Woensdag 31 Augustus

SAUK Radio Nuus en Weer berig vir Woensdag, 31 Augustus 2016.

Noodberig

Important Warning from S.A. Police: Thieves are putting Jeyes Fluid, tin foil, and a little water in plastic drink bottles and capping it up – leaving it on lawns, in mail boxes, in gardens, on driveways etc. just waiting for you to pick it up intending to put it in the rubbish, but you ll never make it!!! If the bottle is picked up, and the bottle is shaken even just a little – in about 30 seconds or less it builds up enough gas which then explodes with enough force to remove some of your extremities. The liquid that comes out is boiling hot as well. Don t pick up any plastic bottles that may be lying in your yards or in the gutter, etc.  Pay attention to this:  A plastic bottle with a cap. A little Jeyes. A little water. A small piece of foil. Trying to disturb it by moving it – and BOOM!! No fingers left and other serious effects to your face, eyes, etc. Please ensure that everyone that may not have email access is also informed of this.

Kol. Cor Snel   PRETORIA

* Cell: 084 678 4302

* Fax: 086 643 5007′

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens

NUUS

1) As iemand geld beskikbaar het, kan hulle dit belê by SA Lugdiens, deesdae bekend as SAA.

SAA is egter baie uitsoekerig oor wie se belegging hy wil hê: entiteite wat 51% swart eienaarskap het, waarin vroue ‘n groot rol speel en as ou militêre veterane (voormalige terroriste-eenhede) daarby betrek is, soveel te beter. Mense wat wil tender om aan SAA geld te leen, kan hulle nota in die tenderkassie by die lughawe se hoofingang plaas!

SAA het die naweek in die sake-deel van die Sunday Times ‘n advertensie geplaas waarin hy vra vir lenings van R16 miljard, vir ‘n tydperk van tussen drie en 15 jaar, en dit sal gesekureerde en ongesekureerde lenings wees.

Dit beteken dat instansies wat aan SAA geld wil uitleen, dalk nie eens behoorlike sekuriteit daarvoor gaan ontvang nie.

SAA sukkel al lank om kop bo water te hou, hoofsaaklik weens politieke ry wat vereis dat “affirmative action”-kandidate die bestuur moet hanteer, in plaas van bekwame mense. Daar is al aan die hand gedoen om SAA weg te gee, omdat hy in elk geval niks meer werd is nie.

Tot dusver het die regering al byna R15 miljard se belastinggeld in SAA gepomp in ‘n poging om hom in die lug te hou. Skynbaar was dit maar net die helfte van die probleem.

Skynbaar is die minister van finansies, Pravin Gordhan, nie lus om nog geld in SAA te pomp nie. Sedert die kabinet verlede week Jacob Zuma die hoof van al die regeringsondernemings gemaak het, sal hy dus moontlik vir Gordhan dwing om net geld in dié bodemlose put te gooi

2) ‘n Bejaarde boer wat paraat was, kon ‘n aanval van vier potensiële moordenaars afweer.

Die sewentigjarige boer van Brandfort in die Vrystaat, was self gewapen toe die vier op hom losgetrek en op hom begin skiet het. Hy het aan die anderkant van die voertuig uitgerol en een van die vier aanvallers geskiet. Dié is op die toneel dood. Die ander lafaards het gevlug maar is later in hegtenis geneem deur die polisie.

Die aanvallers was tussen 26 en 40 jaar oud en was klaarblyklik gewapen. Die oorlewendes sal later in die hof verskyn.

Volgens TLU SA se databasis was hierdie die 23ste plaasaanval vir Augustus waarvan hulle bewus is. Twee mense is op plase vermoor in die maand. Verlede jaar Augustus was daar in totaal 13 plaasaanvalle.

Tot dusver hierdie jaar, was daar 228 plaasaanvalle waarin 46 mense vermoor is, teenoor 170 aanvalle met 37 mense dood in dieselfde tydperk verlede jaar. “Dit is duidelik dat die aanslag op ons plase verhewig met die geweldige toename in aanvalle. Dit is al byna ‘n oorlogsituasie,” sê TLU SA se adjunk-president en voorsitter van die veiligheidskomitee. “Dit wys hoe noodsaaklik dit is dat boere paraat moet wees, hulleself moet beveilig en weet wat om te doen, soos in die geval van die boer in Brandfort. As ‘n boer weet wat om te doen, word die rolle omgeruil en is dit die aanvallers wat aan die kortste ent trek. Dit is presies wat moet gebeur,” sê mnr. Geldenhuys.

3) Dit wil voorkom of dubbele standaarde heel aanvaarbaar word by die Universiteit van Pretoria.

Dit is die kommentaar van een van die student, nadat dit aan die lig gekom het dat die Sonop Koshuis, nie meer aan die ATKV se Universiteitsêr-kompetisie kan deelneem nie.

Die universiteit self het Sonop uit die kompetisie gehaal omdat die koshuis kwansuis nie “verteenwoordigend” genoeg is nie. ‘n Ander koshuis wat “meer verteenwoordigend” is, is toe ingeskryf vir die kompetisie.

“Toe die universiteit se rassistiese onderrok te ver begin uithang het, het ander verskonings vorendag gekom, soos dat Sonop nie ‘n koshuis van die universiteit is nie, maar ‘n private koshuis. Daardie storie is onsin, want Sonop is nog altyd as deel van die universiteit beskou. Die universiteit wil nou sy rassistiese spore probeer doodvee,” sê die student wat anoniem wil bly uit vrees vir viktimisasie deur die universiteit.

“Pleks hulle gee meer aandag aan hulle SR-lid Luvuyo Menziwa, wat witmense met ‘n bazooka of AK47-geweer wil doodmaak, en wat sê daar is ‘n verskil tussen wittes en witmense.,” sê die student.

Die SR-lid het skynbaar opmerkings in dié verband op sy Facebook-profiel gemaak, en krag daarby gesit deur sy inskrywing af te sluit met “F**k white people”.

“Waarom is hy nie summier geskors en van die kampus verwyder nie?” wil die student weet. “Sommige rassisme is meer aanvaarbaar as ander rassisme.”

4) n Groot bohaai is weer eens aan die gang na sogenaamde rassisme by ‘n Engelse meisieskool in Pretoria.  Die bewerings gaan oor hare wat  “reguit-gemaak moet word’ of “afro-hare” wat korter gemaak moet word asook die “lelike” k- woord” wat na bewering gebruik is.

Die saak is so opgeblaas dat senior onderwys amptenare op die skool toegesak het, en die sosiale media ingespan is om die sogenaamde voorheen benadeeldes se belange te beskerm.

Terwyl hierdie saak hoë media-aandag trek, het ‘n ander gru-saak nie naastenby dieselfde aandag getrek nie.

‘n Noord- Natalse skoolhoof is in hegtenis geneem na bewerings van seksuele aanranding op ‘n skolier.   Dit volg na die seks-video van ‘n ander onderwyser wat in Nongoma gearresteer is.  Op die video word beweer dat hy met ‘n leerling omgang gehad het.

Die gebeure by die tradisionele swart skole haal nie naastenby dieselfde aandag as wat by voorheen blanke skole gebeur nie.  Die EFF het nou ook ingespring in die debakel en vra nou dat alle voormalige wit skole ondersoek moet word.

Intussen het twee skoolhoofde van Soweto hulle ondersteuning aan die meisieskool gegee, en gesê elke skool het reëls met betrekking tot hare, en dit behoort nagekom te word

5) Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy kommer uitgespreek oor opmerkings deur die ANC se sekretaris-generaal, Jessie Duarte waarin sy glo die Bank se onafhanklikheid sou bevraagteken. Duarte het na bewering opgemerk dat die bank in die private belang optree. Die Reserwebank het in ‘n verklaring gesê besluite oor beleid word nie deur sy aandelestruktuur beïnvloed nie. Die Bank sê sy president en adjunkte neem onafhanklike besluite, sonder vrees of voorbehoud.

6) Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het hom gedistansieer van bewerings dat die party 80 miljoen rand ontvang het vir ‘n twyfelagtige Prasa-ooreenkoms. Mantashe sê enigiemand wat geld ontvang het, moet vervolg word. Hy het weer ontken dat die party baatgevind het by ooreenkomste wat met die aankoop van treine verband hou. Mantashe het by ‘n mediasessie in Johannesburg gesê hy betreur die feit dat die party se naam met onbehoorlike transaksies verbind word.

7) Bewerings van rassisme het by nog ‘n skool opgeduik – hierdie keer die St Michael’s skool in Bloemfontein. ‘n Klein groepe ouers het hul kinders gister na die skool vergesel ná bewerings dat swart leerders moes aantree en swempette moes opsit vir ‘n haarinspeksie. Dit was volgens berigte die eerste keer dat so ‘n inspeksie by die skool gehou is. Van die meisies met sogenaamde Afrika-haarstyle het ná die inspeksie beweer daar is aan hulle gesê hul haarstyle is onaanvaarbaar. Hulle het gesê dit voel of daar teen hulle gediskrimineer word vanweë hul hare.

8) Die ANC in die Wes-Kaap is glo verdeeld oor die hantering van die ondersoek rakende hul voorsitter, Marius Fransman. Fransman is in Januarie gevra om opsy te staan ná bewerings van seksuele teistering. Die provinsiale sekretaris, Faiez Jacobs vra in ‘n verklaring dat die NUK Fransman skors hangende die uitslag van die ondersoek. Die provinsiale kommunikasiehoof, Jabu Mfusi het die provinsiale uitvoerende komitee gedistansieer van dié verklaring. Mfusi sê egter die proses moet bespoedig word. Intussen hou Jacobs vol dat die verklaring wat uitgereik is, die amptelike posisie van die provinsiale uitvoerende komitee weerspieël.

9) Cosatu wil die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba se planne om Pikitup te privatiseer, kortwiek. ‘n Woordvoerder, Sizwe Pamla sê die vakbond is gereed om die stad tot stilstand te bring. Mashaba wil onder meer die vullisverwyderingsmaatskappy verdeel. Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond, het ook by Cosatu se oproep aangesluit.

10) Die bestuurshoof van Sotheby-eiendomme is in die landdroshof in Stellenbosch op borgtog van een-komma-een-miljoen vrygelaat te midde van streng borgtog-voorwaardes. Die 47-jarige Rohde moes eenhonderd-duisend rand kontant betaal en moet voor 14 September die waarborge vir die res indien. Hy het op ‘n aanklag van moord verskyn nadat sy vrou, Susan, se lyk vroeër vandeesmaand in die badkamer van hul hotelkamer op die Spierlandgoed gevind is. Aanvanklik is vermoed dat sy selfmoord gepleeg het, maar merke aan haar nek het later daarop gedui dat sy verwurg is. Die staat het nie borgtog teengestaan nie. Hy moet op 23 September weer in die hof verskyn.

11) Die Minister in die Presidensie belas met Vroue en Kinders, Susan Shabangu, het haar stem gevoeg by dié van Gauteng se Onderwys-LUR, Panyasa Lesufi, en die Pretroia High School for Girls se optrede teenoor swart leerders veroordeel. Dit volg op ‘n betoging deur leerders wat onder meer kla dat die skoolreëls teen hul haarstyle diskrimineer en dat hulle verbied word om in hul inheemse huistale met mekaar te kommunikeer. Shabangu het gesê sy bestempel die onderwysers se optrede as rassisties. Sy het gesê riglyne moet neergelê word waarvolgens alle skole hul gedragskodes moet aanpas. Volgens haar moet dié riglyne enige rassisme in skole se gedragskodes verhoed en deursigtigheid verseker. Lesufi het vroeër opdrag gegee dat Pretroia High School for Girls sy gedragskode binne 21 dae moet hersien.

12) Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown het Eskom gevra om onmiddellik die inligting te verskaf wat deur die Tesourie versoek is. Die inligting hou verband met Eskom se steenkoolkontrakte. Brown sê sy is bekommerd oor die openbare relletjie tussen die Tesourie en Eskom wat daartoe kan lei dat Eskom se kredietgradering verlaag word.

13)  Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê die reëls oor haarstyle wat die Pretoria High School for Girls toepas, is nie omstrede nie. Motshekga sê niks verhoed leerders om hul mening te gee nie, maar dit behoort intern hanteer te word. Sy sê ook provinsiale onderwysdepartemente het nie ‘n mandaat om skole se gedragskodes te hersien of goed te keur nie.

14) Die sakeregtewaghond, AfriSake sê hy sal met sy regspan vergader oor moontlike stappe teen verskeie direkteurs wat glo by die sogenaamde Prasa-skandaal betrokke was. Die voorsitter van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Popo Molefe beweer in ‘n beëdigde verklaring dat die ANC sowat 80 miljoen rand van ‘n omstrede transaksie gekry het. Miljarde rand is bestee aan die Afro 4000-lokomotiewe wat in Spanje gebou is. Die lokomotiewe is egter nie geskik vir Suid-Afrikaanse spoorweë nie. Die ANC het ontken dat hy geld uit die transaksie gemaak het.

15) Die ANC in KwaZulu-Natal sê die enigste weg vorentoe vir die Jozini-munisipaliteit, is om ‘n tussenverkiesing te hou. Die IVP en die ANC kon nie ‘n volstrekte meerderheid tydens die munisipale regeringsverkiesing behaal nie. Die partye het elk 20 setels. Die IVP het ‘n koalisie met die DA en die EFF gesluit en die ANC het die hulp van ‘n onafhanklike kandidaat bekom. Die eerste sitting van die raad is verskeie kere uitgestel omdat die partye nie kon ooreenkom oor wie die burgemeester moet wees nie. Die ANC se provinsiale woordvoerder, Mdumiseni Ntuli sê die krisis kan net opgelos word indien kiesers gevra word om in ‘n tussenverkiesing te stem.

16) Die DA beskuldig president Jacob Zuma daarvan dat hy nie tot verantwoording geroep wil word nie. Dit volg nadat president Zuma sy verskyning by die Nasionale Raad van Provinsies uitgestel het. Zuma was veronderstel om op 8 September mondelinge vrae te beantwoord, maar hy het versoek dat dit tot 25 Oktober geskuif word. Die DA sê hulle besef dat die president internasionale verpligtinge het, maar dat hy homself aan die parlement beskikbaar moet stel. ‘n Woordvoerder van die presidensie sê Zuma sal in Sjina wees vir die G20-beraad wat op 5 September eindig en daarna ‘n beleggersforum bywoon.

17) Dit is nog nie bekend wanneer die oorskot van een van die land se top vlieëniers, Michel Leusch in Suid-Afrika gaan aankom nie. Die 33-jarige Leusch is Saterdag in Zhangye in Sjina in ‘n vliegtuigongeluk dood toe hy saam met ander Suid-Afrikaanse vlieëniers aan ‘n lugskou deelgeneem het. Volgens beeldmateriaal van die Sjinese nuusagentskap het Leusch klaarblyklik beheer oor sy vliegtuig verloor voordat dit neergestort het. Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge sê hulle werk saam met die Sjinese owerhede om die liggaam te repatrieer. Die woordvoerder sê dit is onduidelik wanneer dit gaan gebeur omdat die proses in die onderskeie lande verskil.

18) Waterbeperkings kan binnekort in die Nelson Mandelabaai Metro ingestel word omdat damvlakke ‘n skerp daling toon. Dit het ‘n invloed op boere van die Gamtoosvallei waar die meeste van die provinsie se groente gekweek word. ‘n Woordvoerder van die Gamtoos-besproeiingsraad, Pierre Joubert sê boere kan verliese ly en duisende werksgeleenthede kan verlore gaan. Die uitvoerende burgemeester, Athol Trollip sê hulle is erg bekommerd oor die situasie. Hy sê waterbeperkings is nie ideaal nie, maar dat dit binne die volgende twee weke ingestel kan word.

19) Die Internasionale Monetêre Fonds eis dat ‘n onafhanklike forensiese oudit gedoen word van Mosambiek se staatskuld. Die IMF sê dié stap is nodig om beleggersvertroue te herstel ná ‘n skandaal wat verband hou met geheime lenings ter waarde van meer as twee miljard Amerikaanse dollar. Die parlement en die kantoor van die ouditeur-generaal het met ondersoeke begin, maar die regering skop vas oor onafhanklike ouditeure. Die IMF wat verlede jaar sy hulp aan die land opgeskort het toe die skandaal aan die lig gekom het, hou egter vol dat eksterne ouditeure die staat se finansies moet ondersoek as voorvereiste vir verdere finansiële hulp. Mosambiek is een van die armste lande ter wêreld.

20) Die Islamitiese Staat-militantegroep het aangekondig dat een van sy senior bevelvoereders in ‘n lugaanval in Sirië dood is. Abu Mohammed al-Adnani was die groep se hoof strateeg en woordvoerder, en het I.S-ondersteuners aangemoedig om aanvalle regoor Europa uit te voer. ‘n Nuusagentskap wat bande met die militantegroep het, sê Adnani is in die Aleppo-provinsie dood. Amerikaanse owerhede sê Adnani is in ‘n lugaanval in die dorp Al Bab geteiken, maar dat hulle steeds besig is om die gevolge van die lugaanval te asseseer.

21) Sportnuus:  Krieket:  Die Proteas het die reeks teen Nieu-Seeland met 1-0 gewen met ‘n oortuigende oorwinning van 204 lopies teen die Swart Pette in Centurion. Dale Steyn het vyf paaltjies geneem en Nieu-Seeland is almal uitgehaal vir 195 op die vierde dag van die tweede en laaste toets. Met dié oorwinning skuif die Proteas van die sewende plek op na die vyfde plek op die wêreldranglys.

Rugby:   Die Springbokafrigter Allister Coetzee bly konserwatief in sy benadering, in weerwil van die Springbokke se nederlaag die afgelope naweek teen Argentinië in hulle tweede wedstryd in die Rugbykampioenskapsreeks. Coetzee het nie die snoeisker ingelê vir die groep wat binnekort na Australasië vertrek nie, maar net twee plaasvervangers ingesluit. Die vleuel van die Sharks, Lwazi Mvovo vervang die beseerde Ruan Combrinck en die skrumskakel Francois Hougaard is ingesluit nadat hy van sy kniebesering herstel het. Die Springbokke kom op die 10de van aanstaade maand in Brisbane teen Austalië te staan en op die 17de teen Nieu-Seeland in Christchurch.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk met die Moontlikheid van ligte Reen –  met ‘n min 27 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 30

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 11 en max van 28

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 10 en max van 26

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 11 en max van 29

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 11 ‘n max van 27

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 20 en max van 31

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 28

Oos Londen – Mooi Weer – met ‘n min 19 en max van 35

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk – met n min van 12 en max van 21

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 16 en max van 33

Sutherland – Mooi Weer met Min 4 en max 23

PE- Mooi Weer – met ‘n min 17 en max van 34

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                   KRAG VIR DIE DIE DAG

Johannes 4:14 – “ maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.”

Johannes 6:54 – “ Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

”Pieter Coffee & Friends se “I am hungry”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment