Quentin Prinsloo het reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap. Met vyf trefferalbums agter sy rug en optredes in verskeie lande oor die afgelope 17 jaar kan Quentin as een van ons land se suksevolle kunstenaars beskou word.
En asof sy CV nie alreeds indrukwekkend genoeg is nie, het hy onlangs ook sy sesde album, Suurstof, die lig laat sien.
Volgens ’n verklaring het treffers op dié album reeds die top 20 ranglyste uitgeklim. “My musiek is ’n deurdagtige en gebalanseerde snoering, met fyn balans tussen energieke ritmes en roerende ballades,” sê Quentin.
Meeste van die liedjies is uit Quentin se eie pen, maar hy het ook die hulp van liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Rudi Claase en vele meer ingeroep.
Quentin was onder meer in die Bakgat-fliek te sien, en het ook die temalied gesing. Verder het hy ook sy lyf TV-aanbieder gehou, spog met sewe musiekvideo’s en ’n DVD agter sy naam.
Met die nuwe album dit reg gekry om sy gehoor te laat lag, huil en hul op hul voete te kry. Hy het verseker die wenresep gevind om die hele spektrum te vermaak.
Suurstof is ’n kragtoer wat Quentin na ’n nuwe vlak gaan neem.
Die album is nóú landwyd in goeie musiekwinkels beskikbaar.
Loer hier onder na een van sy treffers:- Quentin Prinsloo – Reen oor my