Riana Nel swanger met tweede kind

Vroeër dié week het die radiostasie Jacaranda FM bespiegel of die sangeres Riana Nel weer swanger is, nadat die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss ’n kiekie op haar Instagram-profiel gedeel het.

In dié foto kan duidelik gesien word hoe Riana haar maag vashou. Die vraag op almal se lippe, was egter: “Is Riana weer swanger?” Terwyl Riana niks op sosiale media laat glip het nie, en haar woordvoerders nie ’n woord wou rep nie is die antwoord uiteindelik uit!

Volgens die Mei-uitgawe van kykNET se Digityd is Riana Nel wel swanger. In ’n glansblad wat spesiaal vir die Ghoema-toekennings geskep is, lê die antwoord.

Riana is baie geheimsinnig en het maande ná haar eersteling, Tristian, gebore is eers verklap dat hy gebore is.

Riana is getroud met die entrepreneur, Cornel de Beer.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment