Die Onderwys Departement het verklaar dat alle sportaktiwiteite met onmiddellike inwerkingstelling opgeskort is, terwyl die Onderwysers Vakbond van Suid Afrika (EUSA) gevra het dat skole regoor die land gesluit moet word weens kommer oor die toenemende Covid-19-gevalle. Die vakbond het gesê dat Gauteng, die Vrystaat en die Oos-Kaap al verklaar het dat hulle in ‘n derde golf verkeer. Die vakbond het gesê dat skole sentraal staan in hierdie derde golf, aangesien veiligheidsprotokolle geïgnoreer is.
Lees verder…