Vrydag 9 September

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 9 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens

NUUS

1) Nuwe ANC-burgemeesters wil nie net die soustrein ry nie, maar ook duur, nuwe voertuie, en waarskynlik sal verhoogde munisipale eiendomsbelasting daardie rekenings moet betaal. Die nuut-aangestelde burgemeester van Witbank wil vir haar ‘n nuwe vuurwa koop uit die R1,5 miljoen begroting wat skynbaar van verlede jaar oorgebly het uit infrastruktuur projekte.

Tans is die burgemeestersvoertuig wat in gebruik is, ‘n Lexus wat maar ‘n skamele 124 000 km op die klok het, terwyl die voertuig ook ‘n R48 000 verlengde diensplan het. Dit is dus nie meer genoeg nie.

In Tzaneen het die ANC-burgemeester aangekondig dat hy ‘n Mercedes van ‘n yslike R1,2 miljoen gaan aanskaf, terwyl ‘n ander luukse duur motor vir sy speaker aangeskaf gaan word.

Pretoria se nuwe DA-burgemeester het daarteenoor aangekondig dat geen nuwe en duur voertuie meer aangeskaf gaan word nie. “’n Hyundai i10 of ‘n Toyota Corolla kan dieselfde werk doen as duur motors,@ het hy gesê.

2) Die verraderlike moord op dr. H.F. Verwoerd, het op 6 September 2016 presies 50 jaar gelede plaasgevind. ‘n Dinee waartydens hierdie donker keerpunt in ons volksbestaan gedenk is, dr. Verwoerd gehuldig is en ons verbintenis tot die vryheidsideaal herbevestig is, was die aand van 6 September 2016 in ‘n volgepakte Diamantvallei Landgoed se onthaalarea aangebied. Volksraadslid Tiaan Theron het met treffende Skriflesing en gebed geopen, waarna die gaste ‘n nuwe dokumentêre film deur Paul Kruger van die VVK oor die lewe en werk van dr. Verwoerd terdeë geniet het.

Die Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad, mnr. Andries Breytenbach het ‘n besondere woord gerig tot die mooi aantal nakomelinge van dr. Verwoerd wat die geleentheid bygewoon het. Oom Hendrik, welbekende seun van dr. Verwoerd, het die gaste daarna vertel van sy kosbare ervaringe in die Verwoerd-ouerhuis.  Gaste is tussendeur getrakteer uit die voortreflike Diamantvallei kombuis. Aanwesiges het dit beskryf as ‘n hoogtepunt om rondom die volksaak, eendragtig en met inspirasie vir die vryheidstryd bymekaar te kon wees. More, Saterdag 10 September, word ‘n dokumentêre video oor die lewe van dr. Verwoerd bekendgestel in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

3) Die DA LP, David Maynier, het Suid-Afrikaners gevra om standpunt in te neem teen staatskaping omdat dit die Oppergesag van die Reg in die land en openbare vertroue in onafhanklike instellings ondermyn. Manier sê indien die staat gekaap word, sal dit ‘n mislukte staat word. Hy het tydens die debat oor ‘n mosie in die Nasionale Vergadering gepraat waar hy gevra het vir die totstandkoming van ‘n adhockomitee om staatskaping te ondersoek.

4) Die DA-burgemeester van die Tshwane metropool, Solly Msimanga sê intussen meer aanklagte van korrupsie teen voormalige munisipale amptenare kan volg. Hy het aanklagte ingedien teen drie senior voormalige amptenare in die metroraad. Die aanklagte spruit voort uit ‘n forensiese verslag wat in Msimanga se besit is en hou verband met uitgawes aan die burgemeesterswoning en die stadsaal. Msimanga sê sedert hy burgemeester geword het, is hy oorval met inligting oor korrupsie en versteekte ouditverslae.

5) Die DA sal steeds die opposisie bly in die Bitou-munisipaliteit in die Suid-Kaap. Dit volg nadat die stemme in wyk 5 gister oorgetel is. Die Verkiesingshof het die hertel van die stemme gelas nadat die DA ‘n groot getal bedorwe stembriefies opgemerk het. Volgens die nuwe uitslae is daar 17 bedorwe stembriefies, teenoor die 53 wat deur die opposisie vermoed is. Die Plettenbergbaai-munisipaliteit sal dus steeds deur ‘n ANC/ AUF,of Active United Front, koalisie beheer word. Die DA se kiesafdelingshoof, Donald Grant, sê hulle het 42 stemme gekort om die meerderheid setels in die raad te kry.

6) Produksie in die mynbedryf het in Julie met vyf komma vier persent gedaal in vergelyking met ‘n daling van drie persent in Junie. ‘n Statistikus van Statistieke Suid-Afrika, JP Terreblance sê dié daling sal ‘n negatiewe uitwerking hê op die volgende kwartaal se Bruto Binnelandse Produk. Hy sê platinum was die grootste bydraer tot die jongste syfers, gevolg deur mangaan en metaalvrye minerale. Terreblance sê hoewel die kwartaal in die rooi afskop, is daar nog twee maande se syfers wat tot die mynbedryf se derdekwartaalsyfers moet bydra.

7) Die noordoostelike dele van die land ervaar buitengewone warm toestande vir die tyd van die jaar. Die kwik gaan tot hoër as 30 grade styg. Die Weerkantoor sê die temperature sal Sondag weer afneem. Die hoë temperature duur nie langer as vier dae nie, en dit word dus nie as ‘n hittegolf beskou nie. Op plekke in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga sal die temperatuur tot net onder 40 grade styg.

8) Verskeie rolspelers in die musiek- en kunstebedryf het hulde gebring aan die Suid-Afrikaans-gebore tenoor Johan Botha wat by sy huis in Wene in Oostenryk oorlede is. Hy was 51. Botha was onlangs in Suid-Afrika vir ‘n reeks konserte, maar die Gauteng-konserte moes afgestel word weens Botha se ongesteldheid. Die uitvoerende direkteur van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, Louis Heyneman het die konsert in Kaapstad as ‘n triomf beskryf.

9) Die minister van finansies, Pravin Gordhan sê die land kan nie bekostig om geld te mors nie, maar moet sy fiskale verpligtinge nakom. Gordhan het by die boekefees in Kaapstad gesê die staatskas is onder druk vanuit verskeie oorde, insluitend die aandrang dat daar vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar nie ‘n verhoging in universiteitsgeld sal wees nie. Hy sê intussen is die ekonomiese groei baie swak en die land kan nie bestee wat hy nie het nie.

10) Die Universiteit van KwaZulu-Natal sê samesprekings is aan die gang om ‘n vreedsame oplossing te kry vir die gewelddadige studentebetogings. Die universiteit het vroeër vir die lente-reses gesluit sodat die samesprekings kan plaasvind. Die woordvoerder van die universiteit, Lesiba Seshoka, het bevestig dat die Studenteraad deel van die samesprekings is. Die president van die SR, Senzo Ngidi is egter vroeër in hegtenis geneem.

11) Die minister van finansies, Pravin Gordhan sê hy dink nie die kernkragprogram sal binnekort werklikheid word nie. Dit is strydig met die minister van Energie, Tina Joemat-Pattersson se aankondiging gister dat ‘n proses om met die kernenergieprogram te begin, teen die einde van die maand van stapel gestuur sal word. Gordhan sê hoewel kernenergie deel van die land se energieplan is, die regering van mening is dat dit bekostigbaar moet wees.

12) Die DA sê intussen Joemat-Pattersson se aankondiging oor die kernooreenkoms sal die land se kredietgradering verder onder druk plaas. Die party sê Joemat-Pattersson se aankondiging is ook ‘n verdere bewys van die stryd tussen president Jacob Zuma en minister Gordhan. Gordhan het vroeër vanjaar gesê die kernooreenkoms sal slegs goedgekeur word indien Suid-Afrika dit kan bekostig. Die waarde van die kernooreenkoms, vermoedelik met die Russiese maatskappy Rosatom, word op ‘n duisend miljard rand geraam.

13) Agri Wes-Kaap is in die proses om ‘n strategiese oplossing vir misdaadbekamping te ontwikkel. Hy hoop om die plan binnekort aan die Wes-Kaapse Wetgewer voor te lê, nadat dit ook reeds aan munisipaliteite voorgelê is. Die plan berus op die uitgangspunt dat sosiaal-maatskaplike toestande die kern van die misdaadprobleem is waarmee die landbousektor te kampe het. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit is nodig om die skaal met misdaadbekamping aan die een kant, en die land se sosiaal-maatskaplike probleme aan die ander kant, te balanseer. Opperman sê dit is naïef om te dink die polisie kan alleen aanspreeklik gehou word vir die bekamping van misdaad.

14) Die saak teen nog drie verdagtes in die moord op die DA-raadslid Johannes Baatjie en sy sakevennoot van Daniëlskuil in die Noord-Kaap, is tot die 22ste van die maand uitgestel. Drie verdagtes, Charles Mbodomise, Matthews en Richard Ratshane het in die landdroshof op Postmasburg verskyn op aanklagte van moord. ‘n ANC-takbestuurder, Zonisele Magawu het reeds vroeër in die hof verskyn. Baatjie is in Augustus vermoor en sy liggaam is langs die pad aangetref. Sy sakevennoot, Shuping Nose is geskiet en is later in die hospitaal dood.

15) Agt leerlinge van die Joe Slovo hoërskool in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte is in hegtenis geneem in verband met eergister se geweld by die skool. Twee klaskamers is aan die brand gesteek. Die leerlinge is ontevrede omdat hulle met tussen twee rand en vyf rand beboet word as hulle laat is. Die polisiewoordvoeder, Noloyiso Rwexane sê die verdgates sal in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van brandstigting.

16) Twee mans is naby Sir Lowry’s pas buite Kaapstad in hegtenis geneem vir die beweerde besit van perlemoen ter waarde van 800-duisend rand. Die polisie sê hulle was besig met patrollies op die N2 toe hulle op ‘n sleepvoertuig afgekom het wat ‘n ander voertuig tou waarvan die sitplekke toegegooi is. Die polisie het die voertuig deursoek en afgekom op bykans sesduisend stuks perlemoen. Die verdagtes, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud sal na verwagting vandag in die landdroshof in die Strand verskyn.

17) Die DA sê alle rolspelers insluitende die regering, die privaatsektor en universiteite moet saamwerk om oplossings te vind vir die befondsing van universiteite. Die DA se woordvoerder oor onderwys, Anita Mazzone, het tydens ‘n debat oor universiteitsgelde in die Parlement gesê soos dinge nou staan, lyk dit of die regering die enigste bron van finansiële steun is. Sy sê dit is duidelik dat baie studente nie kan betaal, en hoewel die privaatsektor kan help, kan hulle nie befondsing verskaf op die skaal wat nodig is nie. Die EFF het die skuld vir die huidige krisis by die land se universiteite op die regering gepak. ‘n EFF-parlementslid, Leigh-Ann Mathys, sê ‘n regering wat omgee vir sy jeug sal hulle help om toegang te kry tot gratis, hoë kwaliteit onderrig.

18) Studenteleiers by die Universiteit van KwaZulu-Natal eis dat die visekanselier, Albert van Jaarsveld en die res van die senior bestuur bedank. Die studenteraad se sekretaris-generaal, Sifiso Memela, sê die uitvoerende bestuur is wanfunksioneel met ooreenkomste met studente wat nie in werking gestel word nie. Volgens Memela en ander leiers het die studente nou reeds geruime tyd probeer om al die beskikbare kanale te volg om die probleme by die instelling op te los. Die studenterleiers sê hulle is bereid om vreedsaam na hulle klasse terug te keer wanneer die vierde semester op die 20 ste van die maand begin. Hulle sê egter hulle is nie bereid om kompromieë aan te gaan oor hulle eis vir verteenwoordiging op die uitvoerende bestuur van die instelling nie.

19) Die Nelson Mandelabaai munisipaliteit in die Oos-Kaap het reeds daarin gelaag om meer as ‘n duisend lekkasies in die Uitenhagegebied reg te maak. Die uitvoerende burgemeester, Athol Trollip, het die gebied besoek waar sowat vierduisend lekkasies aangemeld is, om na die infrastruktuur te kyk, die skade te beraam en die koste van die lekkasies te bereken. ‘n Tekort aan personeel het daartoe gelei dat talle lekplekke in die Uitenhage en Despatchgebiede nie herstel is nie. Munisipale amptenare van Port Elizabeth het intussen opdrag gekry om naweke in die gebiede te werk om die lekplekke te herstel. Trollip sê hy is tevrede met die vordering, maar meer moet nog gedoen word.

20) Die Mogale City-munisipaliteit wat Krugersdorp aan die Wes-Rand insluit, het sy inwoners gevra om dringend water te bespaar. Dit volg na ‘n riglyn van die Departement van Water en Sanitasie dat munisipaliteite in Gauteng onmiddellik hulle waterverbruik met 15 persent moet verminder. Dit is weens die daling in die watervlakke in die Vaalrivier wat die hele Gauteng van water voorsien.

21) Die Amerikaanse minister van Verdediging, Ashton Carter sê hy is vol vertroue dat ekstremiste van die Islamitiese Staat-groep in Sirië en Irak binne maande verslaan sal wees. Hy sê die Amerikaanse weermag, gesteun deur Turkye en Siriese rebelle, staan op die punt om twee belangrike stede te herower. Carter sê die twee stede, Mosoel en Raqqa, word omsingel en dit sal uiteindelik lei tot die ineenstorting van I.S-beheer. Sowat elf miljoen Siriërs is ontheem sedert die burgeroorlog vyf jaar gelede begin het.

22) Noord-Korea word daarvan beskuldig dat die land sy vyfde kerntoets uitgevoer het, nadat ‘n kunsmatige aardbewing van vyf-komma-drie naby aan die land se toetsperseel aangemeld is. Suid-Koreaanse amptenare het ‘n noodvergadering van die land se nasionale veiligheidsraad byeengeroep, en sê dit lyk of dit Noord-Korea se grootste kerntoets tot dusver was. Noord-Korea word deur die VN verbied om enige kern- of missieltegnologie te toets. Daar is reeds bykomende sanksies op Noord-Korea geplaas na die land se vierde kerntoets in Januarie.

Rugby: Die toetswedstryd tussen Australie en Suid Afrika skop more af om 12:05.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Geeeltelik Bewolk Met Ligte Reen –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 14 en ‘n max van 38

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 16 en max van 31

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 29

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 13 en max van 31

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 10 ‘n max van 25

Durban – Gedeeltelik Bewolk met ligte Reen – met ‘n min van 16 en max van 23

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 15 en max van 33

Oos Londen –Bewolk – met ‘n min 14 en max van 20

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk Met ligte Reen –met  min van 10 en max van 17

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 12 en max van 21

Sutherland –Gedeeltelik Bewolk met Min 0 en max 10

PE- Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 13 en max van 18

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Romeine 8:37 – “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”

Efesiërs 5:2 – “en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur.”

André Bester se “Seënbede”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment