Vrydag 29 Julie

Noodberigte

Port Elizabeth. The R345 road towards Hogsback is closed due to a service delivery protest. Motorists are requested to be vigilant.

Vereeniging: Betogings: Betogers pak pad toe by Steelpark en Boy Louw met brandende bande en klippe.

nuus radioSAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 29 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Stakende werkers in die petroleumbedryf onderneem om voort te gaan met hul staking tot daar aan hul eise voldoen is. Lede van die vakbond, CEPPWAWU het nie gisteroggend vir diens aangemeld nie. Hulle eis verhogings van nege persent. Die staking sal na verwagting veral raffinaderye en depots raak, wat ‘n invloed op aflewerings sal hê. Die AA het ook motoriste gewaarsku om gereeld hul voertuie se brandstof aan te vul. Werkers by `n depot in Kaapstad sê hulle aanvaar dat hulle nie gedurende die staking betaal sal word nie, maar sê hulle kan nie op hul huidige salarisse `n bestaan maak nie.

2) Die vereniging vir brandstofkleinhandelaars sê hy is bekommerd oor die uitwerking van die staking in die brandstofsektor. Die vereniging sê hy doen `n beroep op brandstofmaatskappye gedoen om hulle vroegtydig oor verwikkelinge in te lig sodat kleinhandelaars daarvolgens kan beplan. `n Woorvoerder van die vereniging, Reggie Sibiya sê hulle is bekommerd oor `n moontlike tekort en verliese want hulle is eerstens sakemanne.

3) Die Minister van Kommunikasie het bewerings oor sensuur by die SABC verwerp. Muthambi het tydens ‘n byeenkoms van ‘n gemeenskapskoerant gepraat. Muthambi sê sy verstaan nie hoekom daar so ‘n ophef oor beweerde sensuur by die openbare uitsaaier gemaak word nie.

4) Die vakbond, BEMAWU sê hy het tydens arbitrasie ‘n bepaling ten gunste van die die SABC se geskorste finansiële bestuurder, Tian Olivier gekry. Die vakbond sê dit beteken dat Olivier na sy skorsing van vyf maande weer werk toe kan terugkeer. Volgens BEMAWU is hy na vae aantygings geskors omdat hy glo inligting oor die kostes van televisie-ateljees vir die Rugby-wêreldbeker aan die media sou laat uitlek het. Die vakbond sê die SABC se reëls en regulasies maak nie voorsiening daarvoor dat iemand oor sulke bewerings geskors mag word nie. Olivier sal blykbaar op 1 Augustus weer vir diens by die SABC aanmeld.

5) Die president van Bosbokrand se inwonersvereniging, Delta Mokoena het sy kommer uitgespreek oor die getal kiesers wat vir spesiale stemme in die Bosbokrand-munisipaliteit in Mpumalanga geregistreer het. Die Verkiesingskommissie het vroeër aangekondig dat bykans 19-duisend mense vir spesiale stemme in die munisipaliteit geregistreer is. Mokoena sê dit is nie moontlik nie aangesien spesiale stemme grootliks bedoel is vir polisiebeamptes en verpleërs. Hy sê in dié munisipaliteit is die werkloosheidsyfer bykans 60 persent en daarom glo hy nie die getalle nie. Hy het gevra dat lede van die inwonersvereniging die VK-amptenare vergesel wanneer stembriewe gehaal word.

6) Die nie-regeringsorganisasie, My Vote Counts het ‘n aansoek by die Kaapse Hooggeregshof ingedien wat hulle hoop politieke partye sal verplig om hul bronne van inkomste bekend te maak. Die organisasie sê hulle het ‘n skrywe gerig aan al 13 politieke partye in die Nasionale Vergadering. Vier partye het reageer, maar nie een wou die inligting bekendmaak nie. ‘n Woordvoerder Janine Ogle sê hulle betwis die geldigheid van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Ogle sê die Wet is teenstrydig met die grondwet omdat dit nie politieke partye verplig om hul donateurs bekend te maak nie.

7) Die minister van samewerkende regering, Des Van Rooyen en agt tradisionele leiers in Vuwani in Limpopo het ‘n historiese ooreenkoms onderteken wat hulle hoop die gebied sal stabiliseer. Die regering onderneem om die munisipale grense weer vas te stel én die stamhoofde om normaliteit na die gebied te bring. Inwoners is ontevrede omdat hulle nie deel wil vorm van ‘n nuwe munisipaliteit nie. Sedertdien is sowat 30 skole verwoes en alle dienste is tot stilstand gebring. Van Rooyen sê die ooreenkoms ondermyn nie die Munisipale Afbakeningsraad se besluit nie.

8) Die regsverteenwoordigers van die vier mans wat tereg staan vir die moord op die 16-jarige Franziska Blochliger van Kaapstad het die staat gekritiseer omdat hulle nog nie die dossier ontvang het nie. Die vier het gisteroggend vlugtig in die hof verskyn. Die tiener is na bewering verkrag voordat sy in Maart vanjaar in die Tokai-woud vermoor is. Die verdediging het kapsie gemaak teen die vasstelling van ‘n verhoordatum in die hooggeregshof omdat die dossier nog nie ontvang is nie. Die hof het die Staat opdrag gegee om die nodige dokumente aan die verdediging te verskaf. Die saak is tot 15 Augustus uitgestel.

9) Die president van Sirië, Bashar al-Assad het amnestie gegee aan rebelle wat hulself wil oorgee. Intussen duur die gevegte in Aleppo voort. Die weermag sê alle smokkelroetes na gebiede wat deur die rebelle beset word, is afgesny. Rusland het aangekondig dat hy in samewerking met die Siriese regering drie roetes wil ontsluit waarmee burgerlikes Aleppo kan verlaat. Rebelle sal van ‘n aparte roete gebruik kan maak.

10) Die Konsitusionele hof het wysigings aan die Wet op Grondhervorming verwerp weens gebrekkige openbare deelname. Volgens die aanvanklike wysiging is die tydperk waartydens grondeise ingedien kon word verleng. Die parlement het nou twee jaar om die wysgings aan te pas. Intussen sal eise wat sedert 1 Julie 2014 ingedien is eers agterweë gelaat word sodat aandag aan ouer eise gegee kan word. In ‘n eenparige uitspraak het die hof bevind dat die parlement voor die 2014 nasionale verkiesing die wysigings oorhaastig deur gestoomroller het. Die publiek het slegs twee weke tyd gehad om kommentaar te lewer.

11) Die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid sê hulle is bekommerd dat die wapens, wat vroeër die week by die Simonstad Wapen-depot buite Kaapstad gesteel is, in die verkeerde hande beland. Verskeie wapens, plofstof en ammunisie is gesteel. Twee verdagtes, wat onderskeidelik 18 en 26 jaar oud is, is in hegtenis geneem. Die departement sê dit is in die belang van Wes-Kapenaars dat die wapens opgespoor word. Die provinsiale minister, Dan Plato, het die Minister van Verdediging en die provinsiale polisiekommissaris gevra vir inligting rakende die ondersoek. Die departement sê dit blyk of daar gebrekkige veiligheidsmaatreëls by die vlootbasis is om soortgelyke rooftogte te voorkom.

12)Intussen beveg die vryskutjoernalis, Vuyo Mvoko die beëindiging van sy SABC-kontrak in die Johannesburgse Hooggeregshof. Hy voer aan dat die SABC die bepalings van sy dienskontrak oortree het. Die uitsaaier het Mvoko in kennis gestel dat hy nie vir werk geskeduleer sal word nie, nadat sy mening-stuk oor gebeure by die SABC in ‘n koerant verskyn het. Die hof bevraagteken egter die dringendheid van sy aansoek.

13) Die Valke in KwaZulu-Natal het `n deurbraak gemaak in hul ondersoek na die dood van verskeie tieners in KwaMashu wat die dwelm Mercedes gebruik het. Drie mense word aangekla nadat dwelms van tweehonderd-en-vyftig-duisend rand gevind is. `n Woordvoerder van die Valke in die provinsie, Simphiwe Mhlongo sê toerusting waarmee die dwelms vervaardig word, is ook gevind. Hy sê `n onbekende wit poeier en vierduisend pille wat gemerk is as Mercedes, is weggestuur vir ontleding. Mohlongo sê ook dat toetse gedoen sal word om te bepaal of dit dieselfde dwelm is waarvan die tieners dood is en talle ander siek geword het.

14) Die Johannesburgse polisie sê studente wat deel was van die protesoptrede in Braamfontein is beseer toe die polisie die betogers met rubberkoeëls uiteen gejaag het. Die polisie en die betogers het by die Nelson Mandela-brug slaags geraak, waar die sogenaamde uitslaap-veldtog van bestuurshoofde van maatskappye op die brug plaasgevind het. Die protesoptrede was blykbaar deur EFF-studente wat ontevrede is oor die koste van studentebehuising. `n Gebou in Braamfontein wat vir studenteverblyf gebruik word, is beskadig deur van die betogers. `n Woordvoerder van die Johannesburgse polisie sê niemand is in hegtenis geneem nie. Volgens hom het die betogers die polisie met klippe bestook en die polisie het met rubberkoeëls geantwoord.

15) Vyf mans, onder wie twee polisiemanne wat beskuldig word van ‘n gewapende rooftog by die G4S-veiligheidsmaatskappy, het in die landdroshof in Kimberley verskyn. Die rooftog het in Mei plaasgevind.

16) Franse ondersoekers het die tweede aanvaller geïdentifiseer wat Dinsdag ‘n bejaarde priester tydens ‘n gyselaarsdrama in Normandië vermoor het. DNS-toetse dui daarop dat die aanvaller die 19-jarige Abdel Malik Petitjean van die suidooste van Frankryk is. Die aanvaller kon weens skietwonde aanvanklik nie uitgeken word nie. Hy was op ‘n lys van vermeende ekstremiste, en die polisie het vir ‘n aantal dae voor die aanval na hom gesoek. Die ander aanvaller was die 19-jarige Adel Kermiche, wat twee keer probeer het om na Sirië te reis om by die Islamitiese Staat-militantegroep aan te sluit.

17) Hillary Clinton het die benoeming as die Demokratiese Party se presidentskandidaat formeel aanvaar by die party se nasionale konvensie in Philadelphia. Sy het die eerste vrou in die Amerikaanse geskiedenis geword wat deur een van die belangrike partye as presidentskandidaat aangewys is. Clinton het in haar toespraak gesê haar belangrikste fokus sal wees om werksgeleenthede te skep, en die moeilike keuses en uitdagings die hoof te bied wat in die VSA en in die wêreld voorkom. Sy het onder meer ook gesê klimaatsverandering is ‘n werklikheid en moet beveg word en die Amerikaanse middelklas moet versterk word sodat die land se ekonomie kan groei.

18) Die hoof van die internasionale liggaam wat toesig hou oor Suid-Soedan se die vredesproses sê hy is nie gereed om die omstrede vervanging van Riek Machar as adjunkpresident goed te keur nie. Die voormalige president van Botswana, Festus Mogae sê beamptes moet nog eers bepaal of die amptenare wat Machar vervang het, werklik die mag gehad het om dit te doen. Hy het die ongeërgheid van die Suid-Soedanse politici teenoor die lyding van die mense veroordeel. Mogae sê daar is nie die politieke wil om te doen wat reg is nie.

19) Meer as 150 mense is dood in oorstromings en modderstortings na die die moesonreëns in Suid-Asië. Nepal het die ergste deurgeloop. Talle huise is in die westelike heuwels deur modderstortings verwoes. Dit sluit die gebied in wat verlede jaar deur aardbewings getref is. Bykans tweemiljoen mense in die Indiese staat van Bihar is geraak nadat riviere soos die Brahma Putra ooerstroom het. In Assam is daar tans 500 kampe vir mense dakloos gelaat is. In Bangladesj is is bykans 500-duisend mense deur vloedwater vasgekeer.

Sport

20)Super RUGBY: Die Lions se gereelde kaptein, Warren Whitely is beseer en Jaco Kriel sal Saterdag in Johannesburg die span in die halfeindstryd van die Super Rugbyreeks teen die Higlanders aanvoer. Whitely sukkel met ‘n kuitbesering en Ruan Ackermann sal op nommer agt speel, terwyl Steph de Witt op die plaasvervangersbank diens sal doen. Die skrumskakel, Ross Cronje sukkel met ‘n enkelbesering en word op die plaasvervangersbank deur Dillon Smit vervang. Die Highlanders het intussen twee veranderings onder sy voorspelers aangebring. James Lentjies speel op flank in die plek van Shane Christie, terwyl Alex Ainley op slot Luke Whitelock vervang wat na agsteman skuif. Die veelsydige agterspeler, Marty Banks het herstel van sy besering en is op die plaasvervangerbank ingesluit.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk-  met ‘n min 26 max van 34

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 27

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 8 en max van 20

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 4 en max van 17

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 6 en max van 17

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 4 ‘n max van 13

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 15 en max van 25

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 7 en max van 20

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 15 en max van 21

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk – met n min van 9 en max van 19

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 8 en max van 21

Sutherland –Eers Bewolk dan Son met Min 2 en max 10

PE- Gedeeltelik Bewolk met Ligte Reen – met ‘n min 14 en max van 17

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Openbaring 5:9 – “Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,”

Titus 1:2 – “in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,”

Piet Smit & Danie Botha & Willie Joubert se “U is waardig ; Lofsang”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment