Woensdag, 29 Junie

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 29 Junie 2016. Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@ sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

1) Die Nasionale Vryheidsparty is gediskwalifiseer om aan die munisipale verkiesings in Augustus deel te neem. Dit volg nadat die party nie ‘n deposito van 400-duisend rand betaal het nie. ‘n Woordvoerder van die Verkiesingskommissie in KwaZulu-Natal sê die NVP het nie teen die spertyd van 2 Junie die deposito betaal nie en sal dus nie aan die verkiesings kan deel neem nie. Die party beheer in koalisie met die ANC verskeie munisipaliteite in KwaZulu-Natal.

 

2) Die borgtogaansoek van die man wat daarvan beskuldig word dat hy Oscar Pistorius probeer bedrieg het, is in die gespesialiseerdehandelsmisdaadhof in Pretoria uitgestel. Die 33-jarige Tshifhiwa Reuben Radzhadzi het na bewering vir Pistorius gebel en gevra vir 350-duisend rand in ruil daarvoor dat hy die moordsaak teen hom laat verdwyn. Pistorius het die polisie gekontak, en Radzhadzi is na ‘n lokval deur die Valke in hegtenis geneem. Hy het vanoggend vlugtig in die hof verskyn, en die saak is uitgestel to Vrydag. Die saak is uitgestel omdat die hof gesukkel het om ‘n Venda-tolk te vind.

 

3) Vrystaat Landbou (VL) het boere gemaan om hulle paraatheid op te skerp en gereeld leë huise, geboue en werkershuise op hulle grond na te gaan om te verseker dit word nie onwettig beset nie.

Voorvalle waar onwettige myners (“zama-zamas”) op myne in landelike gebiede toeslaan, neem volgens inligting in mynbougebiede toe, wat Odendaalsrus, Welkom, Virginia en Allenridge insluit, het VL in ‘n verklaring gewaarsku.

In een voorval wat in die Odendaalsrus-gebied aangemeld is, is ‘n boer en sy gesin gedreig nadat hy op besittings van zamas in een van sy leë werkershuise afgekom het. Hulle het glo kos, wat aan diegene wat onder die grond verskaf word, in die gebou verpak. Meer as 100 zamas is ook by ‘n mynskag in die omgewing opgemerk, waarna die omgewing se plaaswagstrukture opgeskerp is.

In nog twee voorvalle die afgelope twee weke het tientalle zamas glo op mynskagte in die omgewing van Welkom toegeslaan. Na rooftogte en/of onderonsies met mynsekuriteit het hulle glo in omliggende mielielande gevlug en dit hou risiko’s vir die landbougemeenskappe in, sê VL.

Die VL se Wet en Orde Komitee vergader op 5 Julie met die polisie se bestuur oor die kwessie.

 

4) Die twee verdagtes wat verbind word met die kaping en ontvoering van Annatjie Myburgh van Witrivier gaan volgens die voorlopige klagstaat ook van moord aangekla word.

Myburgh is aldus die beskikbare inligting dood aan ‘n hartaanval weens die angs en trauma waaraan sy onderwerp is. Die hof wag egter steeds op ‘n finale beslissing oor wat haar dood veroorsaak het.

Selby John Mabila (26 jaar) en ‘n Mosambiekse burger, Paul Matibula (32 jaar), het vlugtig in die hof verskyn.

Hulle sou om borgtog aansoek gedoen het, maar het gister in die hof aangedui dat hulle daarteen besluit het.

Hulle sal weer op 19 Julie in die hof verskyn.

 

5) ‘n Broer en sy suster het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn in verband met die drie afspraak-moorde in Krugersdorp.

Marcel Steyn (18 jaar) en Le Roux Steyn (20 jaar) het saam met Christiaan Kruger (29 jaar) en Fabian Luff (32 jaar) verskyn op tien aanklagte wat moord, diefstal met verswarende omstandighede en ontvoering insluit.

Kruger en Luff is reeds vroeër aangekeer en het verskeie kere al in die hof verskyn.

Hulle verskyning hou verband met die moorde op twee versekeringsmakelaars, Anthony Scholefield en Kevin Mc Alpine asook ‘n eiendomsagent Hanlé Lategan.

Daar is weer in die hof beslis dat geen foto’s van die beskuldigdes geneem mag word nie.

Hulle sal weer Donderdag in die hof verskyn om aansoek om borgtog te doen.

 

6) Die Verkiesingskommissie (VK) het die stemure, wat volgens wetgewing (Munisipale Kieswet) strek vanaf 07:00 tot 21:00, verkort na 07:00 tot 19:00 vir die plaaslike verkiesing wat op 3 Augustus 2016 plaasvind.

Hoewel die Munisipale Kieswet in art. 45(1) bepaal die Verkiesingskommissie kan die stemure verander, bepaal artikel 45(2) dat die besluit bekend gemaak moet word deur genoegsame publisiteit waardeur kiesers behoorlik daarvan ingelig kan word. Dit is net logies dat daar ook goeie redes verskaf moet word hoekom die stemure verkort word.

“Tot op hede is daar nie werklik publisiteit gegee aan hierdie verandering nie en geen redes is bekend gemaak deur die Verkiesingskommissie vir sy besluit nie. Die verandering is nie eers op die Verkiesingskommissie se webtuiste aangebring nie. Die Vryheidsfront dring daarop aan dat die redes verskaf word en dat wye publisiteit hieraan gegee moet word,” sê dr. Pieter Groenewald van die VF Plus.

Groenewald sê volgens die Staatskoerant (10 Junie 2016, No. 40066) word bloot net aangedui dat die stemure verkort is, maar geen redes word verskaf nie. Die Verkiesingskommissie behoort ʼn intensiewe advertensieveldtog te voer om die publiek hiervan bewus te maak.

 

Nou vir die weeruitsigte vir vandag

Die temperature virvandagvir die Hoof-sentra in die land soosdeur die SA Weerburo

Warmbad  -Geddeltelikbewolken warm met ‘n minimum 26en  maximum van 35

Nelspruit   –  mooiweeren warm met ‘n  minimum 11 en n maximum van 26 grade

Pretoria –mooiweeren warm met ‘n minimum 8enmaximum  22

Johannesburg – mooiweer met ‘n  minimum 5en maximum 20

Vereeniging – mooiweer met n wind van 10km/h minimum 6 en maximum 23

Bloemfontein – mooiweer met minimum 5  ‘n minimum van 18

Durban – mooiweer met ‘n minimum 13en maximum 25

Rustenburg– mooiweerenmet ‘n minimum 5en maximum van 21

Oos London – mooiweeren warm met  ‘n minimum 13 van  en maximum van 24

Kaapstad–  mooiweer met ‘n minimum 7 van  en maximum van 17

Upington – mooiweer met ‘n minimum 11van  en ‘n maksimum van 22

PE –mooiweer met ‘n minimum10en maximum van 19  grade

Dit is die einde van vanoggend se nuusenweerberig

Krag vir die dag

Psalm 59:17 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubeloor u goedertierenheid want U was n rotsvesting vir my en n toevlug in die dag toe ek benoud was.

Hy gee jou elke dag die nuwe krag wat jy nodig het. Ontvang Sy krag nou en laat dit deur jou vloei Hy is alles wat Hy belowe het en sy getrouheid is eg. Laat Hom jou rotsvesting en jou veilige hawe wees.

Gebed: Vader, ons dank U virugoedertierenheidendat u n rotsvestingentoevlug is virons.

Amen
Indienjy ‘n program wilaanbied op SAUK NUUS radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.
ons epos adres nuus@ saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Nuus en weer berigte elke weeksdae om 07:00

Huidiglik:

Nuus- en weer berig 08h00 weeksdae
Musiek Mandjie Saterdae aande om 7nm
Pot Soek ‘n Deksel Vrydag aand om 8nm
Heerlike musiek 24/7
Hoezit – ‘n lui lekker musiek program Donderdag aande.
Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl
Sondag middag, Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk
Bak en Proe om 1nm elke weeksdag
Kinderprogramme na Bak en Proe

• Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
• Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
• Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
• Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!
Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein en Streema

Luister op Tune in:

Luister op Streema:
http://streema.com/radios/play/99256






Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment