Woensdag 7 September

Noodberig

PTA Traffic Protest action in Mamelodi on Tsamaya Avenue approaching Kgomo – the road is blocked off to traffic

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 7 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens

NUUS

1) “Die Vryheidsfront Plus verwelkom die grondwethof se uitspraak dat die minister van polisie nie magtiging het om die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD), Robert McBride, te skors nie. Hierdeur word die onafhanklikheid van OPOD versterk en bevestig. Dit behoort groter vertroue by die publiek te laat ontstaan dat hulle klagtes teen lede van die polisie nie deur inmenging van die minister ondermyn sal word nie.

“Dit beteken nie dat McBride onskuldig bevind is nie en die uiteinde sal waarskynlik wees dat die portefeuljekomitee vir polisie in die parlement in opdrag van ‘n besluit van die Nasionale Vergadering, nou ‘n dissiplinêre verhoor teen McBride sal moet hou.

“OPOD is die waghond van die publiek oor die polisie en ondersoek klagtes teen die polisie deur die publiek. Die publiek moet dus vertroue hê in die hoof van OPOD. McBride is uiters omstrede en ondersoeke na hom moet so spoedig moontlik afgehandel word, aangesien die hoof van OPOD vertroue by die publiek moet wek,” sê dr Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie.

2) Dit was gister, 50 jaar gelede dat dr. HF Verwoerd die middag om veertien minute oor twee deur die sluipmoordenaar Tsafendas in die Volksraad in Kaapstad vermoor is.

Suidland Media sê in ‘n huldeblyk dat daarmee ‘n einde gemaak is aan die lewe van een van die grootste staatsmanne van die twintigste eeu, en ‘n geliefde leier van die Afrikanervolk.  “Hy bly egter voortleef in die harte van honderde duisende van sy volksgenote en verskillende inisiatiewe is geloods om sy nalatenskap in herinnering te roep  en vir die nageslag te bewaar.  Die bestuur van Suidland Media wil volksgenote aanmoedig om hierdie aksies te ondersteun.  Daardeur sal hulle nie alleen op hoogte kom van die ware feite van die geskiedenis van ‘n tydperk wat grootliks uit ons volksgeheue verdwyn het nie, maar hulle sal ook hulle dankbaarheid toon vir die offers wat een man in sy lewe gebring het om ‘n samelewingsorde te skep waarvan ons as sy nageslag die vrugte kon geniet.”

Gedurende die leeftyd van dr. Verwoerd, maar veral na sy dood, is daar baie oor hom geskryf.  “Alles lê ongelukkig in biblioteke, argiewe, museums en ander plekke van bewaring waar dit baie moeilik toeganklik is.

3) Cyril Ramaphosa, die land se adjunk-president, is kwaad oor die aantal moorde op polisie offisiere.

Veertig lede van SAPD is die afgelope jaar vermoor en Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op lede van die mag om te “onthou” om hulself te verdedig terwyl hulle aan diens is. Die vraag wat nou gevra word hoe iemand sou vergeet om homself te verdedig as sy lewe in gevaar is?

Landbouleiers vra nou of Ramaphosa bereid is om dieselfde beroep te doen op plaasboere om te skiet as hul lewens bedreig word?

Volgens TLU SA se statistiek, is daar die afgelope jaar meer as 60 boere op plase vermoor. As in ag geneem word dat daar slegs sowat 35 000 kommersiële boere in die land is, teenoor ongeveer 150 000 polisielede, is die moorde op boere in verhouding aansienlik hoër as dié op polisielede.   Op grond daarvan het TLU SA by die VN se Menseregtekommissie se Forum vir Minderheidsaangeleenthede die stelling gemaak dat om ‘n boer in Suid-Afrika te wees, die gevaarlikste beroep in die wêreld is – baie gevaarliker as om ‘n lid van die polisie in Suid-Afrika te wees!

4) Volgens berigte sal Universiteite in 2017 hul eie klasgelde en verhoging daarvan kan  vasstel.  Dit na maande se onrus , onderhandelinge en selfs inmenging vanuit die Uniegebou.

Die verkiesing is verby,  so stemvee is nie meer belangrik nie, meen politieke ontleders.  Die gevaar word egter voorsien dat hierdie skuif weer sal lei tot onluste, klasboikotte, afbrand van lesinglokale en beskadiging en vernietiging van monumente, aangesien die sogenaamde “Free-For-All”-kultuur nie maklik verander sal kan word nie. Studente wat nie presteer of slaag op universiteite se tydverdryf is skynbaar om toevlug te neem tot geweld.

Fooie gaan met 8% verhoog word terwyl Blade Nzimande, die betrokke minister, ‘n plafon van 6% voorstel.

Die uittredende transformasie-rektor van Kovsies, Jonathan Jansen, het gewaarsku dat ‘n 0% verhoging die einde van universiteite sal beteken.  Hy word egter ook verantwoordelik gehou vir sy beleid van verengelsing by Kovsies, wat direk verantwoordelik is vir die agteruitgang van die universiteit se standaarde en gradering.

5) Opgraderings aan die Pretoriase Stadsaal het R 90 miljoen beloop.

Die koste wat daarvoor aangegaan is, het klaarblyklik nie die resultate opgelewer wat verwag is nie, en verdere gelde sal nog bewillig moet word om die restourasie te voltooi.

Daar is tans geen verdere inligting beskikbaar oor wie die kontrakteurs was wat die verbeteringe gedoen het nie. Die vermoede bestaan egter dat dit ‘n sogenaamde swart bemagtigingskontrakteur was, want die kontrak is toegestaan toe die ANC in beheer van sake was, en hulle was bekend vir hulle rassistiese bevoordeling, ongeag of bekwaamheid ter sprake was.

Alle oë is nou op die DA-geleide bestuur van Pretoria om te bewys dat bekwaamheid voor rassediskriminasie gestel gaan word in sodanige projekte.

6) ‘n Sestigjarige treindrywer van Kraaifontein  het een van vier rowers   doodgeskiet wat hom aangeval het by die Kraaifontein Stasie.

Dit is die tweede aanval op die drywer, mnr. JD Joubert, wat 42 jaar diens by Prasa het.

Hy het reeds na die eerste voorval bedank en sy laaste werksdag sal 30 September wees.

Mnr. Joubert is na die voorval gearresteer en intussen op borgtog vrygelaat.

Intussen het die vervoervakbond, UNTU, Prasa versoek om gewapende wagte op alle treine te plaas om personeel  te beveilig.

Verlede maand is mnr.Pieter Botha, ‘n 42-jarige treindrywer beroof en op die teregstellingsmetode deur rowers vermoor. Intussen is drie minderjariges gearresteer in verband met die moord op mnr. Botha.

Skok is uitgespreek oor die feit dat selfs minderjariges so maklik toegang tot wapens het om mense daarmee koelbloedig te vermoor.

7) Volgens die jongste misdaadstatistiek wat verlede week vrygestel is, vind daar daagliks 40 motorkapings landwyd plaas.

Dit bring die totale aantal kapings vir die 2015/2016-periode op 14 602 te staan.

Dit is ‘n skamele 283 minder kapings as die vorige ooreenstemmende tydperk.  Sekere politici en SAPD-lede juig daaroor as sou dit “‘n aansienlike daling in kapings” wees.

Gauteng bly steeds die kapingsmekka met 7 367 voorvalle en Natal met 2 493.

Beroepe is gedoen op die Valke en SAPD om hul aandag te verskerp op hierdie vorm van georganiseerde misdaad.  Daar word al openlik bespiegel dat die Valke eerder gebruik word by politieke ondersoeke, soos die SAID, in plaas daarvan om die publiek teen misdaad te beskerm, soos die land se grondwet dit voorskryf.

8) Die Rea Vaya busdiens in Johannesburg  word tans ondersoek nadat meer as twee miljoen rand inbetaal is in ‘n privaat besigheidsrekening.

‘n Sindikaat is klaarblyklik betrokke saam met die maatskappy met sogenaamde vergoedingspakkette aan Taxi eienaars wie se lisensies opgeskort is om plek te maak vir die busdiens.

Meer as R 263 miljoen is aan ongeveer 317 taxi eienaars betaal.  Twee verdagtes, Shafick Bangus en sy vrou Ayesha Bangus, het intussen in die Johannesburgse Hof vir Gespesialiseerde Misdade verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal.

9) TLU SA hou die week sy algemene jaarkongres in Pretoria, onder die tema: “Kommersiële Landbou – Die Sleutel tot Stabiliteit”.

Benewens TLU SA se President, mnr. Louis Meintjes, wat sy Presidentsrede gaan lewer, is daar ook verskeie ander sprekers wat aktuele sake gaan belig.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri All Africa, gaan praat oor “Die rol van die beleidsomgewing vir voedselsekuriteit in Suidelike Afrika.”

Prof. Koos Malan van die Departement Publiekreg aan die UP se Fakulteit Regsgeleerdheid, gaan praat oor “Die ongewaarborgde waarborge van die hoogste reg – die Grondwet en eiendomsreg.”

Die bekende ekonoom, dr. Roelof Botha, gaan praat oor “Bedreigings en geleenthede vir die landbousektor in Suid-Afrika.

Die verrigtinge begin om 08:30 op Woensdag 7 September 2016 by die WNNR se konferensiesentrum in Pretoria.

10) Die plaaslike verkiesings is afgehandel met die gepaardgaande geskarrel van politieke partye om aanstellings en poste en goeie salarisse.  Kort hierna word die  die nuutste misdaadstatistiek vrygestel en dit wat almal probeer ontken en wegpraat is in harde syfers neer gepen.  Misdaad het gestyg, geweldsmisdade bereik ‘n nuwe hoogtepunt, motorkapings vind teen 40 per dag plaas.

Gewelddadige betogings en optogte het die afgelope jaar teen so ‘n tempo toegeneem dat selfs die SAPD erken dat hul heeltyd besig is om faksies en groepe uitmekaar te hou.  Sekere woonbuurte is snags en selfs bedags ‘n “no-go” gebied. Polisie moet ontplooi word om ANC-lede uitmekaar te hou by hul hoofkwartier in Luthuli huis.

Studente geweld en weiering om studiegelde te betaal het die gevolg dat 19 universiteite bykans bankrot is.  Toestroming van swart leerlinge uit die “lokasies” na sg. model C-skole veroorsaak rasse spanning,  hetsy dit hare is wat pla of die gebruik van inheemse tale op die skoolterrein. Swart skoolhoofde erken dat hul eie kinders nie in swart skole onderrig ontvang nie , daarom die instroming van skole waar blanke onderwysers nog onderrig gee.

Staatsinstellings wat met ‘n werkerskorps sit wat gereeld al hul siekverlof neem omdat dit ‘n reg is. Polisiestasies waar ‘n hele skof nie opdaag vir werk nie, onderwysowerhede wat vra dat daar ‘n swartlys opgestel moet word van onderwyspersoneel wat hul skuldig maak aan seksuele misdrywe met leerlinge.

Werkloosheid wat ‘n bron word van frustrasie by die agtergeblewenes en lei tot misdaad en diefstal om te “oorleef”.

Die toestroming van Afrikane wat bokant die Limpopo woon, wat verdere druk plaas op werkverskaffing, asook die instroming en verskaffing en verspreiding  van dwelms.

Die paddastoel ontploffing van Sjinese winkels in elke dorp, winkels en goedere wat deur Sjina betaal word net om ontslae te raak van hul oorbevolkte samelewing maar ook nuwe markte te skep vir hul “made in china” goedere.

Dit alles gemeld – kan daar een regdenkende mens in hierdie land wees wat sê dit gaan goed is SA?  Selfs FW de Klerk erken dat die regeringsbeleid blankes die land uitdryf.

Op ‘n dag soos 6 September 2016 kan ‘n mens net wonder,  wonder oor die magte wat beheer oorgeneem het van SA.  Vyftig jaar nadat Hendrik French Verwoerd vermoor is op 6 September 1966 in die parlement.  Al wat oorgebly het van die  eens welvarende land wat ‘n Chris Barnard en ‘n Wally Grant opgelewer het, is ‘n land met ‘n magsbehepte, korrupte president met agt of meer vroue, ‘n derde mag van Oosterse sakemanne wat die ekonomie beheer , ‘n land waar die voedsel produsent, die boer, stelselmatig uitgemoor word.

6 September 1966 – 6 September 2016.  Wat ‘n skrille kontras. Wat ‘n tragedie.

11) Die regsverteenwoordiger van die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock sê die departement van Korrektiewe Dienste het hofstappe vrygespring deur sy kliënt toe te laat om huis toe te gaan. Julian Knight sê hulle was besig met ‘n dringende hofaansoek nadat De Kock vroeër vandag teen sy wil by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria aangehou is. De Kock is vir sowat twee en ‘n half ure in die parkeerterrein van die gevangenis aangehou, na bewering deur lede van die Staatveiligheidsagentskap. Knight sê De Kock is by ‘n vergadering met die gebiedskommissaris van Korrektiewe Dienste ingelig dat hulle wil hê hy moet in ‘n beskermingsprogram van die staatsveiligheidagentskap ingaan. Hy sê De Kock het egter gevoel hy wil nie in ‘n situasie ingedwing word waar hy aangehou word in toestande erger as in die tronk nie. Volgens Knight is dit nie duidelik weens watter bedreiging hulle De Kock in ‘n beskermingsprogram wou plaas nie. De Kock is verlede jaar op parool vrygelaat.

12) ‘n Ses-en-veertigjarige man is in hegtenis geneem nadat hy betrap is met wapens insluitend vuurpyllanseerders in Springs aan die Oosrand. ‘n Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê die man is ook betrap met ammunisie vir verskillende vuurwapens, sowel as ‘n koeëlvastebaadjie. Die polisie het die huis na ‘n wenk deursoek. Dlamini sê hulle kon nog nie bepaal waarvoor die man die wapens wou gebruik nie.

13) Die Finansiële en Fiskale Kommissie sê Suid-Afrika kry nie waarde vir geld uit sy grondhervormingsprogam nie, ondanks aansienlike hulpbronne wat daarin gestort is. Die kommissie het vroeër vandag voor die Parlement verskyn. Hy sê die groot hoeveelheid landbougrond wat aan begunstigdes oorgedra is, word nie gebruik nie en het groot werkverliese tot gevolg gehad. ‘n Woordvoerder van die Kommissie, Ghalieb Dawood, sê groot produksieverliese het voorgekom nadat landbougrond vir grondhervorming oorgedra is. Dit kan volgens Dawood grootliks toegeskryf word aan die talle plase waarvan produksie gestaan moes word en mense gevolglik hul werk verloor het.

14) Die Verkiesingshof het beslis dat stemme in ‘n stemdistrik in Wyk Vyf van die Bitou-munisipaliteit in die Suid-Kaap, oorgetel moet word. Dit volg nadat die DA beswaar aangeteken oor die uitslae van die onlangse plaaslike regeringsverkiesing. Die DA het 48 persent van die stemme gewen teenoor die ANC se 40 persent en die Active United Front met 5 persent. Die DA en die ANC het egter albei ses van die 13 setels op die munisipale raad gewen, wat die ANC toegelaat het om ‘n koalisieregering saam met die AUF te vorm. Die DA se hoof van die Plettenbergbaai-kiesafdeling, Donald Grant sê hulle sal nou die Verkiesingskommissie nader om ‘n datum vas te stel om weer die stemme te tel.

15) Die polisie is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag in die Umshwathi-plaaslike munisipaliteit in die KwaZulu-Natalse middeland, nadat betogers vroeër miljoene rand se skade aangerig het tydens ‘n gewelddadige betoging. Betogers het gisteroggend ‘n munispale kantoor en byna tien voertuie aan die brand gesteek. Hulle eis dat die raadslid in wyk twee in die gebied bedank. Hulle eis ook beter dienslewering, en dat die verskaffing van ‘n kliniek aan die gemeenskap bespoedig word. Die munisipale raad het vroeër met die provinsiale regering en die polisie vergader om die geweld te bespreek. Vier mense is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld, en sal binnekort in die New Hanover Landdroshof verskyn.

16) Die komissie wat die befondsing van hoër onderwys ondersoek sê hulle sal weer nadink oor hoe openbare sittings gehou word. Dit volg nadat ‘n groep studente ‘n openbare sitting van die kommissie in Kaapstad ontwrig het, en die saal oorgeneem het om hulle griewe te bespreek. Die studente het vroeër die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price verhoed om die saal te verlaat nadat hy ‘n voorlegging aan die kommissie gemaak het. Die studente, wat geskors is tydens verlede jaar se betogings oor klasgeld, eis dat Price aanklagte teen hulle laat vaar. Price het later die gebou onder polisie begeleiding verlaat. Die kommissie se woordvoerder, Musa Ndwandwe sê hulle sak kyk na maatreëls om seker te maak dat die plekke waar die openbare sittings gehou word, veilig is.

17) Die Nasionale Weermag sê 27 van sy lede sal geskors bly totdat bewerings van bedrog en korrupsie teen hulle afgehandel is. Die groep is verbonde aan die Weermag Ondersteuningsbasis in Polokwane. Hulle het na bewering deur middel van die weermag se verkrygingsproses bedrog van ses miljoen rand gepleeg. Die beskuldigdes sluit in 19 permanente lede en agt burgerlikes. Die weermagwoordvoerder, kolonel Ronald Maseko sê hulle sal voortgaan om bedrog en korrupsie in die mag te bestry. Hy sê bewyse wat uit die ondersoek voortspruit sal aan die hoof van die weermag voorgelê word.

18) Mediahuise gaan hul regstryd met die Parlement verder voer – die keer in die Appèlhof in Bloemfontein. Verskeie media-instellings het appèl aangeteken teen ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Kaapstad wat die Parlement van enige blaam onthef het in die voorval tydens President Jacob Zuma se staatsrede in 2015 toe selfone se seine geblokkeer is. Die Hooggeregshof het ook bepaal dat regstreekse uitsendings van die Nasionale Vergadering afgesny mag word. Die voorval het plaasgevind kort nadat die gewelddadige verwydering van ‘n aantal EFF-lede deur sekerheidspersoneel nie regstreeks op TV gewys is nie, maar die kameras eerder op die Nasionale Vergadering se voorsittende beamptes gefokus het. Die applikante in die saak is Primedia, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforumm, Media24, die Right to Know-veldtog en die Open Democracy-hulpsentum. Volgens die applikante strook die Parlementêre beleid nié met die grondwetlike doelstellings van deursigtigheid nie.

19) Die N-drie-noord tussen Nigel en Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand was gistermiddag lank gesluit ná ‘n kettingbotsing naby die R-vyf-vyf-nul waarin vyf vragmotors en nog vyf voertuie betrokke was. ‘n Man is in die ongeluk dood en nog vyf is beseer. Die bestuurder van een van die voertuie is per helikopter hospitaal toe geneem nadat hy vir drie uur in die vragmotor se kajuit vasgesit het. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

20) KRIEKET: Drie nuwelinge is in die Proteaspan ingesluit vir die eendagreeks teen Ierland en Australië. Die kolwer Themba Bavuma sal vir die eerste keer in eendagkrieket in aksie wees. Die veelsydige speler, Dwayne Pretorius sal in die enigste kragmeting teen Ierland speel. Dale Steyn en David Miller is ook weer terug in die span. Andile Phehlukwayo sal in die Ierland-wedstryd speel, asook in die vyf eendagwedstryde teen Australië.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Mooi Weer –  met ‘n min 27 max van 37

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 13 en ‘n max van 35

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 14 en max van 31

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 28

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 15 en max van 30

Bloemfontein –Bewolk- met min 13 ‘n max van 27

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 17 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 31

Oos Londen – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 16 en max van 21

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk Met ligte Reen – met n min van 10 en max van 19

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 15 en max van 25

Sutherland –Gedeeltelik Bewolk met Minus 2 en max 14

PE- Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 20

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

       KRAG VIR DIE DIE DAG

Jesaja 49:13 – “Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.”

Jesaja 44:23 – “Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.”

Cathy Viljoen se “Kom Ons Sing”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment