Vrydag 14 Oktober

nuus radioSAUK Radio Nuus berig vir  Vrydag, 14 Oktober 2016.

Goeiedag en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans.

In die nuus vandag:

# Omstrede Minister Des van Rooyen wil ook ‘n interdik kry teen die bekendmaking van die voorlopige staatskapingsverslag

# Trevor Manuel sê die bedrogklag teen minister Gordhan is roekeloos

# SAPD eet goed

# Wits-Studente kry hulle sin

# En tennis: Stan Wawrinka is uit die Sjanghai Meester

# Die uittredende Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het bevestig dat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Des van Rooyen, ook ‘n interdik wil hê om te keer dat die voorlopige verslag oor ‘n staatskaping bekend gemaak word. Dit volg nadat president Jacob Zuma se prokureurs haar in kennis gestel het dat hulle voornemens is om ‘n interdik teen haar te kry. Volgens berigte sal Van Rooyen se aansoek die mag van die Openbare Beskermer uitdaag wanneer sy hom daag om sekere vrae te antwoord.

Intussen is die Vryheidsfront Plus van mening dat president Jacob Zuma se besluit om die voorlopige verslag oor ‘n staatskaping te keer, daarop dui dat die president wel skuldig kan wees. Die opposisie se Pieter Mulder sê hy bevraagteken Zuma se besluit om op die laaste nippertjie ‘n interdik teen Madonsela te kry…

 

# Voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, het die aanklagte van bedrog teen die huidige minister van finansies, Pravin Gordhan, as roekeloos beskryf. Manuel het tydens ‘n toespraak in Johannesburg gesê grondwetlike beginsels in Suid-Afrika word stadig maar seker weggevreet en dié wat dit nie verstaan nie, moet opsy staan. Hy het bygevoeg dat die land op alle gebiede tekortkominge in leierskap beleef en dit lei tot ‘n afname in die nasionale gesprek.

# Die nuutste parlementêre verslag van die SAPD, toon dat R 39,5 miljoen spandeer is in die afgelope boekjaar op spysenering alleen, waarvoor belastingbetalers uiteindelik moet opdok.

Dit bring die maandelikse uitgawe op R 3,3 miljoen te staan of te wel R100 000 per dag.

Waarnemers wys daarop dat as die gelde aangewend sou word op voertuie en instandhouding sou die SAPD dalk beter diens kan lewer. Intussen sê die publiek dat dit aan heelwat polisiemanne ooglopend is dat hulle baie goed eet.

# Die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg het die voormalige hoof van intelligensie, Richard Mdluli, en sy medebeskuldigde, Mthembeni Mthunzi, se aansoek om aanklagte teen hulle te laat vaar, van die hand gewys. Mdluli en Mthunzi staar aanklagte van intimidasie, ontvoering, aanranding, asook dwarsboming van die gereg in die gesig. Dit hou verband met die ontvoering en moord in 1999 op Oupa Ramogibe. Regter Ratha Mokgoatlheng het gesê hy kan nie die bewyse ignoreer wat in die hof aan hom voorgelê is nie.

# Alhoewel daar skynbaar vrede heers by die Wits-universiteit nadat ooreengekom is dat 20 verteenwoordigers sal kies om gesprek te voer met die bestuur oor toegang tot gratis hoër onderwys, heers dieselfde vrede nie oor die hele land nie.

In Bloemfontein 20 studente van die Universiteit van die Vrystaat in hegtenis geneem, terwyl die Bloemfontein- en Suid-kampusse  tot 28 Oktober gesluit sal bly bly.

Chaos het weer op dele van die Westville-kampus uitgebreek en die polisie moes traanrook en rubberkoeëls gebruik om betogende studente uiteen te jaag. Studente het die polisie met klippe en ander voorwerpe bestook, en brandende rommel en brandblussers gebruik om paaie by van die koshuise te versper.

Ook by die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT), is alles nie vreedsaam nie. Ook daar was gevegte tussen polisie en student.  Ook by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) moes die polisie optree na student amok gemaak het.

By Wits het polisielede met snuffelhonde die hoofkampus deursoek vir petrolbomme nadat daar gister verskeie petrolbomme op die kampus gevind is. Die polisielede wat by Wits ontplooi is, moet toesien dat die kampus veilig is voordat die akademiese program hervat word.

Vroeër het sekere akademici by Wits het hul bekommernis uitgespreek oor die hoeveelheid polisie en sekerheids personeel op die kampus en gesê dat dit sou lei tot geweld op die kampus.

Die universiteitsbestuur het intussen ‘n dubbele kapitulasie gemaak.

Eerstens het die bestuur sy steun gegee aan die doelwit van gratis onderrig en “die dekolonialisering van tersiêre onderrig”. Dan het hulle ook belowe dat studente wat nie klasgelde betaal het nie, nie verhoed sal word om eksamen te skryf nie.

# Die regering van Thailand het ‘n jaar lange tydperk van rou afgekondig nadat koning Bhumibol Adulyadej op 88-jarige leeftyd dood is. Hy het sewe dekades lank regeer en tydens sy bewind was daar byna 20 pogings tot of suksesvolle staatsgrepe, met die jongste een in Mei 2014. Kroonprins Maha Vajiralongkorn sal die nuwe monarg wees.

# Tennis: Die Fransman Gilles Simon het die wêreld se derde gekeurde Stan Wawrinka van Switserland in die derde ronde van die Sjanghai Meesters in Sjina uitgeskakel. Simon het net 96 minute nodig gehad om Wawrinka met 6-4 en 6-4 af te ransel. Amerika se Jack Sock het op sy beurt Milos Raonic van Kanada met 0-6, 6-4 en 7-6 geklop. Die wêreld se eerste gekeurde Novak Djokvic van Serwië en tweede gekeurde Andy Murray van Brittanje het albei na die kwarteindronde deurgedring.

# Geldsake: Die rand verhandel teen 14 rand-26 sent teen die dollar, 15 rand-73 sent teen die euro en 17 rand-40 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-255 dollar-40 sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 51 dollar-97 sent per vat.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig.

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad –Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen–  met ‘n min 28 max van 36

Nelspruit – Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen– met ‘n  min van 12 en ‘n max van 18

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 9 en max van 24

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 27

Vereeniging –Gedeeltelik Bewolk– ‘n  min 11 en max van 24

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk – met min 14 ‘n max van 31

Durban –Bewolk Met Ligte Reen– met ‘n min van 17 en max van 23

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 31

Oos Londen –Gedeeltelik Bewolk– met ‘n min 17 en max van 26

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk–met  min van 13 en max van 27

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 20 en max van 36

PE- Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 16 en max van 27

Dit is die einde van vandag se weer berig


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment