In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so bietjie wipplank gery. Die eerste 3 plekke bly dieselfde. Daar was 8 snitte wat die week gestyg het en 6 wat afwaarts gesak het en 5 wat onveranderd gebly het en 1 nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Die man met die sterk stem, Jo Black, bly vandeesweek nogsteeds in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie” en ongelukkig is Karen Zoid van ons Top 20 lysie af met haar treffer “Hoe ek voel”.
Tarryn Lamb wat onlangs haar nuwe album vrygestel het was ook onder die Top 10 Afrikaanse albums wat die afgelope week in kettingswinkels opslae gemaak het. Haar treffers “Mal oor jou” en haar ander treffer wat op ons lys bygevoeg is “Vier woorde” is hier.