Nadine Blom is ‘n Afrikaanse sangeres gebore op 22 Januarie in Bloemfontein in die destydse Oranje-Vrystaat.
Sy het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Lynnwood (Pretoria) afgeskop en voltooi aan Laerskool du Preez van Wyk. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Erasmus, waar sy later jare erekleure ontvang vir haar bydrae tot die skool se kuns en kultuur skat. Sy is ook verkies tot die leerlingraad in haar matriekjaar.
Nadine Blom is in die regte gekwalifiseer met onderskeidelik BLC (Bacalareus Legum Civilus),LLB (Legum Bacalareus) en LLM (Legum Magister)en het haar regsgrade onderskeidelik verwerf aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Johannesburg. Na haar toelating as prokureur, het sy deeltyds haar sangloopbaan beoefen terwyl sy ook in die korporatiewe omgewing as regsadviseur werksaam was. Haar seun, Adriaan, is in 2002 gebore. Sy het mettertyd die regsberoep vaarwel geroep en haarself voltyds
Lees verder…