Vrydag, 1 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 1 Julie 2016. Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 

 

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@ sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Corrie met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

  1. Die gebrek aan betroubare watervoorsiening is die grootste uitdaging vir inwoners van talle munisipale gebiede. Volgens die syfers wat Statistieke Suid-Afrika gister bekendgestel het, ervaar twee komma twee miljoen mense waterprobleme. Die 2016 Gemeenskapspeilig toon ook aan dat een komma sewe miljoen mense sê die koste van elektrisiteit is te hoog. Volgens die opname is daar ook ‘n toename in mense wat ‘n gebrek aan kos het. ‘n Vyfde van die huishoudings wat aan die opname deelgeneem het, het aangedui dat hulle ‘n gebrek aan kos het. Die Statistikus-Generaal, Pali Lehohla het die bevindings van die Gemeenskapspeiling 2016 gister bekendgemaak. Die navorsing weerspieël die stand van onderwys, arbeidsmarkte, dienslewering, armoede en toegang tot dienste in die land.
  2. Die Departement van Hoër Onderwys sê daar is geen amnestie vir die terugbetaling van lenings van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema nie. Die departement het gereageer op mediaberigte dat daar nie meer van studente wat geld aan die hulpskema skuld, verwag word om dit terug te betaal nie. Die Departement sê dit lyk of die verwarring ontstaan het omdat agterstallige skuld van sommige studente vir die periode 2013 tot 2015 deur lenings van die hulpskema aan universiteite betaal is. ‘n Woordvoerder van die departement, Khaye Nkwanyana, sê dit het graduandi in staat gestel om hulle sertifikate en grade te ontvang.
  1. Toltariewe op Chapman’s Peak-rylaan naby Houtbaai in die Kaapse Skiereiland word van vandag af verhoog. ‘n Woordvoerder van die Departement van Vervoer, Byron la Hoe, sê die tariewe word tot 21 rand verhoog vir geregistreerde minibustaxi’s, 27 rand vir motorfietse en 42 rand vir motors. Hy sê geregistreerde gereelde gebruikers sal afslag kry. La Hoe sê ambulanse, die polisie, brandweerwaens en reddingsvoertuie met lisensies sal van tolgeld kwytgeskeld word.
  1. Die ANC in die Wes-Kaap het met tugstappe begin teen ‘n lid van die party wat vermoedelik die aanhitser was van Woensdagaand se gewelddadige betoging op die N-2. Twee busse van die Golden Arrow-busdiens is naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe aan die brand gesteek. ANC-lede van die Barcelona en Kanana informele woongebiede in Gugulethu het betoog teen die party se kandidaatlyste. Hulle het gedreig om die munisipale verkiesing te boikot. Die ANC se provinsiale woordvoerder, Yonele Diko sê ‘n skorsingsbrief is aan een van die party se lede gestuur. Diko sê die betrokkenheid van ander ANC-lede by die gewelddadige protesoptree word ondersoek.
  2. Duisende pro-demokrasiebetogers hou vandag ‘n optog in die strate van Hongkong op die 19de herdenking van die gebied se teruggawe aan Sjina. Een van die vyf boekhandelaars wat vir maande vermis was, sal die optog lei. Die boekhandelaars is vermoedelik ontvoer en na Sjina geneem omdat hulle boeke verkoop wat krities is teenoor die Sjinese leiers. Die optrede teenoor die boekhandelaars het vrese laat opvlam dat Sjina sy invloed in die voormalige Britse gebied verskerp. Daar is ook kommer oor ‘n gebrek aan demokratiese ontwikkeling in Hongkong.
  3. Die handelskommissaris van die Europese Unie, Cecilia Malmstrom sê Brittanje kan eers vir `n handelsooreenkoms begin onderhandel nadat die land die EU verlaat het. Die EU-leiers het Brittanje versoek om hul strategie so gou as moontlik te bepaal om ontwrigting te beperk. Malmstrom sê egter dat lang en uitgebreide onderhandelings voorlê. Die Britte het verlede week in hul referendum besluit om die EU te verlaat.
  4. In‘n hoewe-aanval in die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria het vier aanvallers die afgelope week ‘n vrou ernstig aangerand en gedreig.

Die vrou (60 jaar), wat anoniem wil bly, het vertel hoe sy net ‘n           dag voor die moord in dieselfde omgewing op die oud-                         tydrenjaer en fietsry-kampioen, Jan Hettema, oorval en                       aangerand is.

Te midde van die aanranding waaraan sy onderwerp is, is sy                gedreig met ‘n vuurwarm strykyster en ‘n vuurwapen wat ‘n                paar keer teen haar slaap gedruk is.

Sy is ook gedreig dat haar vingers een vir een afgesaag sal word          en sy met ‘n klip om haar nek in die plaasdam gegooi sal word.

Haar man (63 jaar) was nie tuis tydens die voorval nie.

Die aanvallers het kontant, juweliersware, klere en ‘n

vuurwapen geroof en met die vrou se Opel Astra ontvlug.

Die aanval op die vrou was een van drie in minder as ‘n maand            in die betrokke gebied. Die aanval op haar en die moord op                 Hettema het gedurende die dag plaasgevind.

8. Regspanne van ‘n Afrikaanse vakbond gaan poog om twee                  verskillende tugsake vandag by die SABC uitgestel te kry, en                indien dit nie slaag nie sal ‘n dringende aansoek by die arbeidshof      ingedien word om die verrigtinge te keer.

Die tugsake begin om 9:00 op presies dieselfde tyd as wat ‘n               beplande protesoptog teen SABC-sensuur begin.

Senior joernaliste van die SABC, Foeta Krige, Suna Venter en              Thandeka Gqubule asook hulle kollegas Jacques Steenkamp,              Krivani Pillay en Busi Ntuli is gisteroggend in kennis gestel hulle        tugsake begin vandag. Die Afrikaanse vakbond wil die tugsake uit      laat stel totdat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van            Suid-Afrika (Okosa) uitsluitsel oor die geldigheid  van die SABC-        bedryfshoof, Hlaudi Mtsoeneng, se opdrag gee dat gewelddadige        betoging nie gedek mag word nie.

Nog kwessies wat in die tugsake teen die ses ter sprake is, is                 die kort kennisgewingperiode (22 uur), die bemoeiliking om ‘n           verdediging saam te stel

omdat hulle toegangskaarte tot die SABC-gebou afgevat is en              die verbod dat hulle nie regsverteenwoordiging mag hê nie.

Vrese bestaan dat die tipe optrede teen SAUK-joernaliste sal                voortduur en Motsoeneng sy greep op die uitsaaier sal                          verstewig

  1. Die gastehuis op Sodwanabaai is toegemaak na ‘n besoek deur ‘n span van Richardsbaai se  gesondheidsdepartement besoekas deel van ‘n provinsiale ondersoek teen die eienaar weens vermeende rassisme.

Andre Slade het in die nuus beland nadat die Durbanse vrou,             Sizakele

Msimango, sy e-pos aan haar op die sosiale media geplaas het            waarin hy  haar meedeel: “Ons akkommodeer nie meer                        swartes en regeringsamptenare nie”.

Honderde ANC-ondersteuners het vandeesweek by sy                           gastehuis betoog terwyl die LUR vir ekonomiese ontwikkeling,           toerisme en omgewingsake, Sihle Zikalala, wat ook die ANC se           provinsiale voorsitter is, toesprake gelewer en  met die media             gepraat het.

Zikalala het ook aanklagte van haatspraak, handeldryf sonder             ‘n lisensie en  belastingontduiking teen Slade by die plaaslike             polisiestasie aanhangig gemaak.

Die ANC-jeug het ook ‘n memorandum oorhandig waarin                     versoek word dat Slade sy tasse moet pak en Sodwanabaai                   onmiddellik verlaat.

Volgens Zikalala sal Slade binnekort uit die gebied gesit word,            en het bygevoeg dat hy nêrens in Suid-Afrika hoort nie.

Hy het onder meer gesê Slade het ‘n ooreenkoms verbreek wat            etlike jare gelede tussen hom en die Ingonyama-trustraad                    gesluit is om die grond in die hande te kry waarop hy sy                        besigheid bedryf.

Plaaslike swartes het uiteenlopende gevoelens omtrent hom,              maar sommige het hom as ‘n goeie man beskryf wat sy swart              bure met water help.

Daar is ook diegene wat benadruk dat Slade nie die probleem             is nie, maar die misdaad in die dorp, en dat hy verskeie                         inbrake gehad het.

Die voorsitter van die Gemeenskap Toerisme Vereniging,                    Sbusisi Mlambo, het opgemerk dat regeringsamptenare in                    gebreke gebly het om te betaal nadat hulle by sy gastehuis                    gebly het. “Die waarheid moet vertel word sonder om net na                een kant van die storie te kyk,” het Mlambo gesê.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op                        verskillende skakels op die internet

 Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die sa Weer buro

Warmbad  – Mooi weer en  warm –  met ‘n min 26 max 35

Nelspruit –  Mooi met ‘n  min van 8  en ‘n maximum van 31

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 8 en maximum  van 22

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 6 en max van 21

Vereeniging – Mooi weer met ‘n min 5 en max van 23

Bloemfontein – Mooi weer – met min 2 ‘n max van 19

Durban – Mooi weer met ‘n min van 14 en maximum van 30

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 7  en max van 23

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 11 en max van 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ligte reën buie‘n min van 8 en max van 14

Upington – Mooi weer met ‘n min van 4 en max van 17

Sutherland – Gedeeltelik bewolk met ligte reën buie met min -6 max 4

PE – Gedeeltelik bewolk met ligte reën buie met ‘n min 16 en max van 29

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

8nm Woensdag aande – Aktueel met Corrie

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Saterdag middae – Sport uitsendings en heelike musiek met Gottie Myburg  Na die sport vermaak Gottie jou met Boeremusiek – kom wikkel daai lywe by SAUK Radio

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil jy ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het jy ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk op enige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd –  laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio






Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment