Naspers het lank gelede die besluit geneem om die liberale “reënboogland” te help instel en globalisme te bevorder, maar nou skielik verdedig hulle die nasionalisme van Ukraine? Dit nieteenstaande die feit dat liberale Naspers die skoothond van die Chinese Kommunistiese Party is, omdat die oorgroot meerderheid van Naspers se waarde in China is – aan die kant van Westerse liberalisme en globalisme val, wat nog ‘n nasiestaat probeer vernietig, in ‘n lang lys van verowerde nasiestate oor die laaste halwe eeu…
In ‘n artikel in News24, gaan assistent-redakteur Pieter du Toit gal af omdat Ramaphosa kwansuis nie genoeg in liberalisme glo om aan Oekraïne se kant van die konflik te baklei nie. Hy beweer dat SA se onverpoosde “Laat ons niemand blameer nie” benadering tot Rusland, ‘n buitelandbeleid ontbloot wat rigtingloos is. Asof dit nou nuus is!
Daarmee gee Du Toit natuurlik toe dat hierdie konflik ‘n stryd tussen die liberale Weste en Rusland is, wat veg om
Lees verder…