Vrydag 2 September

SAUK Radio Nuus en Weerberig vir Vrydag, 2 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens.


NUUS

1)  Dit is vanjaar 50 jaar na die wrede moord op Dr H F Verwoerd, die geliefde sesde Eerste Minister van Suid-Afrika.

Twee DVD’s is vervaardig om te wys watter innemende mens hy was en watter reus hy in die wêreldpolitiek was. Die eerste DVD is ‘n voëlvlug oor hom en sy geskiedenis as openbare figuur en bewys uit argieffilms en –klankopnames dat die huidige propaganda teen hom leuens en verdigsels is. Die tweede DVD handel oor hom as gewone gesins- en familieman. Sy kinders, en andere, vertel van hulle herinneringe aan hom, en vertel staaltjies oor hom, wat nog nooit in die openbaar bekend was nie. Ou film- en foto-materiaal, wat nog nooit vantevore buite die familiekring gesien is nie, is aan die produsente beskikbaar gestel, met toestemming om dit te mag gebruik.

Twee geleenthede vind plaas om dr Verwoerd se werk en lewe te herdenk: Op 6 September 2016 gedenk ons volk die lewe en werk van dr. H.F. Verwoerd wat op daardie dag 50 jaar gelede in ‘n verraderlike  sluipmoord-aanval tot ‘n einde gekom het. Ons ontslape staatsman word geëer met ‘n kort oorsig oor sy staatkundige prestasies (spreker: Paul Kruger) en staaltjies uit sy lewe (spreker: Hendrik Verwoerd, seun) aangevul deur klank- en beeldmateriaal uit sy lewe. Die formele gedenk dinee vind plaas op 6 September 2016 om 19h00 te Diamantvallei Landgoed (Oos van Pretoria). Koste beloop R180 per persoon en sluit ‘n formele ete in. Daar gaan ‘n kontantkroeg beskikbaar wees. Besprekings kan gemaak word by Chantal op 079 740 7214.

Die tweede geleentheid is ‘n gala-geleentheid op 10 September

Die twee DVD’s word op Saterdagaand, 10 September 2016, presies 50 jaar na sy begrafnis, in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument in Pretoria, tydens ‘n gala-geleentheid, vrygestel. Drag is formeel. Kaartjies teen R200 per kaartjie, wat toegang en ‘n vingerete-onthaal ná die vertoning insluit, kan bywww.hfverwoerd.co.za bespreek word. Die twee DVD’s sal ook by die geleentheid te koop aangebied word. Algemene navrae kan gerig word aan Johan, by 084-351-9200.

2) Die Valke se optrede rondom die minister van finansies, Pravin Gordhan, laat rooiligte flikker en stuur ʼn duidelike boodskap dat wat met Gordhan gebeur, kan met enigiemand gebeur, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies. Adv. Alberts sê die geveg wat tans aan die gang is tussen Gordhan en die tesourie aan die een kant en Zuma en sy span aan die ander kant, asook die ekonomiese implikasies van die stryd, verbloem ʼn belangrike verdere implikasie rondom die wyse waarop die Valke te werk gaan.  Hy sê dit kom daarop neer dat dit wat met tans met Gordhan gebeur, met enige individu kan gebeur, maak nie saak hoe prominent of privaat die persoon is nie. “Hierdie gevolgtrekking spruit uit die feit dat dit blyk dat die Valke geen werklike klag uit te maak het teen Gordhan nie, wat die vermoede bevestig dat die Valke gebruik word as ʼn instrument van intimidasie. Indien dit met die minister kan gebeur, kan dit met enige iemand gebeur, insluitende persone van belang soos fluitjieblasers en lede en openbare verteenwoordigers van opposisiepartye. “Die Valke het drie klagtes teen Gordhan geformuleer in terme van die Openbare Finansiële Bestuurswet 1999, die Nasionale Strategiese Intelligensiewet 1994 en die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite 2004 (Prevention and Combating of Corrupt Activities Act).

“Wat die Openbare Finansiële Bestuurswet aanbetref, hoef ʼn mens nie eens na die feite te kyk nie, want die wet stel in die betrokke artikels waarna die Valke verwys, nie enige misdrywe daar nie. “Dis ʼn geykte regsbeginsel, bekend as die legaliteitsbeginsel, dat ʼn persoon nie aangekla kan word vir ʼn misdryf wat nie duidelik in die gemenereg of statutêre reg bestaan en waarvan die elemente van die misdryf nie presies omskryf is nie.

“In hierdie geval is daar bloot geen misdryf insake waarvan Gordhan aangekla kan word nie en is die Valke se klag arbitrêr en dus ongrondwetlik. Daar bestaan wel misdrywe in die wetgewing ingevolge artikel 86, maar die Valke het geen saak uitgemaak in terme van daardie artikel van die wet nie. “Wat die Nasionale Strategiese Intelligensiewet aanbetref, hoef daar ook nie eens na die feite gekyk te word nie, aangesien daar geen misdrywe deur die wet geskep word nie en verhinder die legaliteitsbeginsel dus ook dat Gordhan wettiglik aangekla kan word.

“Enige verbreking van hierdie wet stel geen misdryf daar nie. Die klag van die Valke is dus arbitrêr, ongrondwetlik en ʼn ongrondwetlike poging om ʼn misdryf te skep wat nie bestaan nie. Hiermee eien die Valke hom magte toe wat slegs in die wetgewende gesag gesetel is. “Insake die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite word daar wel pertinente misdrywe geskep en is dit moontlik dat die wet dalk oortree is. Maar die Valke sal moet bewys dat Gordhan se gedrag voldoen aan die vereistes van die elemente van die misdryf soos in die wetgewing uiteengesit.

“In hierdie geval sal die Valke dus moet bewys dat Gordhan een of ander voordeel ontvang het ten einde hom te beweeg om ʼn skeidingspakket aan ʼn amptenaar, Ivan Pillay te gee en hom later weer aan te stel in die departement. “Daar bestaan egter sover geen bewyse dat Gordhan dit sou gedoen het nie en indien dit wel bestaan, het die Valke dit nog ‘n   ie verklaar nie. “Dieselfde argument geld indien die Valke sou argumenteer dat Gordhan die skeidingspakket en heraanstelling gereël het in ruil vir sekere voordele wat Pillay sou verskaf.  Die Valke het nog nie verklaar dat hulle bewyse het dat Pillay enige voordele sou gegee of belowe het nie. “Teen hierdie agtergrond lyk dit of die Valke met Gordhan wou vergader om enersyds moontlike erkennings by hom af te dwing om hul swak saak te sterk en andersyds om op hom te intimideer en van stryk af te bring sodat hy uiteindelik self bedank as minister van finansies. “Die gevaar lê natuurlik daarin dat die Valke in die toekoms dieselfde taktiek van vals klagtes kan gebruik om enigiemand van belang te boelie. Die Grondwet is juis daar om sulke optrede te verhinder, maar dit stop duidelik nie Zuma se handlangers nie,” sê adv. Alberts.

3)  Ekonome is bekommerd oor die finansiële instellings wat besluit het om nie meer lenings aan staatsbeheerde maatskappye te voorsien nie. Die Deense Jyske Bank is die jongste instelling wat besluit het om nie lenings aan Eskom te verskaf nie. Suid-Afrika se grootste batebestuurder, Futuregrowth het gister besluit om geen verdere lenings aan Eskom, Transnet, SANRAL, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Onwikkelingsbank van Suidelike Afrika toe te staan nie. Die ekonoom, Dawie Roodt sê die verwikkelinge kan veroorsaak dat die land afgegradeer word. Hy sê dit kan `n stormloop veroorsaak wat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan in `n moeilike posisie plaas. Hy sê die staatsbeheerde maatskappy is deel van die ekonomie en as hulle nie meer toegang tot die markte het nie, sal dit hulle en die minister onder geweldige druk plaas.

4) Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het gewaarsku teen roekelose uitlatings wat die land se ekonomie kan benadeel. Tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie in die parlement het die DA-leier Mmusi Maimane Ramaphosa gevra watter stappe hy doen om die stryd tussen die Tesourie en die Presidensie by te lê. Ramaphosa het toegegee dat die gebeure van die afgelope tyd ‘n rede tot kommer is. Spanning tussen die minister van Finansies, Pravin Gordhan en die Valke het onlangs weer opgevlam toe die Valke Gordhan aangesê het om hom aan te meld om hulle vrae te beantwoord. Gordhan het intussen by monde van sy regsverteenwoordigers gesê al die Valke se vrae oor ‘n beweerde spioenasie-eenheid in die Inkomstediens is reeds by ‘n vorige geleentheid beantwoord.

5) `n Motorfietsryer in sy dertigs is dood na trompop-botsing met `n bakkie in Kensington naby Kaapstad. `n Motor was ook in die ongeluk betrokke. `n Woordvoerder van ER24 sê die motorfietsryer het `n paar meter van sy motorfiets af gelê toe hulle op die toneel gekom het. Nog `n motorfietsryer is in `n kritieke toestand nadat hy in Mitchellsplein in `n ongeluk met `n bakkie betrokke was.

6) Die Reserwebank het gewaarsku dat die nasionalisering van die sentrale bank baie ernstige gevolge vir die land sal hê. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago het gesê sodanige stap sal slegs tot voordeel van ‘n paar enkelinge wees wat hulle eie motiewe het. Hy het benadruk dat aandeelhouers nié die monetêre beleid beïnvloed nie. Hy sê aandeelhouers keur die notule van die vorige algemene jaarvergadering en die aanstelling van ouditeure goed. Vroeër die week het die ANC se adjunksekretaris-generaal Jesse Duarte gesê die Reserwebank het versuim om die waarde van die Rand te beskerm omdat die bank in privaatbesit is. Die Reserwebank se aandeelhouers is grootliks banke en ander finansiële instellings.

7) Eskom sê hy en die regering gaan by ‘n vergadering die pad vorentoe bespreek ná FutureGrowth se besluit om tydelik nie meer geld te leen aan ses van die land se grootste maatskappye in staatsbesit nie. Die maatskappye is Eskom, Transnet, Sanral, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie asook die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika. FutureGrowth is een van die land se grootste batebestuursmaatskappye en sê hy gaan slegs sake doen met staatsintansies wat geloofwaardig bestuur word. Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, sê Eskom is hieroor ingelig en sal gesprekke oor die kwessie, veral met die regering, voortsit.

9) Die Vryheidsfront Plus sê die batebestuurder Futuregrowth se aankondiging dat hy nie meer geld aan ses van die land se grootste staatsinstellings gaan leen nie, onderstreep die feit dat die ANC-regering nou sy eie grootste vyand is. Die party se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, Anton Alberts sê die ANC kry nou deur sy onbeholpenheid en onderlinge verdeeldheid reg om sanksies teen homself ingestel te kry. Hy sê oorsese organisasies sal gewis daarvan kennis neem dat die Suid-Afrikaanse instelling sy rug op sy eie land se regering gedraai het en dat n domino-effek kan volg.

10) ‘n Derde skool is afgebrand in die Libode onderwysdistrik in die Transkei in die Oos-Kaap. Vroeër vandeesweek is twee skole in die gebied ook deur ontevrede leerlinge afgebrand. Die leerlinge eis dat lyfstraf afgeskaf word. Hulle is ook ontevrede omdat hulle ouers jaarliks 250 rand moet bydra om tydelike onderwysers te betaal. Lede van die gemeenskap het intussen by die skool saamgetrek om verdere beskadiging te voorkom.

11) ‘n Sitting van die kommissie van ondersoek na hoër onderwys is deur betogende studente van die Universiteit van Fort Hare ontwrig in Oos-Londen in die Oos-Kaap. Die studente het hulle rektor, Mvuyo Tom se voorlegging onderbreek en sê dié voorlegging weerspieël nie die werklike kwessies wat studente raak nie. Hulle het die program oorgeneem en het daarop aangedring om die vergadering te lei. Lede van die kommissie het die lokaal verlaat en die sitting is verdaag. Die kommissie stel ondersoek in na die haalbaarheid van gratis hoër onderwys.

12) Ses rytuie het uitgebrand toe ‘n trein by die Braamfonteinstasie in Johannesburg aan die brand geraak het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Robert Mulaudzi sê ondersoek word ingestel na die oorsaak van die brand. Hy sê niemand is beseer nie en die brand is intussen geblus.

13) Die Nasionale Vergadering se Programme-komitee sal Woensdag sy debat hou oor die aanbeveling vir die aanstelling van ‘n nuwe Openbare Beskermer. Die komitee het vanoggend vergader om die Nasionale Vergadering se agenda vir die volgende paar weke te bepaal. Die ad hoc-komitee het sy verslag ‘n dag voor gister se spertyd ingehandig. Dié kwessie sal tweede op die agenda wees. Die voorgestelde kandidaat is Busisiwe Mkhwebane.

14) Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika – Prasa – het in Kaapstad gesê sy beeld is groot skade berokken weens interne probleme wat vererger is deur die beskadiging aan infrastruktuur deur vandalisme. Die bestuur van Prasa beplan om ‘n omkeerstrategie in Oktober aan te kondig om dié probleme te hanteer. Prasa was die afgelope ruk in die nuus nadat die hoof van die Raad bewerings gedoen het van finansiële ongerymdhede. Die waarnemende bestuurshoof van Prasa, Collins Letsoalo, hou egter vol dat ‘n omkeerstrategie reeds in plek is.

15) Die bestuurshoof van Eskom, Brian Molefe sê daar is geen rede om skuldig te voel oor ‘n bonus nadat hy sy regruk-teikens by Eskom nagekom het nie. Molefe het aan SAUK-nuus gesê bonusse is ‘n diensvoorwaarde en word nie deur die bestuurslede self bepaal nie. Eskom se bestuurslede het gister in die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings onder skoot gekom vir die toekenning van bonusse aan hulleself terwyl besparingsmaatreëls in moeilike ekonomiese tye ingestel word.

16) Die hoofsweep van die ANC, Jackson Mthembu sê ministers se afwesigheid tydens vraesessies in die parlement is ‘n verleentheid vir die party. Jackson sê ministers wat nie die sessies bywoon nie, kom nie hulle parlementêre verpligtinge na nie en die partykoukus sal aandag skenk aan die kwessie. Hy sê die Speaker moet ook optree in dié verband. Verskeie opposisiepartye het die ministers se afwesigheid veroordeel.

17) Die regering gaan blykbaar die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se raad, Dudu Myeni heraanstel. Myeni, wat blykbaar `n vertroueling van President Jacob Zuma is, sal weer aangestel word ten spyte van teenstand van amptenare in die Tesourie. Die SAL kon die afgelope twee jaar nie sy finansiële verslae inhandig nie. Die verslae vir 2015/16 is teruggehou nadat die Tesourie nie toestemming wou gee vir `n bykomende waarborg van vyf-miljard rand nie.

18)  Sportnuus:  RUGBYNUUS: Die Springbokkaptein, Adriaan Straus gaan aan die einde van hierdie seisoen uit toetsrugby tree. Die dertigjarige Straus sê hy dink al van 2015 daaraan om aan die einde van die 2016-seisoen uit te tree en het die afrigter, Allister Coetzee daaroor ingelig. Hy het in Junie die Springbokke se 57ste kaptein geword toe hy teen Ierland verkies is. Coetzee sê hy weet al sedert die dag dat hy Straus aangestel het dat hy beplan om aan die einde van die seisoen uit te tree. Hy het Straus geloof vir die bydrae wat hy gelewer het en sê hy kry nie altyd erkenning daarvoor nie.

RUGBYNUUS: Die Engelse afrigter, Eddie Jones het die Springbokke as boelies beskryf en sê die Engelse sal later vanjaar gereed wees om hul eerste oorwinning sedert 2006 teen die Bokke te behaal. Die Ses Nasie-kampioen sal vol vertroue teen die Springbokke op die veld draf nadat hulle hul laaste nege toetse onder Jones as afrigter gewen het. Dit sluit ook `n reeksoorwinning van 3 – 0 in Australië in. Jones sê hy besef dat hulle fisiese spel sal moet verbeter om die Bokke te klop en werk nog aan hul algehele fiksheid. Die Engelse is tans tweede op die internasionale punteleer na die All Blacks.

MARATHONNUUS: Inskrywings vir die Comrades-marathon van 2017 het gister begin. Die 90ste weergawe van die wêreld se oudste ultra-marathon word van Durban na Pietermaroitzburg gehardloop. `n Woordvoerder van die Comrades-vereniging, Delaine Cools het Suid-Afrikaners aangeraai om van die vroeë inskrywings gebruik te maak. Suid-Afrikaners kry die eerste maand afslag op hul inskrywingsgeld. Atlete wat 25 Comrades marathons voltooi het, hoef geen inskrywingsfooi te betaal nie. Buitelandse atlete betaal heelwat meer. Inskrywings sal sluit sodra 20-duisend atlete ingeskryf het – wat gewoonlik teen die middel van November gebeur.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen –  met ‘n min 26 max van 34

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 6 en ‘n max van 29

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 12 en max van 27

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 10 en max van 25

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 11 en max van 28

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 11 ‘n max van 28

Durban – Bewolk – met ‘n min van 16 en max van 24

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 10 en max van 27

Oos Londen – Gedeeltelik Bewolk met Reen Naby – met ‘n min 18 en max van 22

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 10 en max van 18

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 18 en max van 31

Sutherland – Sonnig tot Gedeeltelik Bewolk met Min 3 en max 17

PE- Bewolk met Ligte Reen – met ‘n min 14 en max van 18

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

  KRAG VIR DIE DIE DAG

Johannes 6:29 – “ Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.”

John 6:29 – “ Jesus answered, “This is the work of God: that you believe [adhere to, trust in, rely on, and have faith] in the One whom He has sent.

”Deon van der Merwe se “God eternal”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment