Dis daai tyd van die jaar kom ons kyk na die Top 40 liedjies vir 2017 hier by SAUKRadio

Die nuweling onder die klompie sangers, Elandrè met sy album Tussen Sterre is onderskeidelik nommer 18 en nommer 21 op ons lysie. Elandrè het onlangs goue status bereik met sy debuutalbum Kleindorp-dromer.

Juanita du Plessis se twee sanger-kinders, Ruan Josh en Franja, is nommer 19 op die lys. Diè sangers se namewerkingsalbum wat Kaalvoetkinders gedoop is, is vroeër vandeesmaand uitgereik. Die twee beklee ook die 32ste posisie op die lys saam met hulle ma met haar liedjie “Meer as ‘n melodie”.

Kom ons kyk gou na die Top 40 vir die jaar. En natuurlik mag jy nog stem vir jou gunsteling, want SAUKRadio se Top 20 gaan voort volgende jaar, so jy het die hele vakansie om die video’s op te soek en dan jou keuse deur te stuur na ons ateljee toe, en dalk is jou sanger in die Top 20, wie weet.

1. Jo Black – “Bring die hoop were terug”
2. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
3. Appel – “Kom lê my neer”
4. Karen Zoid – “Vir jou”
5. Franja du Plessis – “Ek kan nie ophou kyk”
6. Jo Black – “Skepe”
7. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
8. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
9. Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde”
10. Refentse – “Vuil Vanderbijl”
11. Ons Lieflinge – “Miljoene stemme”
12. Appel – “Lei my na die water”
13. Liza Brönner – “Verlief op die idée van my”
14. Len Muller – “Ek glo”
15. Die Heuwel Fantasties – “LED Liefde”
16. Kurt Darren – “Jy’s ‘n legend”
17. Liezel Pieterse – “Droë riviere”
18. Elandré – “Stilte voor die storm”
19. Ruan Josh en Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
20. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
21. Tussen Sterre en Bouwer Bosch – “Hemelrym”
22. Joshua na die Reën – “2017”
23. Blackbyrd – “Kalm voor die storm”
24. Neil Somers – “Jy slaan my asem weg”
25. Elvis Blue – “Blou”
26. Len Muller – “Ons is een”
27. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
28. Touch of Class – “Val op jou knieë”
29. Spoegwolf – “Geel”
30. Joe Forser – “Vrede maak”
31. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
32. Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis – “Meer as ‘n melodie”
33. Bouwer Bosch – “Verby”
34. Jack Parrow en Hunter – “Vingerafdruk”
35. Dewald Wasserfall – “Laat die lig inkom”
36. ADAM – “Dis al wat ek het”
37. Stella – “Deur die liefde en die seer”
38. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
39. Monique Steyn – “Die boom”
40. Martin Bester – “Sterre”

En daar het julle die Top 40 van ons kant af. Mag julle die vakansie geniet. Wees veilig en hou matigheid voor oë, Sien julle volgende jaar.

En soos gewoonte speel ek vir jou vandag ‘n keuse van musiekvideo’s, glad nie soos op ons lysie nie, maar ‘n keurspel van sangers op die Top 40. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Monique Steyn – “Die boom”

Neil Somers – “Jy slaan my asem weg”

Ons Lieflinge – “Miljoene stemme”

Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde”

Franja du Plessis – “Ek kan nie ophou kyk”

Jack Parrow en Hunter – “Vingerafdruk”

En spesiaal vir julle, ‘n “buite-perd” … sommer raak geloop op YouTube

Burgerd Botha – “As jy nog twyfel”


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment