Vrydag 19 Augustus

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 19 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die gemeenskap van Ermelo word die laaste tyd geteister deur voorvalle van rassisme vanaf veral die munisipale wetstoepassers, en daarin oënskynlik ondersteun deur die staatsaanklaer.

Mnr. Henry Geldenhuys, Adjunk-President van TLU SA en inwoner van die omgewing, het teenoor Die Vryburger bevestig dat daar groot probleme is. Een van die persone in die spervuur is Daniel Maluleka, ‘n voormalige verkeersbeampte wat tans direkteur van veiligheid en sekuriteit is by die plaaslike munisipaliteit. Maluleka het, na wat verneem word, voorheen al iemand doodgeskiet waarop hy skotvry gekom het. Die laaste voorval het hy doodsdreigemente en rassistiese aanmerkings gemaak teenoor mnr. Dennis Sinclair en sy dogter. Hulle het om Maluleka afgekom waar hy gedreig het om sy vuurwapen te trek teenoor twee wit mans. Daarna het Maluleka op hulle geskreeu, hulle as “white sh-t” uitgeskel en gedreig om die “hele wit spul” dood te maak.

In ‘n ander voorval het Nicolaas Sibeco, die munisipale verkeersbeampte, teenoor ‘n motoris uitgevaar en hom beskuldig dat witmense alles gesteel het en dat dit die rede is waarom hulle so ryk is.

Intussen het streeksaanklaer Jaco Badenhorst aangedui dat hy nie vir Maluleka gaan aankla nie, ten spyte van die klagtes wat mnr. Sinclair teen hom gelê het.

Mnr. Geldenhuys sê dit verbaas hom glad nie. “Die aanklaer wil nie graag sake aanvat nie en speel sommer self landdros met sy beslissings. Ook ons veediefstalsake word meeste van die tyd nie tot in die hof geneem nie.”

2) Alhoewel die EFF nie ‘n amptelike koalisie met enige party gevorm het na die plaaslike regeringsverkiesing nie, sal hy tog die DA-koalisie help om beheer te kry oor die metrorade van Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth.

Waarnemers reken dat hy daardeur vir hom ‘n geweldige magsposisie ingeneem het, omdat hy geen verantwoordelikheid aan ‘n koalisie verskuldig is nie, en enige tyd sy steun na die ander kant kan verskuif as dit hom om een of ander rede sou pas. Daarmee maak hy ook nie die deur na die ANC heeltemal toe nie, en as Zuma inderdaad teen Oktober om “mediese redes” na die agtergrond sou verskuif, laat dit sy deur oop na die ANC toe.

Intussen het die DA aangekondig dat hy wel ‘n formele koalisie kon vorm met VF+, Cope, ACDP, IVP en UDM. Volgens DA-leier Vusi Maimane, sal hierdie koalisie nie op beginselverskille fokus nie maar slegs op dienslewering en om Suid-Afrika ‘n beter plek te maak.

Ook VF+-leier, dr. Pieter Mulder, is opgewonde oor die koalisie. @Ons is verantwoordelik en wil saamwerk tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Ons wil in vrede en harmonie leef. Ons soek nie rassepolarisasie nie en ons glo regtig dit kan werk,” was dr. Mulder se kommentaar.   

3) Blinde sambok kasty inbrekers. ‘n Gebreekte neus as gevolg van ‘n lugsak, ‘n ander verdrink amper in ‘n swembad, gevolg deur ‘n arrestasie. Dis die blinde sambok waarmee twee van vier inbrekers van Roodepoort gekasty is nadat hulle ingebreek het en twee tv-stelle en ‘n voertuig gesteel het.

Hulle het met die voertuig in ‘n muur vasgejaag waarna die lugsak ontplooi het en een se neus gebreek het. Een het probeer weghardloop en val toe in ‘n swembad. Twee ander het wel in die koppies in gehardloop, maar is deur die buurtwag en die polisie gearresteer.               

4)  Die leier van die Kgatelopele Gemeenskapsforum in die Noord-Kaap, Norman Prince sê die moord op die DA-raadslid van Daniëlskuil, Johannes Baadjies beteken dat geen party nou die Kgatelopele-munisipaliteit beheer nie. Baadjies is dood nadat aanvallers op sy motor losgebrand het. ‘n Passasier is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Prince sê die Gemeenskapsforum en die DA het vroeër ‘n koalisie-ooreenkoms bereik om beheer oor die munisipaliteit by die ANC oor te neem. Die raadsvergadering waar raadslede vanoggend ingehuldig sou word, is na die moord uitgestel.                      

5) Navorsers aan die Universiteit van Johannesburg het die skuld vir die ANC se aansienlike verliese in die munisipale verkiesing op president Jacob Zuma gepak. Hulle sê navorsing toon dat ANC kiesers nie meer Zuma steun nie. Die ANC het slegs een metro in Gauteng behou en die Nelson Mandelabaai metroraad aan die DA afgestaan. Die navorsers aan die Sentrum vir Maatskaplike verandering het die profiel van die keisers in die vier provinsies ondersoek.                                                                         

6) Die kantore van die nuwe Collins Chabane-munisipaliteit sal in Malamulele in Limpopo geleë wees. Die munisipaliteit bestaan uit Malamulele, Vuwani en Hlanganani. Die nuutverkose burgemeester, Joyce Bila sê die munisipaliteit het tot dusver net ‘n waarnemende munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte aangewys. Sy sê adminsitratiewe pligte word tans deur personeel van die Thulamela-munisipaliteit uitgevoer. Sy sê hulle het gister besluit dat die munisipaliteit vanuit Malamulele bestuur sal word. Bila sê dit is nou die plig van die nasionale en provinsiale departemente van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake om die kantore te laat bou.                                                                                                                                                    

7) Verkeer op die besige N1 naby Johannesburg was gister erg ontwrig na ‘n skietery tussen die polisie en vermeende misdadigers. Die voorval was op die N1-noord in Sunninghill. Die polisie het op ‘n wenk gereageer dat verskeie mans van Alexandra onderweg was om ‘n misdaad te pleeg. Volgens die polisiewoordvoerder het hulle op die beamptes begin skiet en die polisie het terug gevuur. Een van die verdagtes is gewond en na die hospitaal geneem. Die ander een is in hegtenis geneem. Die voertuig waarin die mans was, asook hul vuurwapens, is gesteel.                                                                                                                                                                                     RSG

8) Alle akademiese bedrywighede is by vyf kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal opgeskort, na studente-betogings. Studente is ontevrede oor die feit dat aansoeke vir befondsing by die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, slegs oor die internet gedoen kan word. Hulle is ook gekant teen ‘n moontlike styging in universiteitgelde. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Lesiba Leshoka sê hulle sal met die studenteraad vergader om hulle eise te bespreek. Hy sê klasse sal na verwagting Maandag hervat word.    

9) Die Appèlhof in Bloemfontein het uitspraak voorbehou in die saak teen die veroordeelde moordenaars, Ambrose Monye en André Gouws. Die twee appeleer teen ‘n hooggeregshofuitspraak nadat hulle elk lewenslange tronkstraf opgelê is vir die kontrakmoord op Chanelle Henning. Henning is in 2011 doodgeskiet nadat sy haar seun by ‘n kleuterskool in Faerie Glen in Pretoria afgelaai het. Monye en Gouws voer aan dat hulle ‘n ligter vonnis moet kry omdat hulle tydens die verhoor hul aandeel in die moord erken het. Hul regsverteenwoordiger voer aan dat die twee waardevolle bystand kan bied in die vervolging van Henning se vervreemde man wat aangekla word dat hy agter die huurmoord is.                                                                                                                        

10) Nichole King het Brakpan op die kaart geplaas. Die uitleweringsaak van die Amerikaanse voortvlugtige, Nichole King, is in die Brakpan landdroshof tot aanstaande maand uitgestel. Die uitstel is om die staat geleentheid te gee om uitleweringsdokumente van die Amerikaanse owerhede te bekom. King is in Amerika skuldig bevind op drie aanklagte van diefstal en geldverduistering. Sy het haar borgtogvoorwaardes verbreek en na Suid-Afrika gevlug. Sy is verlede week deur Interpol vasgetrek.

11) Minstens twaalf studente is na studente-betogings by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha in hegtenis geneem. Die polisie het rubberkoeëls gebruik om betogers uiteen te jaag. Die betogers het die N2-hoofweg en kampus-ingange versper, en het die polisie en voertuie op die hoofweg met klippe bestook. Studente boikot sedert eergister klasse oor moontlike verhogings in universiteitgelde. Die president van die studenteraad, Melikhaya Mchithwa sê studente eis gratis onderrig. Hy sê hulle het die N2 versper omdat hulle druk op die regering wil plaas sodat die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande na hulle griewe kan kom luister.          

12) Twee verdates is op die N2 naby Somerset-Wes in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van perlemoen ter waarde van meer as miljoen rand. ‘n Polisiewoordvoerder, Noloyiso Rwexana sê die polisie het gereageer op ‘n wenk dat ‘n voertuig perlemoen van Hermanus na Kaapstad vervoer. Sy sê twee voertuie het probeer om die polisie van die pad af te dwing, en toe weggejaag. Rwexana sê die polisie het toe ‘n bakkie voorgekeer en deursoek, en afgekom op die perlemoen wat agter die bakkie se sitplekke weggesteek was. Die polisie het ook beslag gelê op ‘n vuurwapen en ammunisie. Die twee verdagtes sal Maandag in die Strand Landdroshof verskyn.   

13) Ethiopiese burgers wat in Johannesburg woon, het gister in die middestad betoog. Hulle wil hê die Suid-Afrikaanse regering moet druk op Ethiopië uitoefen in ‘n poging om die geweld in hul tuisland te beëindig. Duisende mense in Ethiopië betoog oor betwiste gebiede en tientalle het tydens die onrus gesterf. ‘n Organiseerder van die Johannesburgse betoging, Sisay Gemeda sê meer as honderd burgers is in hegtenis geneem en sowat 150 onskuldige mense het tydens betogings gesterf.                                                                                
14) Telkom het ‘n half miljoen rand beloning aangebied vir inligting oor die sabotasie van infrastruktuur. Telkom werkers staak die afgelope week. Hulle eis ‘n verhoging van elf persent. Telkom kabels is sedertdien vernietig en duisende kliënte het geen dienste gehad het. Die woordvoerder van Telkom, Jacqui O’Sullivan sê daar is gewoonlik ‘n verband tussen stakings en sabotasie. Die kommunikasiewerkersvakbond, die CWU het Telkom uitgedaag om die aantygings te bewys.                                                                                                         RSG

15) Melvin Naik van die DA is die nuwe burgemeester van George in die Suid-Kaap. Naik het 31 stemme op hom verenig teenoor die 21 stemme van die ANC raadslid, Piet van der Hoven. Naik sê sy administrasie sal fokus op werkskepping, ontwikkeling en dienslewering. Gerrit Pretorius en Iona Kritzinger is onderskeidelik verkies tot onderburgemeester en Speaker van die raad.                                                                    

16) ‘n Lid van die Ekurhuleni Metropolisie ontvang berading nadat hy vroeër die week in Nigel deur ‘n motoris aangerand is. ‘n Opname van die voorval waarin gesien kan word hoe omstanders, insluitend kinders, die motoris aanmoedig terwyl hy die polisieman te lyf gaan, is intussen wyd op sosiale netwerke versprei. Die woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie, Clifford Shongwe, sê die beampte wou ‘n boete vir die motoris uitskryf toe die man sy humeur verloor en die beampte begin aanrand het. Die motoris is later in hegtenis geneem en het in die hof verskyn, waar die saak tot aanstaande maand uitgestel is.                                                            

17) Rugbynuus: Die Springbok-afrigter, Allister Coetzee het vyf veranderinge gemaak aan die span vir die Rugbykampioenskap-kragmeting teen Argentinië Saterdag by die Mbombela-stadion. Julian Redelinghuys is vir die eerste keer in die beginspan, terwyl Bryan Habana, Johan Goosen, Oupa Mahoje en Lood de Jager na die span terugkeer. Redelinghuys vervang die beseerde Frans Malherbe, en Mahoje vervang Siya Kolisi, wat onlangs ‘n enkeloperasie ondergaan het. Goosen sal as heelagter op die veld draf.                    RSG

18) Suid-Afrika het sy agtste Olimpiese medalje gewen. Henri Schoeman het die brons medalje in die driekamp in Rio de Janeiro losgeslaan. Alistair Brownlee van Brittanje het sy titel suksesvol verdedig en sy broer Jonny het die silwer medalje verower. Schoeman het die wenstreep 42 sekondes na die wenner oorgesteek. Suid-Afrika het nou een goud, twee silwer en twee bronsmedaljes.                                                                    

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 27 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 12 en ‘n max van 29

Pretoria  – Mooi Weer –  met ‘n  min van 12 en max van 24

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min11 en max van 23

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 12 en max van 24

Bloemfontein –Bewolk met Donderbuie naby- met min 9 ‘n max van 20

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 15 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 11 en max van 25

Oos London – Mooi Weer – met ‘n min 16 en max van 24

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 10 en max van 19

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 13 en max van 26

Sutherland –Mooi Weer  met Min 4 en max 16

PE- Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 14 en max van 22

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

1 Petrus 1:24-25 – “Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.”

Deuteronomium 8:3 – “En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.”

Piet Smit se “Woordeliedjie”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment