Pot Soek ‘n Deksel met Maatjie.com

SAUKRadio is trots om “Pot Soek ‘n Deksel” aan U voor te stel. ‘n Nuwe program wat U graag wil voorstel aan U Deksel, of Pot, sou U een begeer.

Ons gaan elke Vrydag aand vir U meer oor die nuwe wêreld van aanlyn afsprake vertel en sommer lekker kuier. Mettertyd sal U sien hoe dit werk, hoe veilig dit is, en hopelik sal dit vir U gemoedsrus gee om aan te sluit en dalk U sielsmaat te vind.

Luister gerus na profiele van dié wat al klaar ingespring het en dalk is daar iemand wat jou interesseer om vlerk te gaan sleep? Maak ‘n nota van hul profielnaam en gaan na www.Maatjie.com, en teken gratis aan, indien U nie alreeds ‘n lid is nie, en tik die gesogte profielnaam in die soek veld in…

Geniet dit en onthou alle wins van Maatjie.com word aangewend om SAUK, ‘n volkseie inisiatief  te ondersteun.

Hier is Jou gereedskap om jou perfekte Pasmaat mee te vind

– Ontdek tot op 1000 pasmaats met ons intelligente twee-rigting pasfunksie.
– Vind iemand spesiaal met een van ons baie soek-opsies en voeg daardie van wie jy hou by jou Gunstelinge.
– Wanneer jy gereed is, kontak lede met ‘n maklike en privaat boodskapstelsel.
– Sien dit wat jy in gemeen het met ander in ‘n oogopslag.
– Jy is in beheer – blok lede wat nie aan jou standaarde voldoen nie of rapporteer onsmaaklike lede en verhoed vooraf mense om jou te kontak indien hulle jou nie pas nie…

Uiteindelik! Maatjie.com werk nou ook op smartfone en tablette so jy kan jou sielsmaat sommer op die loop vind, oppas net vir daai paal!

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment