Top 20 vir die week: 5 Februarie 2018

Ons het ‘n nuwe liedjie van Steve Hofmeyr wat ons Top 20 betree genaamd “Ek is”, dit is op nommer 17. Die liedjie kom uit sy album Skree wat verlede jaar bekendgestel is.

Hier is vir jou ‘n brokkie nuus van Lizandra Winter, jy mag haar dalk nie ken nie. Sy was voorheen ‘n agtergrondsanger vir Joshua na die Reën op sy toere. Sy het ook verlede jaar haar debuutalbum bekendgestel. Sy en Joshua na die Reën se duet, “Ek wil jou” wat op ons Top 20 lys in die 20ste plek is, is oorspronklik ‘n Christa Steyn-liedjie.

Ray Dylan skuif die week een posisie af en Jo Black met sy treffer “Die vrou wat ek liefhet” vat die nommer 1 posisie.

Kom ons spring weg met die lysie van ons, en kyk hoe is die stand van sake vir die week wat kom.

1. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
2. Ray Dylan – “Uitbasuin”
3. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
4. Jay – “So lank sale k jou liefhê”
5. Joshua na die Reën – “2017”
6. Anders – “Bruid”
7. Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis – “Meer as ‘n melodie”
8. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
9. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
10. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
11. Elvis Blue – “Blou”
12. Vernon Barnard – “Voel”
13. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
14. Len Muller – “Ons is een”
15. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
16. Spoegwolf – “Geel”
17. Steve Hofmeyr – “Ek is”
18. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
19. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
20. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en n ate luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Hier is jou nommer 1 – Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo of klankgreep vir julle in die hande kry nie, maar, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het.

Hier is jou nommer 2 – Ray Dylan – “Uitbasuin”, ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek het vir jou ‘n klankgreep gekry van die wonderlike liedjie.

Hier is jou nommer 3 – Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”, ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek het vir jou ‘n klankgreep gekry van die wonderlike liedjie.

Hier is vir jou bonus video’s net vir jou … geniet dit !!

Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”

Steve Hofmeyr – “Ek is” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het, maar ek het wel vir julle ‘n klankgreep gekry.

Leah en Jo Black – “Nooit alleen”


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment