Vrydag 21 Oktober

Goeie dag en hartlik welkom by SAUK Radio se Nuus vir vandag, my naam is Don. Ons volksnuus word onder andere deur die Die Vryburger verskaf. Stuur asb. enige nuus berigte, pers verklarings of artikels aan nuus@sauk.co.za
Indien U ons gereelde radio nuus berigte wil borg en jou besigheid se naam wil hoor, elke uur deur die dag weeksdae, kontak ons op nuus@saukradio.com.

 

Luister hier:

Buitelandse Nuus:

ANC Bewind wil Suid Afrika onttrek van die Internasionale Strafhof

Nadat Suid-Afrika verlede jaar aangetoon het dat hy homself wil onttrek van die Internasionale Strafhof, het die ANC-bewind nou aangekondig dat hulle met die proses daartoe begin het.

Die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane het ‘n brief aan die sekretaris-generaal van die VN gestuur waarin die voorneme verklaar is. Hy beskuldig die strafhof daarvan dat hy bevooroordeeld sou wees teenoor Afrika-lande. Volgens die brief meen die regering sy taak om vreedsame oplossings vir konflik op die vasteland te vind is dikwels strydig met die siening van die Hof.

Die hof wat in 2002 in die lewe geroep is en uit 124 lede lande bestaan is die eerste wettige liggaam met internasionale jurisdiksie om volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade te vervolg.

Suid Afrika het ‘n hofbevel verontagsaam om die president van Soedan, Omar al-Bashir, te arresteer toe hy in 2015 die land besoek het. Afrikalande het by meer as een geleentheid die hof se bestaan bevraagteken as sou dit slegs gemik wees op lande in Afrika en hulle leiers. Burundi het ook verlede week onttrek aan die liggaam.

Om los te kom van die lang arm van die internasionale strafhof, moet Suid-Afrika sy ondertekening van die Statuut van Rome omkeer. Dit sal egter net gedoen kan word by wyse van ‘n parlementêre meerderheid. As die ANC sy lede kan oproep om teenwoordig te wees in die parlement, sal hy daardie meerderheid maklik hê.

Ontleders is dit eens dat daar vrese by Afrikaleiers bestaan dat baie van hulle vir vermeende tot verantwoording geroep kan word. Dit skep egter die moontlikheid dat die state wat hulle van die Statuut van Rome onttrek, hulleself straffeloos kan skuldig maak aan misdrywe teen opponente of minderhede in hulle lande. Dit kan ook bepaalde risiko’s vir die Afrikaner ook inhou, is die gevoel.

# ‘n Polisiebeampte, ‘n paramedikus en ‘n vorige werknemer van SAID is in die verre Noord-Transvaal in hegtenis geneem op beweerde smokkelary van sigarette in die Messina area.

Bewerings dat polisie- en ander staatsvoertuie gebruik is om die goedere te vervoer tussen Zimbabwe en Suid Afrika word ondersoek.

Dit blyk dat staatsamptenare nog ver daarvan is om hulle van korrupsie en selfverryking te weerhou, ten spyte van “versoeke” van betrokke ministers.

# Zim skuld Eskom R 250 miljoen

Zimbabwe se opgelope skuld beloop meer as R376 miljoen aan die kragverskaffers Eskom en Mosambiek se Cahora Bassa kragverskaffer. Die land is twee maande gegun om hul oplopende skuld te vereffen. Ekonome wag belangstellend om te sien waar Mugabe se regering die geld vandaan sal kry.

# Sou Nersa se aansoek slaag vir ‘n nuwe tarief voorstel rondom gaspryse, gaan vervaardigers soos Consol glas, Nampak, Mondi, Illovo Suiker en die PG groep ‘n skokverhoging in die gesig staar. Die skok sal uiteraard na die verbruikers deurgegee word.

Dit volg nadat die Mosambiekse pyplynverskaffer van gas ‘n verhoging aangevra het vir hulle dienslewering van gas uit Mosambiek.

Die voorgestelde verhoging kan so hoog wees as 300% .

# Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het ‘n R 2,5 miljard administratiewe boete opgelê aan Discovery Life.

Dit volg nadat Discovery sekere regulasies van die wet op Finansiële Dienste Verskaffers oortree het. Na bewering het Discovery vier finansiële adviseurs aangestel en vergoed het met sogenaamde aantekenbonusse.

Dit is ‘n oortreding van artikel 3A van die Algemene Gedragskode van Finansiële Dienste Verskaffers.

Discovery het in ‘n verklaring gemeld dat hul hierdie “administratiewe toesigfout” betreur en dat alle betalings aan die adviseurs verhaal is, in lyn met ‘n ooreenkoms wat hul bereik het met die RFD.

# Durbanse skoolhoof in hof

Die vorige skoolhoof van Glenwood Hoërskool, Trevor Kershaw, sal in 2017 in die hof verskyn op klagtes van bedrog en diefstal. Die staat beweer dat Kershaw meer as R5,2 miljoen deur middel van valse eise van die skool gesteel het. Kershaw het in Desember 2015 sy bedanking by die skool ingedien.
Natal gesondheid se eise rekening spiraalDie Departement van Gesondheid van Natal het in die huidige boekjaar meer as
R10,6 miljard se eise ontvang as gevolg van nalatigheid by van die provinsie se hospitale. Die departement het nou ‘n regsspan aangestel om die eise te hanteer.

Polisieman vas oor geld

‘n Een-en-dertigjarige polisieman is in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n groot som geld op ‘n misdaadtoneel in Pretoria probeer steel het.

Nog brand by PE universiteit

Nog ‘n gebou by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth is aan die brand gesteek. Die polisiewoordvoerder, Sally de Beer het bevestig dat die universiteit se krieketklubhuis laasnag aan die brand gesteek is.

Buitelandse Nuus:

Die Russiese militêre mag het die skepping van hul eie internet voltooi. Die elektroniese kommunikasie stelsel wat onafhanklik is van die wereld internet en beskerm teen ongelisensieerde verbindings, maak voorsiening vir ‘n vinnige en veilige oordrag van geklassifiseerde inligting.

‘n Bron in die ministerie van verdediging het aan die gewilde Russiese daaglikse koerant Izvestia gesê dat die amptelike naam van die netwerk is die ‘Closed Data Transfer Segment’ of “geslote dataoordrag Segment’ en dat die fasiliteite wat dit op gebaseer is gedeeltelik besit word deur die militêre en gedeeltelik gehuur van die staat kommunikasie-agentskap Rostelecom. Servers van die netwerk sal gevestig word in elke Russiese militêre eenheid, maar toegang tot hulle sal swaar beperk word.

Die bron het ook gesê dat die Geslote dataoordrag Segment reeds in die laat somer voltooi is en nou in volle funksionerende staat is, maar werke is aan die gang om dit uit te brei met bykomende terminale in elke militêre eenheid.

Die struktuur van die Russiese “militêre internet ‘is soortgelyk aan die een van die konvensionele World Wide Web, maar dit is slegs toeganklik op rekenaars wat die toegewyde bedryfstelsel gebruik wat ontwikkel is deur die Russiese militêre magte. Die hardeware moet ook gesertifiseer wees deur die direktoraat. Dit is om te verseker dat dit onmoontlik is om ‘n ongesertifiseerde toestel, insluitend drukkers, skandeerders en USB stokkies in te prop.

Die militêre internet het ook sy eie epos diens wat dit moontlik maak vir streng interne uitruil van boodskappe.

Russiese president se adviseur vir die internet, Duits Klimenko, het gesê in kommentaar dat hy van mening is dat dit korrek is dat die Geslote dataoordrag Segment absoluut geen verbinding met die internet moet hê.

“Enigiets wat gekoppel kan word kan ingebreek word en daarom is dit nie veilig nie,” het hy gesê.

# VSA

In die presidentsverkiesing van Amerika het selfs die konserwatiewe media berig dat Clinton beter gevaar het as Trump in die derde TV debat, maar is weer eens gekenmerk as ’n slegsê oefening wat Amerika tot oneer strek.

Katalonië

Bulgevegte is teruggebring in die noordelike deel van Spanje waar vryheidstryders in Katalonië ook ’n verbete stryd voer om onafhanklik te word van die Spaanse regering.

Skotland

Die eerste minister van Skotland sal na verwagting die krane oopdraai om ’n opvolg referendum te hou om Skotland af te skei van die Verenigde Koninkryk nadat die Britse premier gesê het dat Brittanje voortgaan om uit die Europese Unie te tree.

# Tydelike vrede in Oekraïne

Tydens die gesprekke in Berlyn oor die konflik in die Oekraïne, het Rusland en die regering van die Oekraïne ingestem om hulle magte terug te trek.

Die gesprekke wat deur Duitsland gereël is, het verteenwoordigers van die Oekraïne, Rusland, Duitsland en Frankryk ingesluit.

Die reëling is ’n vooraf poging om tot ’n vredes akkoord te kom waarby beide partye betrek is om ’n langtermyn oplossing te vind.

Die lande het onder meer ingestem dat ’n onafhanklike polisiemag nodig is in Donbass en dat die gewapende magte terug getrek word uit die konflik gebied.

Daarna moet ruimte geskep word vir ’n nuwe verkiesing in die Oos-Oekraïne, maar dit kan nog geruime tyd duur voordat dit werklikheid word.

Die staatsleiers, president Petro Porosjenko van Oekraïne, bondskanselier Angela Merkel van Duitsland, president François Hollandè van Frankryk en Rusland se president Vladimir Poetin het ingestem dat ’n opvolg gesprek nodig is aangesien al die moontlike maatreëls nog nie bespreek is nie.

# Obama se broer steun Trump
Malik Obama, die halfbroer van die Amerikaanse president, Barack Obama, het in ’n verklaring sy steun aan die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, gegee.

Die broer van die president het gereageer op ’n uitnodiging van Trump om die volgende debat tussen hom en Clinton by te woon, waarop hy positief gereageer het en bygevoeg het dat dit vir hom ’n besondere eer is dat hy uitgenooi is.

Malik Obama is ’n Amerikaanse burger wat een deel van die jaar in Kenia woon, en die ander in Amerika.

Hy het in die verklaring ook gesê die mediaberigte oor vroue wat beweer dat Trump hulle betas het, is nie waar nie, “want waarom reageer hulle nou, na jare van stilswye, nou eers”.

# Rusland beskuldig België
Rusland het ’n lugaanval wat uitgevoer is op ’n dorp in die Aleppo provinsie in Sirië, aan die voet van België gelê en gesê hy beskik oor die nodige bewyse dat België die aanval gedoen het waartydens burgerlikes omgekom het.

Rusland beweer dat minstens ses mense in die aanval omgekom het, en minstens vier ernstig beseer is wat met twee Belgiese F-16 vegvliegtuig uitgevoer is.

Die Belgiese minister van verdediging het egter die aantyging verwerp en gesê die weermag is baie versigtig met die lugaanvalle en maak baie seker dat hulle nie burgerlikes tref nie.

Rusland hou vol dat twee Belgiese vegvliegtuie in die lug naby die dorp was toe die lugaanval uitgevoer is, en is deur die Russiese radarstelsel opgetel.

Moskou het ook beklemtoon dat dit plaasgevind het terwyl ’n skietstilstand eerbiedig moes word.

# Ver Linkse aanslag teen Merkel beplan
Die Sosiaal Demokrate, tesame met die Linkse Party en die Groen Party, wil glo hande vat in die algemene verkiesing van 2017 in Duitsland.

Die partye het die afgelope twee dae ’n konferensie gehou oor hoe ’n koalisie gevorm kan word om van kanselier Angela Merkel ontslae te raak.

Die drie partye het in Berlyn byeengekom en breedvoerig beplan vir die verkiesing wat in September 2017 gehou word.

In ’n onafhanklike meningsopname wat pas gedoen is oor die hele land, toon dat die Sosialiste (SPD) 22% steun het, die Groenes 11%, en die Linkses 10%, wat van hulle ’n gedugte span kan maak.

Kanselier Merkel se gewildheid het aansienlik gedaal nadat sy geweier het om haar “oop deur” beleid oor immigrante te wysig, totdat die terroriste Duitsland geskud het met terreur aanvalle.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment