SAUK Radio Bak en proe 22 Julie 2016

Sauk Radio Bak en proe 22 Julie 2016

Goeie dag en hartlik welkom by Bak en proe en die kinderhoekie

My naam is Gottie en dis vir my ‘n voorreg om saam jou te kuier kom ons gryp sommer nog ‘n koppie koffie daar

Eers weer die waarskuwings wat deurgekom het vanoggend

Noodberigte:

R59 Meyerton Update: Please continue to use alternate routes, even of the R59 is open. Strong SAPS force on scene

(22/07/2016: 05:00)

22 Julie 2016

Klipspruit daar by Ogies is n betoging. Wees maar versugtig

22/07/2016. ‪#‎Midvaal – In Meyerton the R59 has been closed again due to protest action at Johan Le Roux

22/07/2016. Meyerton: Protest action continues. At this stage it’s between Meyerton and de Deur (near Bokkie Delport scrapyard), +- 2KM from R59. Currently the R59 is open. Please avoid!

22/07/2016. Durban. Die Ethekweni metro se busbestuurders staak geen bus vervoer is beskikbaar nie

22/07/2016. Good day all. Please note that there are industrial actions at Ogies close to Klipspruit. Vehicles are thrown with stones

22/07/2016. Port Elizabeth. Zwide Qeqe towards Salamntu>protest action

22/07/2016. Meyerton. Unconfirmed reports they stone cars on R551 Dr Deur Meyerton rd

22/07/2016. Attention:
There’s a strike taking place at the entrance of Naledi Village.People are burning tyres and we understand that a Quantum Kombi is burning as a result of the strike.Please be cautious when travelling on that road to work.
Control. Vandyksdrift pad. Van middelburg af duva toe net voor Middelburg myn.

Dag sê maatjie jy kan seker nie wag om te hoor wat gebeur vandag met Heidi en Klara nie kom ons luister na — waarna ons hoor wat doen hulle daar in die berge

So ja Mq die Juf Rotenmeier is darem maar ‘n draak nê?  kom luister Maandag wat verder gebeur en nooi sommer al jou maatjies om saam te kom kuier lekker speel tot Maandag kom ons luister na—- en daarna ‘n paar handelsflitse  t

Onthou die fondsinsamelings konsert vir die  Mekayla Memorial Streetparty for Leeuhof kids. Die 21 ste Sept skakel Annemarie by 082 492 9172 vir kaartjies

Mekayla Memorial Streetparty

 Ons resep vir vandag

Gestopte sesamrys-hoender met braai aartappels

Hoender
1 heel hoender
15 ml (1 e) hoenderspeserye
15 ml (1 e) olie

RYSVULSEL
500 ml (2 k) gaar jasmynrys
45 ml (3 e) sesamsade, gerooster
45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie

AARTAPPELS
60 ml (¼ k) olie
8 baba-aartappels, gekook en gehalveer
growwe sout

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Vryf die hoender met die speserye in en besprinkel met die olie.
  2. Rysvulsel Meng al die bestanddele en stop die hoender daarmee.
  3. Bind die hoenderboudjies met tou vas sodat die vulsel binne bly.
  4. Oondrooster die hoender 75 minute of tot gaar.
  5. Aartappels Verhit die olie en braai die aartappels tot bros. Besprinkel met die sout.
  6. Sit dit dadelik saam met die hoender voor.

Goedkoop sjokolade-balletjies

Lekkerny vir sommer middernag wanneer Pa die kombuis en yskas omkeer vir iets soets

Bolletjies

LEWER 30-35 BALLETJIES

Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: 10 minute

1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
250 ml (1 k) versiersuiker
125 ml (½ k) kakao
125 g botter, gesmelt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
klapper om in te rol

  1. Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
  2. Plaas in ’n groot mengbak en sif die versiersuiker en kakao by.
  3. Voeg die botter, vanieljegeursel en appelkooskonfyt by en meng baie goed.
  4. Rol in bolletjies en rol die bolletjies in klapper. Verkoel tot stewig.

Bron: Huisgenoot resepte

 As jy die resepte nie kon neerskryf nie gaan na www.sauk.co.za en loer onder die respte afdeling ek plaas al die resepte daar en daar is reeds ‘n hele paar watertand resepte om van te kies

Ons bring aan die volk uitsendings wêreldwyd:

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm – 12 Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinder programme & Bak en Proe  met Corrie

Weeksaande Tussen 10nm en 12 Nagskof saam Jaco en Mengelmoes kardoes saam met Gottie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande –  Bosoorlog met Corrie

Waar ons hulde bring aan ons dapper Helde wat maar nog net kinders was en die hoogste prys moes betaal om ons te beskerm teen Terrorisme en Kommunisme en ons mag hulle nooit ooit vergeet nie.

7nm Dinsdag aande – Top 20 met Pieter van Zyl

8nm Woensdag aande – Boere Geskiedenis saam met Gottie

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter

sms of whatsup hom by 0795116488 met ‘n boodskap met die liedjie van jou keuse
7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

‘n Nuwe program wat U graag wil voorstel aan U Deksel, of Pot, sou U een begeer.
Ons gaan elke Vrydag aand vir U meer oor die nuwe wêreld van aanlyn afsprake vertel en sommer lekker kuier. Mettertyd sal U sien hoe dit werk, hoe veilig dit is, en hopelik sal dit vir U gemoedsrus gee om aan te sluit en dalk U sielsmaat te vind.
Luister gerus na profiele van dié wat al klaar ingespring het en dalk is daar iemand wat jou interesseer om vlerk te gaan sleep? Maak ‘n nota van hul profielnaam en gaan na  Maatjie.com , en teken gratis aan, indien U nie alreeds ‘n lid is nie, en tik die gesogte profielnaam in die soek veld in…

Maatjie.com werk nou ook op smartfone en tablette so jy kan jou sielsmaat sommer op die loop vind, oppas net vir daai paal!

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Speel saam dis pret. Hy speel 10 -12 liedjies waarin woorde deel is van ‘n leidraad en jy moet ‘n sekere letter van die woord vat om aan die einde ‘n dorp of plek naam te vorm met die woorde dit is groot pret en jy kan saam speel op ons klets kamer waar DJ Uiltjie met jou kan gesels terwyl hy die leidrade speel

Natuurlik klop die vrouens die mans loshande met die speletjie kom manne kom!!!!

En dit net so 4 dames wat die klom manne so harde tyd gee reken  die manne het nog net 1 musiek mandie uit 12 gewen

2nm Saterdae – Sport saam met  Gottie en heerlike boeremusiek genot agterna

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

Hou ons Facebook blad dop vir ons program aankondigings en nooi sommer al jou familie en vriende om ons blad te like en saam ons te kuier by SAUK Radio

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio Folg ons ook sommer op tune in, of jy tik in die Browser op jou foon: www.sauk.mobi wat jou direk na die Tune In bladsy neem.

Indien jy ‘n program wil aanbied en ‘n ekstra geldjie verdien Kontak ons nou of as jou besigheid op SAUK radio wil adverteer kontak ons gerus.
ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

So Groet ek Gottie, en Corrie sal later, om 7nm, met Potsoek ‘n deksel met jou wees‘n heerlike middag verder totsiens.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment