Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, Sous, is geen uitsondering nie.
Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong-in-die-kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!
Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.
Meeste van die snitte het hope tempo en skop, maar daar’s ook ’n paar wat rustiger is vir bietjie asemskep… vir diegene wie se partytjie-lywe bietjie oefening nodig het.
Die sn
Lees verder…





















