Woensdag 21 September

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 21 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet.

1)Betogings het uitgebreek by ‘n skool in Port Elizabeth nadat ‘n leerling gesê het sy wens apartheid kan teruggebring word.

Alhoewel die leerling later op advies van haar regsverteenwoordiger om verskoning gevra het vir die opmerking, het sy ‘n betreklike swaar straf van die skool ontvang. Sy het ‘n skriftelike waarskuwing ontvang, moet vyf ure gemeenskapsdiens doen en mag nie die matriekafskeid bywoon nie.

Die leerling se naam is nie bekend gemaak nie, maar haar prokureur is Craig Jessop, wat die vermoede laat dat sy nie eens ‘n blanke kind is nie. Sy gaan skool aan die Collegiate Girls’ School in Port Elizabeth.

Na haar opmerking het van die ouers onder andere ‘n plakkaat vertoon “Black and proud”, wat ook gesien kan word as ‘n vorm van rassisme.

Duidelik word leerlinge van jongs af gebreinspoel om nie ‘n mening oor die geskiedenis uit te spreek wat nie polities korrek is nie. Vryheid van spraak word ook toenemend op die wyse ingeperk, meen kenners.

2)President Jacob Zuma se gebruikmaking van ‘n kommersiële vlug van die SAL na New York is ‘n bewys dat Suid-Afrika nie ʼn presidensiële straler hoef aan te skaf nie, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging.

Volgens dr. Groenewald het pres. Zuma self gesê hy het baie goeie diens ontvang en die feit dat hy kommersieel gevlieg het, trek ‘n streep deur al die argumente van veiligheid, betroubaarheid en beskikbaarheid wat gebruik word vir die regverdiging van ‘n afsonderlike presidensiële straler.

“Dit is duidelik dat pres. Zuma elke keer van kommersiële vlugte gebruik kan maak wat baie goedkoper is vir die belastingbetaler. “Die gebruikmaking van kommersiële vlugte bedreig dus geensins sy veiligheid nie en is meer betroubaar asdie Inkwazi wat glo te veel probleme gee.

“Die VF Plus doen dus ‘n beroep op pres. Zuma om voortaan van kommersiële vlugte gebruik te maak en enige uitgawes vir huurvlugte of die aankoop van ‘n presidensiële straler dadelik te staak,” sê dr. Groenewald.

3)Die Universiteit van die Witwatersrand sal vandag gesluit bly ná gister se gewelddadige studentebetogings. Die studente het ‘n massavergadering in die Solomon Mahlangu-lokaal op die kampus gehou om oor die pad vorentoe te besin. Die gebou se vensters en deure is beskadig toe die studente klippe na die universiteit se veiligheidswagte gegooi het wat die ingange versper het. Studente het onderneem om die universiteit tot stilstand te dwing terwyl die protesoptrede teen universiteitsgeld voortgaan. Die bestuur van die Universiteit het die geweld skerp veroordeel. Een en dertig studente is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

Lesings by die Universiteit van Kaapstad is steeds opgeskort . Studente het gister voortgegaan met hulle betogings na die aankondiging deur die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, dat die klasgeldverhoging vir 2017 nie meer as agt persent sal wees nie. Studente het die ingange na die universiteit versper en die toegang vir nie-betogende studente beperk. Volgens ‘n lid van die Studenteraad, Mickey Moyo, het stryd om gratis onderwys nie in 2015 tot ‘n einde gekom nie.

4)Die graderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika se kredietgradering sal nie bepaal word deur wie as Minister van Finansies dien nie. Die agentskap het aan die SABC gesê hy wil net ‘n versekering van die regering hê dat daar kontinuïteit sal wees in ekonomiese beleid indien die huidige Minister van Finansies verwyder sou word. Die agentskap het sy jaarlikse Suid-Afrika Kredietrisikokonferensie in Sandton, Johannesburg gehou.

5)Twee mense is dood in ‘n vragmotorbotsing op die R549 naby Deneysville in die Vrystaat. Volgens die woordvoerder van ER24, Russel Meiring, het een van die vragmotors se sleepwaens vermoedelik losgekom en die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en teen die ander vragmotor gebots. Hy sê wrakstukke van die vragmotors was oor die pad versprei. Albei slagoffers is op die toneel dood verklaar.

6)Die mynwerkersvakbond, die N.U.M, het ‘n salarisgeskil met die Anglo American Platinum-myngroep verklaar nadat salarisonderhandelings vasgeval het. Die N.U.M eis ‘n verhoging van 14 komma vyf persent, maar Amplats bied slegs ses komma sewe vyf persent aan. Die vakbond se woordvoerder, Livhuwani Mammburu, sê Amplats se aanbod is ‘n belediging vir die werkers en daarom sal hulle dit nie aanvaar nie. Volgens Mammburu dring hulle aan op ‘n ooreenkoms wat ‘n jaar geldig sal wees.

7)Ses vermeende veediewe is op Mookgophong en Seshego in Limpopo in hegtenis geneem. Die polisie sê die verdagtes is betrap terwyl hulle 14 stuks vee vervoer het wat vermoedelik gesteel is. Die voertuie waarmee die vee vervoer is, is vermoedelik ook gesteel. Die polisie sê een van die voertuie is op Honeydew aan die Wes-Rand as gesteel aangemeld. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

8)Die Departement van Telekommunikasie en Posdienste sê die hoë koste van kommunikasie dwing verbruikers om hulle rieme dunner te sny en besteding te verminder. Die Departement het die Parlement se Portefeuljekomitee oor Telekomunikasie en Posdienste tydens openbare sittings oor die koste van kommunikasie ingelig. Die waarnemende direkteur-generaal, Willie Vukela, sê voorafbetalende verbruikers bestee minder weens die hoë koste van data.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Geeeltelik Bewolk –  met ‘n min 28 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 14 en ‘n max van 34

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 14 en max van 30

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 14 en max van 28

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 14 en max van 32

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk – met min 11 ‘n max van 29

Durban – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min van 18 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 31

Oos Londen –Bewolk – met ‘n min 16 en max van 22

Kaapstad –Mooi Weer  –met  min van 13 en max van 20

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 13 en max van 31

PE- Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment