Top 20 vir die week: 23 Januarie 2018

Na slegs een week in die no. 1-posisie maak Jay se liedjie “Solank sal ek jou liefhê” plek vir Ray Dylan se “Uitbasuin” wat ook die titelsnit van sy nuwe album is.

Anders se nuwe liedjie, “Bruid”, en Vernon Barnard se nuwe enkelsnit, “Voel”, betree die week se Top 20.

Jo Black geniet nog heelwat aandag met sy debuutalbum. Volgens iTunes is die liedjies “Skepe”, “Bring die hoop weer terug” en “Die vrou wat ek liefhet” tans die mees afgelaaide enkelsnitte op iTunes.

1. Ray Dylan – “Uitbasuin”
2. Jay – “So lank sal ek jou liefhê”
3. Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis – “Meer as ‘n melodie”
4. Joshua na die Reën – “2017”
5. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
6. Elvis Blue – “Blou”
7. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
8. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
9. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
10. Spoegwolf – “Geel”
11. Len Muller – “Ons is een”
12. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
13. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
14. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
15. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
16. Jack Parrow en Hunter – “Vingerafdruk”
17. Caroline Grace & Fatman – “Liedjie vir jou”
18. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
19. Anders – “Bruid”
20. Vernon Barnard – “Voel”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos sommer net hier vir jou om na te kyk. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Hier is jou nommer 1 – Ray Dylan – “Uitbasuin”, ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek het vir jou ‘n klankgreep gekry van die wonderlike liedjie.

Hier is jou nommer 2 – Jay – “So lank sal ek jou liefhê”

Hier is jou nommer 3 – Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis – “Meer as ‘n melodie”

Hier is vir jou bonus video’s net vir jou … geniet dit !!

Nommer 20 op ons Top 20 – Vernon Barnard – “Voel”

Hier is jou nommer 9 op ons Top 20 – Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”, ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek het vir jou ‘n klankgreep gekry van die wonderlike liedjie.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment