Woensdag 24 Augustus

Noodberig

Port Elizabeth : There’s a Shutdown at NMMU. They’ve blocked all entrances #FeesMustFallReloaded

Pretoria – N1 North: RT @Reshego @TrafficSA A truck carrying cars crashed & has the entire road closed #N1North just before #Stormvoel

Pretoria – Mabopane: Bushveld road closed, burnt bus on top off train brigde in Giant Stadim #ProtestAction

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 24 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die derde kongres van die Calvinistiese Alliansie is in Pretoria gehou. Die Voorsitter van die CA, ds. Olof van Rooyen het in sy openingsrede volksgenote versoek om terug te keer na die ware Woord van God “en wanneer my God praat, moet ek luister.” In sy boodskap het hy ook die versoek gerig dat daar teruggekeer moet word na Jesus Christus en dat hierdie boodskap aan die hele volk oorgedra moet word.

Die gasspreker vir die geleentheid was professor Kobus Pienaar, en die tema vir die kongres “Die reformasie as oplossing vir die chaos filosofie”.

Prof Pienaar het daarop gewys dat die herdenking van die Reformasie ‘n bydraende faktor is tot die herstel van die waarheid, en die waarheid is die vaste fondament waarop die Skrif gebou is. Die waarheid is ‘n onlosmaaklike deel van God. Wanneer dit nie gedoen word nie, word alles in chaos gedompel. In vandag se lewe word die waarheid misken en wat voorheen reg was, is nou verkeerd en omgekeerd. Dit terwyl die wêreld nog nooit so goed ingelig was as juis nou nie en die elektroniese media is verantwoordelik daarvoor. Ons mense word absoluut verlei, en by die verduistering van die waarheid, tree die chaos filosofie in. Die Bileam-leer (orde), is die Nuwe Wêreld Orde wat in plek gekom het en dit is verantwoordelik daarvoor dat die wêreld daar uitsien, soos dit vandag is. Die Bileam-leer vernietig alles, want dit is opstand teen die gesag van God. Dit word daagliks beleef in die skole, orde en gesag wat vernietig word, anargie, rewolusie, listigheid, terreur ensovoorts. Dit staan ook bekend as “ôicrofobie”. Die een wat verantwoordelik is vir die oorspronklike skepping van chaos, is Nimrod die swart reus en hy word so beskryf in die Bybel. Dit wat hy geskep het staan bekend as die Babilon-leer of die Planitarium Orde. Nimrod is daarvoor verantwoordelik dat die wêreld, soos ons dit vandag beleef, is soos wat dit is. Hy is die oorsaak daarvan dat die wêreld omgekeer is.

Die wêreld word gemanipuleer deur chaos-magte en dit word daagliks beleef in SA. Identiteit word vernietig en transformasie beteken dat die Christendom vernietig moet word en in sy plek moet daar chaos kom. Dit beteken ook dat jou brein, transformasie moet ondergaan. Dit plaas ‘n verantwoordelikheid op ons as Christene, en dit is om die waarheid uit te dra. Ons as soekers na waarheid moet ons daarop toespits om deur ons optrede, die waarheid te promoveer. In die Skrif wys God ons ook daarop dat Hy is wat Hy is. Daar is niks wat nuut is nie en daar bestaan ‘n nood vir Reformasie. Daar bestaan ‘n algemene neiging na chaos en baie van die huidige generasie kan nie dink nie. Daar moet gewaak word dat kennis jou nie van God vervreem nie en die wanbegrip kan maklik ontstaan dat ek God nie nodig het nie.

Professor Pienaar se belangrike boodskap is daarop gemik dat die waarheid gesoek moet word, en dat Reformasie die oplossing is vir die chaos filosofie. Die waarheid is opgesluit in die Woord van God.

Tydens ‘n bespreking van die werksaamhede van die Calvinistiese Alliansie is besluit dat aangesien 2017 die 500-jarige Hervormingsfees jaar is van die reformasie en die CA die koördineerder daarvan is, daar reeds nou al bekend gemaak word dat aanstaande jaar se kongres op 19 Augustus 2017 gaan plaasvind.                                                                        

2) Die president van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies, Sebastian Coe, het aangekondig dat die IAAF weer die internasionale hof vir arbitrasie in sport gaan nader oor die Caster Semenya geval.

Sou die appél slag, kan dit Semenya se goue Olimpiese medalje in gedrang bring.

Vroeër het die hof beslis dat vroue-atlete nie onderwerp mag word aan ‘n reël wat ‘n beperking stel op die hoeveelheid testosteroon wat natuurlik voorkom nie. Vroue met ‘n testosteroondrempel van meer as 10 nanomoles per liter toets, sal moontlik belet word om mee te ding.  In 2015, het die Hof van Arbitrasie vir Sport die beleid vir twee jaar opgeskort.

Wat interessant is omtrent Semenya se deelname aan die Olimpiese Spele, is dat die Olimpiese komitee die media verbied om met haar te praat. Gevolglik het sy geen onderhoude toegelaat nie. Dit het ook aan die lig gekom dat Semenya met ‘n vrou getroud is, naamlik Violet Ledile Raseboya.                     

3) Vrae word in politieke kringe gevra wat sou gebeur as die ANC werklik die mag sou verloor in ‘n verkiesing, en of hy homself nie met geweld en intimidasie aan bewind sou hou nie.

Dit volg nadat Zoniselo Magawu, ‘n ANC-kandidaat, in die landdroshof in Postmasburg verskyn het nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Johannes Baaitjie (49), plaaslike pastoor en nuutverkose DA-raadslid in die Kgatelopele-munisipaliteit, en poging tot moord op sy sakevennoot,

‘n VF+-raadslid van Johannesburg, mnr. Franco de Lange, moes noodgedwonge sy veiligheidsmaatreëls opknap nadat hy ‘n anonieme SMS ontvang het waarin hy gedreig is om nie by ‘n koalisie met die opposisie betrokke te raak nie, anders kan sy vrou en kind dalk verdwyn.

Die nuwe DA-burgemeester van Saldhanna, mnr. Marius Koen, het ‘n pakkie met ’n skaapkop, dooie voëls en ’n lewende skilpad met ’n rooi lint om sy nek, toegebind in ’n bebloede laken, op sy voorstoep gekry. Skynbaar het hy ook reeds voorheen dreigemente ontvang.

Dit is duidelik dat die ANC nie daarvan hou om sy magsposisie te verloor nie, meen politieke waarnemers. Dit kan daartoe lei dat hulle, net soos Robert Mugabe enkele jare gelede in Zimbabwe, eenvoudig weier om pad te gee selfs al sou die kiesers teen hom gestem het.

Alhoewel die ANC nou wel op plaaslike regeringsvlak verliese gelei het, beheer hy steeds die meeste munisipaliteite in die land, en is hy steeds in beheer van nasionale en provinsiale regerings.                                    

4) Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat die bestuurshoof van die eiendomsgroep Sotheby’s International, Jason Rohde, Donderdag in Stellenbosch in die landdroshof sal verskyn in verband met die dood op sy vrou, Susan. Susan Rohde is verlede maand dood in die badkamer van hul hotelkamer op die Spier-wynlandgoed aangetref waar die paartjie ‘n Sotheby’s-konferensie bygewoon het. Volgens Rohde se prokureur, Daniel Witz, het Rohde ook sy eie forensiese ondersoek na die dood van sy vrou aangevra en sal die verslag binnekort ingedien word. Rohde is vanoggend by sy huis in Johannesburg in hegtenis geneem. Daar is eers vermoed dat Susan Rohde selfdood gepleeg het deur haarself te hang, maar ‘n nadoodse ondersoek het getoon dat sy verwurg is.                

5) Studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth, het gister die ingange na die universiteit se kampusse versper en eis gratis onderwys. Dit volg nadat die studente-organsisasie SASCO ‘n beroep gedoen het dat bedrywighede by alle onderriginstansies in die Oos-Kaap gestaak word.   

6) Klasse by die Universiteit van KwaZulu-Natal se vyf kampusse was nie gister hervat nie. Dit volg nadat samesprekings tussen die studente en die leierskap nie opgelos kon word nie.              

7) Die Parlement se portefeulje-komitee vir kommunikasie het teen die DA se versoek vir ‘n ondersoek na die SABC gestem. Dit het gevolg nadat die komitee ‘n uitdagende verweer van die minister van kommunikasie, Faith Muthambi, aangehoor het oor die openbare uitsaaier se vertoning. Die komitee se voorsitter, Humphrey Maxegwana, sê dit is duidelik dat ‘n ondersoek onnodig is. Muthambi sê die omstrede verbod op die uitsaai van openbare geweld, wat die uitsaaier later herroep het, strook met die Grondwet. Die SABC se bedryfshoof, Hlaudi Motsoaneng, het gesê die uitsaaier sal ongesteurd voortgaan met dissiplinêre optrede teen joernaliste waar nodig. Die SABC moes verlede maand sewe joernaliste heraanstel nadat hulle vroeër geskors is. Motsoaneng het ook gesê transformasie is dringend nodig by ‘n aantal radiostasies, veral RSG.                                                            

8) Die burgerregtegroepe, Right2Know en SOS het protesoptredes buite Muthambi se kantore in Pretoria en by die parlement in Kaapstad gehou. Die protesoptrede het saam geval met die vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie waar die SABC bespreek is. In Pretoria het Micah Reddy van Right2Know gesê die raad moet van hul pligte onthef word en Muthambi moet in die pad gesteek word. Volgens hom moet die SABC weer van voor af opgebou word.                                                 

9) Advokaat Dali Mpofu het die Pretoriase Hooggeregshof meegedeel dat die adjunkminister van verdediging en hoof van die MK-veteranevereniging, Kebby Maphatsoe ingestem het om met die voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils te skik. Mpofu sê Maphatsoe is bereid om Kasrils vyf-honderd duisend rand en die hofkoste te betaal. Kasrils het Maphatsoe vir ‘n miljoen rand gedagvaar nadat Maphatsoe hom ‘n ‘vyand van die mense’ en verraaier genoem het, en hom daarvan beskuldig het dat hy verantwoordelik was vir die aanklagte van verkragting teen Zuma. Die hof het vroeër ook die transkripsies gehoor van die bande waar Maphatsoe sê Kasrils was ook verantwoordelik vir die sogenaamde spioenasie bande-sage.                                            

10) Die nuwe DA burgemeester in die Modimolle Mokgopong-munisipaliteit in Limpopo, Marlene van Staden sê haar regering sal nie korrupte amptenare duld nie. Die DA het beheer oor die munisipaliteit by die ANC oorgeneem nadat die 35-jarige Van Staden meer stemme as Patrick Mashaba van die ANC ontvang het. DA-raadslede is ook as Speaker en Hoofsweep verkies. Die EFF en Vryheidsfront Plus het vir die DA-kandidate gestem, terwyl sommige ANC-raadslede ook saam met die opposisie gestem het. Van Staden sê die nuwe regering in die munisipaliteit sal professionele werk en hoë etiese standaarde van amptenare vereis. RSG

11) Die ANC het beheer oor die Ekurhuleni Metro-munisipaliteit in Gauteng behou nadat die voormalige adjunkminister van Handel en Nywerheid, Mzwandile Masina as burgemeester verkies is. Hy het 117 stemme ontvang, teenoor 106 vir die DA se burgemeesterskandidaat, Ghaleb Cachalia. Die speaker, Patricia Khumalo het die uitslae aangekondig. Die raad sal nou stem vir die hoofsweep.                                                                                          RSG

12) Telkom en die kommunikasiewerkersvakbond, die CWU, kon nog geen ooreenkoms bereik in die salarisonderhandelings om die staking van vier weke te beëindig nie. Telkom het intussen ‘n beroep gedoen op CWU-lede wat wil aanhou staak, om die reëls van die staking na te kom en hulle van intimidasie te weerhou. Die CWU eis ‘n verhoging van ses persent op ‘n basiese salaris met ingang 1 April 2017. Die vakbond eis onder meer ook dat Telkom vir die volgende twee jaar geen werker sal aflê nie. Die twee partye sal na verwagting vandag hulle samesprekings hervat.                                         RSG

13) Die regering het sy nuwe veldtog verdedig om ongevalle in die mynbedryf te bekamp ten spyte van skerp kritiek uit die bedryf. Mynmaatskappye sê hul produksie en wins ly daaronder. Sibanye Gold se bestuurshoof, Neal Froneman sê die departement van minerale hulpbronne is besig om verliese van miljarde rand in die waarde van myne te veroorsaak met onnodige veiligheidsonderbrekings. Die departement hou egter vol dat mense se lewens nie ten koste van wins opgeoffer kan word nie.                 

14) Die polisie en amptenare van die departement van minerale hulpbronne het intussen `n winsgewende maar onwettige chroommyn naby Burgersfort in Limpopo gesluit. Volgens die owerhede het `n groep mynwerkers weggehardloop toe die amptenare daar aankom. Die departement het vroeër die howe genader om die onwettige mynwerkers te verwyder wat deur die gemeenskap ondersteun word. `n Woordvoerder van die polisie, Masipa Maepa sê van die mynwerkers het blykbaar `n wenk gekry en het die myn voor die klopjag verlaat. Van die toerusting wat by die myn in gebruik was, is geskut.                   RSG

15) Die bekende Khomani San-leier en voorsitter van die San-raad, Andries Steenkamp van Askham in die Noord-Kaap, is gisteroggend na ‘n lang siekte oorlede. Steenkamp het bekendheid verwerf toe hy wêreldwyd die regte van die San as minderheidsgroep bepleit het. Hy het onder meer in 2001 by die Verenigde Nasies voorspraak gemaak vir die San se regte. Hennie Swart, direkteur van die San Instituut, sê die San-gemeenskap is baie hartseer oor Steenkamp se dood. Volgens Swart het Steenkamp aan diabetes gely en was al ‘n geruime tyd baie siek. RSG

16) Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe sê die party se huidige leiers moet gereed wees om terug te staan indien lede van die party dit vra. Onafhanklike opnames blameer die ANC se swak vertoning in die munisipale verkiesings op sy president, Jacob Zuma se swak leierskap. Volgens Mantashe, het die party se strukture reeds met `n debat begin om die verkiesingskonferensie te vervroeg. Mantashe sê hoewel die party die negatiewe sentimente ten opsigte van Zuma aanvaar, kan hy nie alleen die skuld kry vir die agt persent afname in steun nie. RSG

17) Die Tesourie het bevestig dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan aangesê is om more by die Valke aan te meld oor bewerings wat verband hou met ‘n beweerde spioenasie-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die Tesourie sê Gordhan en vier amptenare van die SAID is gevra om by die Valke aan te meld. Hulle moet blykbaar uitstaande vrae oor die beweerde eenheid verskaf. Die Valke het volgens die brief aan Gordhan blykbaar hulle ondersoek afgehandel waarmee hulle vroeër vanjaar begin het. Die woordvoerder van die Tesourie, Phumza Macanda sê Gordhan win regsadvies in. RSG

18) ‘n Aardbewing van ses komma twee het sentraal-Italië getref. Die trillings was tot in Rome, sowat 170 kilometer daarvandaan, voelbaar. Die dorp Amatrice is erg beskadig en mense is in die puin vasgekeer. Toegangsroetes na die dorp is volgens woordvoerders versper.                           RSG

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 25 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 26

Pretoria  – Mooi Weer –  met ‘n  min van 10 en max van 27

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 7 en max van 21

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 9 en max van 23

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 7 ‘n max van 21

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 16 en max van 25

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 24

Oos Londen – Mooi Weer – met ‘n min 16 en max van 24

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 9 en max van 21

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 15 en max van 26

Sutherland –Mooi Weer  met Min 3 en max 18

PE- Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Johannes 15:7 – “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”

Efesiërs 2:18 – “want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.”

Ronéll Erasmus se “Ek gee jou my woord”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment