in Orlando in Florida, het voorheen gekla het dat hy uitgetart word omdat hy die Moslem-geloof aanhang. Dit het glo gebeur terwyl Omar Mateen as ‘n veiligheidswag by ‘n hof gewerk het. Mateen het aan sy base gesê sy reaksie was om stories te versin oor bande met terroriste. Die inligting is in dokumente vervat wat onlangs bekend gemaak is. Die dokumente toon dat die FBI sy uitsprake ondersoek het, maar hulle het vasgestel dat daar geen gronde is wat verdere optrede vereis nie. Mateen het voor die aanval trou gesweer aan die Islamitiese Staat. Die aanval op die Pulse-nagklub is die ergste massaskietery in hedendaagse Amerikaanse geskiedenis.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk met ligte reen  –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi weer  met ‘n  min van 8 en ‘n max van 28

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 8 en max van 23

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 5 en max van 20

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 6 en max van 22

Bloemfontein – Mooi weer – met min 6 ‘n max van 20

Durban – Mooi Weer met ‘n min van 17 en max van 31

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 6 en max van 24

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 15 en max van 31

Kaapstad –Bewolk met ligte reen met n min van 10 en max van 15

Upington – Mooi weer met ‘n min van 8 en max van 26

Sutherland –Gedeeltelik son  met Min 5 en max 11

PE- Deeltelik Bewolk met ‘n min 15 en max van 28

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                   KRAG VIR DIE DIE DAG

3 Genesis 1:26 – “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

 Kolossense 3:10 – “en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,”

  Piet Smit se “Meer En Meer Soos Jesus”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment