Woensdag 6 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag,  6 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die Hooggeregshof in Pretoria het gister, ‘n aansoek van die burgerregte-groep, Afriforum, goedgekeur om die Tshwane-metro te verhinder om 950 miljoen rand aan die PEU-maatskappy vir slim meters te betaal. Die kontrak vir voorafbetaalde meter is in 2013 onderteken, maar is gekanselleer nadat die stad besef het dat dit te duur is. Slegs 13-duisend van die meters is geïnstalleer. Die metro sal volgens berigte meer as ‘n miljard rand moet betaal om die kontrak te kanselleer. Afriforum wil ook hê die hof moet die metro verhinder om die infrastruktuur aan ‘n nuwe diensverskaffer te oorhandig.

2) Plaaslike en internasionale media het reeds gisteraand  plek in die straat voor die Pretoriase Hooggeregshof ingeneem in afwagting op Oscar Pistorius se vonnisoplegging wat vandag sal plaasvind. Die paralimpiese atleet sal gevonnis word vir moord nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp in Februarie 2013 doodgeskiet het.

3) Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe sê die chaos by die SABC is deur ‘n gebrek aan leierskap en swak bestuur geskep. Hy het in Oos-Londen gesê die SABC-raad en bestuur het indiwidue toegelaat om die hele SABC te bestuur. Mantashe sê die onstabiliteit by die SABC is deur ‘n swak raad veroorsaak en dat die beleid deur indiwidue geïgnoreer word.

4) Die minister van kommunikasie, Faith Muthambi, sal Maandag aan die ANC verslag doen oor die ontwikkelings by die SABC. Die voorsitter van die ANC subkomitee oor kommunikasie, Jackson Mthembu het op ‘n nuuskonferensie in Johannesburg gesê die party is ontevrede oor die wyse waarop kwessies by die openbare uitsaaier hanteer is. Hy sê wanneer die ANC ongelukkig is met die prestasie van ‘n ontplooide sal die persoon verantwoordbaar gehou word.

5) ‘n Groot aantal openbare ordepolisiebeamptes is by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe ontplooi. Betogers het die grenspos verlede Vrydag vir vier uur tot stilstand gebring. Hulle is gekant teen die Zimbabwiese regering wat die invoer van sekere basiese goedere vanuit Suid-Afrika verbied. Die besluit beïnvloed handel in Musina. Zimbabwiese kliënte steek die grens oor om basiese dienste hier aan te koop. Die situasie by die grenspos is tans kalm.

6) Die hoof van die departement van Binnelandse Sake se Immigrasiedienste by die Beitbrug-grenspos, Elvis Mavhungu het in die hof in Musina aansoek gedoen dat hy toegelaat moet word om terug te keer werk toe hangende ‘n korrupsie-ondersoek teen hom. Die Valke het die aansoek teengestaan. Mavhungu en veertien ander verdagtes is verlede maand deur die Valke in hegtenis geneem. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle geld en geskenke van buitelanders aanvaar het om hulle reisdokumente onwettig te verwerk. Die departement van Binnelandse Sake het intussen Mavhungu se salaris opgeskort hangende die polisie-ondersoek en hofsaak. Hy het die hof gevra dat sy borgtogvoorwaardes wat hom verbied om die grenspos te besoek, opgeskort word. Hy het aan die hof gesê indien hy toegelaat word om terug te keer, hy nie by getuies sal inmeng nie. Die hof sal môre oor sy aansoek beslis.

7) Die borgtogaansoek van drie gemeenskapsleiers van Vuwani in Limpopo is tot Donderdag uitgestel. Nsovo Sambo, Cedric Tshidumo en Arnold Mulaudzi het na bewering die geweld aangehits wat gelei het tot die afbrand en vandalisme van meer as 20 skole in die omgewing. Die geweld was deel van protesoptrede teen munisipale afbakening. Die staat het vir die uitstel gevra omdat hulle wag op ‘n besluit van die direkteur van openbare vervolging.

8) Die Amerikaanse FBI gaan nie die Demokratiese Party se presidentskandidaat, Hillary Clinton vervolg nie. Dit volg na ‘n ondersoek oor die gebruik van privaat e-posse toe sy die minister van buitelandse sake was. Die FBI sê geen redelike staatsaanklaer sal die saak verder voer nie, maar het bygevoeg dat sy baie agterlosig was.

9) Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het van van gister af begin om stembriewe vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus te druk.‘n Rekordgetal van 200 partye en meer as 61 kandidate sal in die komende verkiesing landswyd teen mekaar te staan kom.Dit is 65% meer partye en sowat 12% meer kandidate as wat in 2011 aan die munisipale verkiesing deelgeneem het.

Die Nationale Freedom Party (NFP) is een van die grootste partye wie se naam nie vanjaar op stembriewe sal verskyn nie. Die party het nie betyds sy deposito betaal om aan die verkiesing deel te neem nie.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Bewolk  en  warm –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi weer met ‘n  min van 3 en ‘n max van 27

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 21

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 4 en max van 19

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 4 en max van 20

Bloemfontein – Mooi weer – met min 1 ‘n max van 14

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n min van 15 en max van 23

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 5 en max van 22

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 11 en max van 19

Kaapstad – Gedeeltelik Bewolk met ligte reen wind 33km/h min van 4 en max van 13

Upington – Mooi weer met ‘n min van 3 en max van 13

Sutherland – Bewolk met ligte reen  met Minus 7 en max 3

PE – Gedeeltelik Bewolk met ‘n min 10 en max van 18

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@ saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. Jesaja 40:31 – “maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle

vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

Psalms 103:5 – “wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.”

Danie Botha se “Die lewe”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

8nm Woensdag aande – Aktueel met Corrie

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment